Studiehulp
Paulus


Paulus

’n Apostel in die Nuwe Testament. Paulus se Hebreeuse naam was Saul, onder welke naam hy bekend was tot die begin van sy sending aan die nie-Jode. Voorheen het hy die Kerk vervolg maar is tot die waarheid daarvan bekeer nadat hy ’n visioen van Jesus Christus gesien het. Paulus het op drie hoofsendingreise gegaan en het baie briewe aan die Heiliges geskryf. Veertien van hierdie briewe vorm vandag ’n deel van die Nuwe Testament. Hy is uiteindelik as gevangene na Rome geneem en is doodgemaak, waarskynlik in die lente van 65 n.C.