Studiehulp
Levi


Levi

In die Ou Testament, die derde seun van Jakob en Lea (Gén. 29:34; 35:23). Levi het die vader van een van die stamme van Israel geword.

Die stam van Levi

Jakob het vir Levi en sy afstammelinge geseën (Gén. 49:5–7, 28). Afstammelinge van Levi het in die heiligdomme van Israel gedien (Núm. 1:47–54). Aäron was ’n Leviet, en sy afstammelinge was priesters (Ex. 6:16–20; 28:1–4; 29). Die Leviete het die priesters, die seuns van Aäron, bygestaan (Núm. 3:5–10; 1 Kon. 8:4). Hulle het somtyds opgetree as musikante (1 Kron. 15:16; Neh. 11:22); het offerandes geslag (2 Kron. 29:34; Esra 6:20); en het oor die algemeen bygestaan in die tempel (Neh. 11:16). Die Leviete was toegewy aan die diens van die Here om die ordinansies vir die kinders van Israel uit te voer. Die Leviete is self as beweegoffer ten behoewe van die kinders van Israel gewy (Núm. 8:11–22); hulle het dus God se eienaardige eiendom geword wat aan Hom gegee is in die plek van die eersgeborene (Núm. 8:16). Hulle is nie geordineer nie maar is gereinig vir hulle amp (Núm. 8:7–16). Hulle het geen erfland in Kanaän gehad nie (Núm. 18:23–24), maar hulle het die tiende ontvang (Núm. 18:21), agt en veertig stede (Núm. 35:6), en ’n reg om die aalmoese van die mense te ontvang by feestye (Deut. 12:18–19; 14:27–29).