Studiehulp
Huwelik, Trou


Huwelik, Trou

’n Wettige verbond of kontrak tussen ’n man en ’n vrou wat hulle eggenoot en eggenote maak. God het die huwelik ingestel (L&V 49:15).

Nuwe en ewige verbond van die huwelik

Die huwelik wat voltrek word onder die wet van die evangelie en die heilige priesterskap is vir die sterflike lewe en vir die ewigheid. Waardige mans en vroue wat so in die huwelik verseël word in die tempel, mag as man en vrou voortduur tot in ewigheid.

Tussengeloofhuwelik

’n Huwelik tussen ’n man en ’n vrou van verskillende godsdienstige gelowe en praktyke.

Meervoudige huwelik

Die huwelik van ’n man met twee of meer lewende vroue. Dit is wettig vir ’n man om net een vrou te hê, tensy die Here anders beveel deur openbaring (Jakob 2:27–30). Deur openbaring is meervoudige huwelike beoefen in Ou Testamentiese tye en in die vroeëre dae van die herstelde Kerk onder die leiding van die profeet wat die priesterskapsleutels gehou het (L&V 132:34–40, 45). Dit word nie meer beoefen in die Kerk nie (AV 1); vandag verhoed ’n meervoudige huwelik ’n man om ’n lid van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae te word.