Studiehulp
Gees


Gees

Daardie deel van ’n lewende wese wat bestaan voor die sterflike geboorte wat in die fisiese liggaam woon gedurende sterflikheid en na die dood bestaan as ’n aparte wese tot die Opstanding. Alle lewende dinge—die mensdom, diere en plante—was geeste voordat enige vorm van lewe op die aarde bestaan het (Gén. 2:4–5; Moses 3:4–7). Die geestesliggaam lyk soos die fisiese liggaam (1 Ne. 11:11; Ether 3:15–16; L&V 77:2; 129). Gees is materie, maar dit is fyner of suiwerder as aardse elemente of materie (L&V 131:7).

Elke persoon is letterlik ’n seun of ’n dogter van God omdat hul gebore is as ’n gees uit Hemelse Ouers voordat hulle gebore is uit sterflike ouers op die aarde (Hebr. 12:9). Elke persoon op die aarde het ’n onsterflike geestesliggaam asook ’n liggaam van vlees en been. Soos dit somtyds gestel word in die skrifture, vorm die gees en die liggaam tesame die siel (Gén. 2:7; L&V 88:15; Moses 3:7, 9, 19; Abr. 5:7). ’n Gees kan sonder ’n fisiese liggaam leef, maar die fisiese liggaam kan nie sonder die gees lewe nie (Jak. 2:26). Fisiese dood is die skeiding van die gees en die liggaam. In die Opstanding word die gees herenig met dieselfde fisiese liggaam van vlees en been wat dit besit het as ’n sterflike mens, met twee hoofverskille: hulle sal nooit weer geskei word nie en die fisiese liggaam sal onsterflik en vervolmaak wees (Alma 11:45; L&V 138:16–17).

Bose geeste