Studiehulp
Messias


Messias

’n Vorm van ’n Aramese en Hebreeuse woord wat beteken “die gesalfde.” In die Nuwe Testament word Jesus die Christus genoem, wat die Griekse ekwivalent is van Messias. Dit beteken die gesalfde Profeet, Priester, Koning en Verlosser wie se koms die Jode gretig afgewag het.

Baie Jode het slegs uitgesien na ’n verlosser van die Romeinse mag en groter nasionale welvaart; daarom, toe die Messias gekom het, het die leiers en baie ander Hom verwerp. Slegs die nederiges en getroues was in staat om in Jesus van Násaret die ware Christus te sien (Jes. 53; Matt. 16:16; Joh. 4:25–26).