Studiehulp
Siener


Siener

’n Persoon wat deur God mag gegee is om met geestelike oë dinge te sien wat God van die wêreld verberg het (Moses 6:35–38). Hy is ’n openbaarder en ’n profeet (Mosia 8:13–16). In die Boek van Mormon het Ammon geleer dat net ’n siener spesiale vertolkers, of ’n Urim en Tummim, kon gebruik (Mosia 8:13; 28:16). ’n Siener ken die verlede, hede en toekoms. Vroeër is ’n profeet dikwels ’n siener genoem (1 Sam. 9:9; 2 Sam. 24:11).

Joseph Smith is die groot siener van die laaste dae (L&V 21:1; 135:3). Daarbenewens word die Eerste Presidensie en die Raad van die Twaalf ondersteun as profete, sieners en openbaarders.