Skrifture
Moses 3


Hoofstuk 3

(Junie–Oktober 1830)

God het alle dinge geestelik geskape voor hulle natuurlik op die aarde was—Hy het die man geskape, die eerste vlees, op die aarde—Die vrou is ’n paslike hulp vir die man.

1 So is die hemel en die aarde avoltooi, en al hulle bleërmag.

2 En op die sewende dag het Ek, God, my werk beëindig, en alle dinge wat Ek gemaak het; en Ek het van al my werk agerus op die bsewende dag, en al die dinge wat Ek gemaak het is voltooi, en Ek, God, het gesien dat hulle goed was;

3 En Ek, God, het die sewende dag ageseën, en dit geheilig; omdat Ek daarop gerus het van al my bwerk wat Ek, God, geskape en gemaak het.

4 En nou, kyk, Ek sê vir jou dat hierdie die geskiedenis van die hemel en die aarde is, toe hulle geskape is, op die dag wat Ek, die Here God, die hemel en die aarde gemaak het,

5 En elke plant van die veld avoor dit in die aarde was, en elke kruid van die veld voor dit gegroei het. Want Ek, die Here God, het alle dinge bgeskape, waarvan Ek gespreek het, cgeestelik, voor hulle natuurlik op die aangesig van die aarde was. Want Ek, die Here God, het dit nie laat reën op die aangesig van die aarde nie. En Ek, die Here God, het al die kinders van mense dgeskape; en nog nie ’n mens om die aarde te ebewerk nie; want in die fhemel het Ek hulle ggeskape; en daar was nog nie vlees op die aarde nie, nóg in die water, nóg in die lug;

6 Maar Ek, die Here God, het gespreek, en daar het ’n amis opgestyg van die aarde, en die hele aangesig van die grond benat.

7 En Ek die Here God, het die mens geformeer van die astof van die aarde, en die asem van die lewe in sy neusgate ingeblaas; en die bmens het ’n lewende csiel geword, die deerste vlees op die aarde, en ook die eerste mens; nietemin, alle dinge was voorheen geskape; maar hulle is geestelik geskape en gemaak ooreenkomstig my woord.

8 En Ek, die Here God, het ’n tuin geplant, ooswaarts in aEden, en daar het Ek die man geplaas wat Ek geformeer het.

9 En uit die grond het Ek, die Here God, elke boom gemaak om te groei, natuurlik, wat aangenaam is in die oë van die mens; en die mens kon dit aanskou. En dit het ook ’n lewende siel geword. Want dit was geestelik op die dag toe Ek dit geskape het; want dit bly in die sfeer waarin Ek, God, dit geskape het, en wel alle dinge wat Ek voorberei het vir die gebruik van die mens; en die mens het gesien dat dit goed was vir voedsel. En Ek, die Here God, het ook die aboom van die lewe in die middel van die tuin geplant, en ook die bboom van kennis van goed en kwaad.

10 En Ek, die Here God, het ’n rivier laat vloei uit Eden om die tuin water te gee; en daarvandaan het dit verdeel, en het vier avertakkings geword.

11 En Ek, die Here God, het die naam van die eerste Pison genoem, en dit het die hele land Háwila omring, waar Ek, die Here God, baie goud geskape het;

12 En die goud van daardie land was goed, en daar was bdellium en die onikssteen.

13 En die naam van die tweede rivier was Gihon genoem; dieselfde een wat die hele land Ethiopië omring.

14 En die naam van die derde rivier was Hiddékel; dit wat na die ooste van Assirië vloei. En die vierde rivier was die Eufraat.

15 En Ek, die Here God, het die man geneem en hom in die Tuin van Eden geplaas, om dit te bewerk, en om dit te bewaar.

16 En Ek, die Here God, het die man gebied en gesê: Van elke boom in die tuin mag jy vryelik eet,

17 Maar van die boom van kennis van goed en kwaad, daarvan sal jy nie eet nie, nietemin, jy mag vir jouself akies, want dit word aan jou gegee, maar, onthou dat Ek dit verbied, want op die bdag wat jy daarvan eet, sal jy sekerlik csterwe.

18 En Ek, die Here God, het vir my aEniggeborene gesê, dat dit nie goed was dat die man alleen moes wees nie; daarom, Ek sal vir hom ’n paslike bhulp maak.

19 En uit die grond het Ek, die Here God, elke dier van die veld geformeer, en elke voël van die lug; en gebied dat hulle na Adam moes kom, om te sien wat hy hulle sou noem; en hulle was ook lewende siele; want Ek, God, het die asem van die lewe in hulle geblaas, en gebied dat elke lewende skepsel wat Adam ook al genoem het, dit die naam daarvan moes wees.

20 En Adam het name gegee aan al die vee, en aan die voëls van die lug, en aan elke dier van die veld, maar vir Adam was daar nie ’n paslike hulp te vinde nie.

21 En Ek, die Here God, het ’n diep slaap oor Adam laat val; en hy het geslaap, en Ek het een van sy ribbes geneem en met vlees die plek daarvan toegemaak;

22 En die rib wat Ek, die Here God, van die man geneem het, het Ek ’n avrou gemaak, en haar na die man gebring.

23 En Adam het gesê: Dit weet ek nou, is been van my gebeente, en avlees van my vlees; sy sal Vrou genoem word, omdat sy uit die man geneem is.

24 Daarom sal ’n man sy vader en sy moeder verlaat, en sal aan sy vrou akleef; en hulle sal been vlees wees.

25 En hulle was albei naak, die man en sy vrou, en was nie skaam nie.