Studiehulp
Lehi, Vader van Nefi


Lehi, Vader van Nefi

In die Boek van Mormon, ’n Hebreeuse profeet wat sy gesin en volgelinge vanaf Jerusalem na ’n beloofde land gelei het in die westelike halfrond, ongeveer 600 v.C. Lehi was die eerste profeet onder sy volk in die Boek van Mormon.

Lehi het met sy gesin uit Jerusalem gevlug op God se bevel (1 Ne. 2:1–4). Hy was ’n afstammeling van Josef wat in Egipte verkoop is (1 Ne. 5:14). Die Here het aan hom ’n visioen gegee van die boom van die lewe (1 Ne. 8:2–35). Lehi en sy seuns het ’n boot gebou en na die westelike halfrond gevaar (1 Ne. 17–18). Hy en sy afstammelinge het hulle gevestig in ’n nuwe land (1 Ne. 18:23–25). Voordat hy gesterf het, het Lehi sy seuns geseën en het hulle van Christus en die te voorskyn kom van die Boek van Mormon in die laaste dae vertel (2 Ne. 1:1–4:12).

Die boek van Lehi

Joseph Smith het begin met die boek van Lehi toe hy die Boek van Mormon vertaal het. Dit was ’n kroniek wat Mormon verkort het vanaf die plate van Lehi. Nadat hy 116 manuskripbladsye vertaal het van hierdie boek, het Joseph die manuskrip aan Martin Harris gegee, wat vir ’n kort tydperk gedien het as Joseph se skrywer tydens die vertaling van die Boek van Mormon. Die bladsye het toe verlore gegaan. Joseph het nie die boek van Lehi hervertaal om die verlore manuskrip te vervang nie, maar in plaas daarvan het hy ander verwante verslae vertaal van die goue plate (sien die inleidings tot L&V 3; 10). Hierdie ander verslae is nou die eerste ses boeke van die Boek van Mormon.