Studiehulp
Jakobus, Seun van Sebedéüs


Jakobus, Seun van Sebedéüs

Een van die Twaalf Apostels wat deur Jesus gekies is gedurende sy aardse bediening. Hy was die broer van Johannes. Hy was een van die drie Apostels wat gekies was om saam met Jesus te wees tydens sekere spesiale geleenthede: tydens die opwekking van die dogter van Jaïrus (Mark. 5:37), tydens die Transfigurasie (Matt. 17:1; Mark. 9:2; Lk. 9:28) en in Getsémané (Matt. 26:37; Mark. 14:33). Saam met Petrus en Johannes het hy die Melgisédekse Priesterskap herstel op aarde deur vir Joseph Smith en Oliver Cowdery te ordineer (L&V 27:12; 128:20; JS—G 1:72).