Studiehulp
Sion


Sion

Die reines van hart (L&V 97:21). Sion beteken ook ’n plek waar die reines van hart woon. Die stad wat deur Henog en sy volk gebou is en wat uiteindelik opgeneem is in die hemel as gevolg van regverdigheid, was Sion genoem (L&V 38:4; Moses 7:18–21, 69). In die laaste dae sal ’n stad genaamd Sion naby Jackson-distrik, Missouri (Verenigde State van Amerika) gebou word waarheen die stamme van Israel sal versamel (L&V 103:11–22; 133:18). Die Heiliges word aangeraai om Sion op te bou waar hulle ook al in die wêreld woon.