Studiehulp
Wonderwerk


Wonderwerk

’n Buitengewone gebeurtenis wat veroorsaak is deur die mag van God. Wonderwerke is ’n belangrike deel van die werk van Jesus Christus. Dit sluit in genesings, om die dode tot die lewe te herstel en opstanding. Wonderwerke is ’n deel van die evangelie van Jesus Christus. Geloof is nodig ten einde wonderwerke te laat plaasvind (Mark. 6:5–6; Morm. 9:10–20; Ether 12:12).