Studiehulp
Eersgeborene


Eersgeborene

Ten tye van die patriarge van die voortyd het die eersgebore seun die geboortereg ontvang (Gén. 43:33) en het so die leierskap van die gesin geërf by die afsterwe van die vader. Die eersgeborene moes waardig wees om hierdie verantwoordelikheid te aanvaar (1 Kron. 5:1–2) en kon sy geboortereg verbeur deur ongeregtigheid.

Onder die wet van Moses is die eersgebore seun beskou as behorende aan God. Die eersgeborene het ’n dubbele aandeel ontvang van sy vader se besittings (Deut. 21:17). Na sy vader se dood was hy verantwoordelik om na sy moeder en susters om te sien.

Die manlike eerstelinge van diere het ook aan God behoort. Rein diere is gebruik vir offerandes, terwyl onrein diere verlos of verkoop of doodgemaak mag word (Ex. 13:2, 11–13; 34:19–20; Lev. 27:11–13, 26–27).

Die eersgeborene simboliseer Jesus Christus en sy aardse bediening, om die mense te herinner dat die groot Messias sou kom (Moses 5:4–8; 6:63).

Jesus was die eersgeborene van die geesteskinders van ons Hemelse Vader, die Eniggeborene van die Vader in die vlees, en die eerste om op te staan uit die dode in die Opstanding (Kol. 1:13–18). Getroue Heiliges word lede van die Kerk van die Eersgeborene in ewigheid (L&V 93:21–22).