Studiehulp
Ou Testament


Ou Testament

Geskrifte van voortydse profete wat onder die invloed van die Heilige Gees opgetree het en wat oor baie eeue van Christus en sy toekomstige bediening getuig het. Dit bevat ook ’n kroniek van Abraham se geskiedenis en sy afstammelinge, beginnende by Abraham en die verbond, of testament, wat die Here met Abraham en sy nasate gesluit het.

Die eerste vyf boeke van die Ou Testament is deur Moses geskryf. Hulle is Génesis, Exodus, Levítikus, Númeri en Deuteronómium. Génesis verwys na die oorsprong van die aarde, die mensdom, tale, rasse en die begin van die huis van Israel.

Die historiese boeke vertel van die geskiedenis van Israel. Hierdie boeke is Josua, Rigters, Rut, 1 en 2 Samuel, 1 en 2 Konings, 1 en 2 Kronieke, Esra, Nehemia en Ester.

Die poëtiese boeke vertel van die wysheid en literatuur van die profete. Hulle is Job, Psalms, Spreuke, Prediker, Hooglied van Salomo en Klaagliedere.

Die profete het Israel gewaarsku oor haar sondes en het getuig van die seëninge wat kom deur gehoorsaamheid. Hulle het geprofeteer van die koms van Christus, wat sou versoen vir die sondes van diegene wat bekeer, die ordinansies ontvang en die evangelie leef. Die boeke van die profete is Jesaja, Jeremia, Eségiël, Daniël, Hoséa, Joël, Amos, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Hábakuk, Sefánja, Haggai, Sagaría en Maleági.

Meeste van die Ou Testamentiese boeke is in Hebreeus geskryf. ’n Paar geskrifte bevat Aramees, ’n verwante taal.