Studiehulp
Moroni, Seun van Mormon


Moroni, Seun van Mormon

Die laaste Nefitiese profeet in die Boek van Mormon (ongeveer 421 n.C.). Net voor Mormon se dood het hy ’n historiese kroniek, genoem die plate van Mormon, aan sy seun Moroni oorhandig (WvM 1:1). Moroni het die samestelling van die plate van Mormon voltooi. Hy het hoofstuk 8 en 9 bygevoeg tot die Boek van Mormon (Morm. 8:1). Hy het die boek van Ether verkort en ingesluit (Ether 1:1–2) en het sy eie boek bygevoeg, genaamd die boek van Moroni (Moro. 1). Moroni het die plate verseël en hulle weggebêre in die Cumora-heuwel (Morm. 8:14; Moro. 10:2). In 1823 is Moroni gestuur as ’n herrese wese om die Boek van Mormon te openbaar aan Joseph Smith (L&V 27:5; JS—G 1:30–42, 45). Hy het elke jaar die jong profeet onderrig vanaf 1823 tot 1827 (JS—G 1:54) en het uiteindelik die plate aan hom oorhandig in 1827 (JS—G 1:59). Nadat hy die vertaling voltooi het, het Joseph Smith die plate teruggegee aan Moroni.

Die boek van Moroni

Die laaste boek in die Boek van Mormon. Dit is geskryf deur die laaste Nefitiese profeet, Moroni. Hoofstuk 1–3 vertel van die finale vernietiging van die Nefiete en gee opdrag oor die skenking van die Heilige Gees en die priesterskap. Hoofstuk 4–5 gee besonderhede oor die presiese wyse van hoe om die nagmaal te bedien. Hoofstuk 6 gee ’n opsomming oor die werk van die Kerk. Hoofstuk 7–8 is preke oor die eerste beginsels van die evangelie, insluitende leringe deur Mormon oor geloof, hoop en liefde en oor hoe om goed en kwaad te oordeel (Moro. 7) en Mormon se verduideliking dat klein kindertjies lewendig is in Christus en geen doop benodig nie (Moro. 8). Hoofstuk 9 beskryf die verdorwenheid van die Nefitiese nasie. Hoofstuk 10 is Moroni se finale boodskap en sluit in hoe om die waarheid van die Boek van Mormon te wete te kom (Moro. 10:3–5).