Studiehulp
Harris, Martin


Harris, Martin

Een van die Drie Getuies tot die goddelike oorsprong en waarheid van die Boek van Mormon. Hy het vir Joseph Smith en die Kerk finansieel gehelp. Die Here het vir Martin Harris gevra om sy besittings te verkoop en om sy fondse te gee om vir die druk van die Boek van Mormon te betaal (L&V 19:26–27, 34–35), om ’n voorbeeld te wees vir die Kerk (L&V 58:35), en om te help om die onkostes van die bediening te betaal (L&V 104:26).

Martin Harris is uit die Kerk geëkskommunikeer maar het later tot volle lidmaatskap teruggekeer. Tot aan die einde van sy lewe het hy getuig dat hy die engel Moroni gesien het asook die goue plate waarvan Joseph Smith die Boek van Mormon vertaal het.