Studiehulp
Smith, Joseph, Jr.


Smith, Joseph, Jr.

Die profeet wat gekies is om die ware Kerk van Jesus Christus op die aarde te herstel. Joseph Smith is in die staat Vermont in die Verenigde State van Amerika gebore en het vanaf 1805 tot 1844 gelewe.

In 1820 het God die Vader en Jesus Christus aan Joseph verskyn en hy het geleer dat geeneen van die kerke op die aarde waar was nie (JS—G 1:1–20). Hy is later deur die engel Moroni besoek wat die bergplek van goue plate uitgewys het wat die kroniek van die voormalige bewoners van die Amerikaanse kontinent bevat het (JS—G 1:29–54).

Joseph het die goue plate vertaal en hulle in 1830 laat publiseer as die Boek van Mormon (JS—G 1:66–67, 75). In 1829 het hy priesterskapsgesag ontvang van Johannes die Doper en van Petrus, Jakobus en Johannes (L&V 13; 27:12; 128:20; JS—G 1:68–70).

Soos deur God gerig, het Joseph en ’n paar ander die herstelde Kerk van Jesus Christus georganiseer op 6 April 1830 (L&V 20:1–4). Onder die leierskap van Joseph het die Kerk in Kanada, Engeland en die oostelike gedeelte van die Verenigde State gegroei, veral in Ohio, Missouri en Illinois. Ernstige vervolging het Joseph en die Heiliges gevolg waar hulle hul ook al gevestig het. Op 27 Junie 1844 is Joseph en sy broer Hyrum vermoor in Carthage, Illinois, in die Verenigde State van Amerika.

Skrifture wat voortgebring is deur die Profeet Joseph Smith

Joseph het gedeeltes van die goue plate vertaal wat aan hom gegee is deur die engel Moroni, welke vertaling gepubliseer is in 1830 as die Boek van Mormon. Hy het ook baie openbarings ontvang van die Here wat die basiese leerstellings en organisasie van die Kerk uiteensit. Baie van hierdie openbarings is saamgevat in wat nou bekend staan as die Leer en Verbonde. Hy was ook verantwoordelik vir die verskyning van die Pêrel van Groot Waarde wat geïnspireerde vertalings van sommige van die geskrifte van Moses, Abraham en Matthéüs bevat, asook uittreksels van sy persoonlike geskiedenis en getuienis en dertien verklarings van leerstellings en geloof wat deur die Kerk gehandhaaf word.