Studiehulp
Eerste Visioen


Eerste Visioen

Die verskyning van God die Vader en sy Seun Jesus Christus aan die Profeet Joseph Smith in ’n bos.

In die lente van 1820 was Joseph Smith Jr. in sy vyftiende jaar. Hy het in die dorp Palmyra, New York, gewoon. ’n Kort afstand wes van die gesin se woning was ’n bos groot bome. Joseph het na hierdie plek gegaan om tot God te bid om te leer watter kerk reg was. Hy was beïndruk terwyl hy die Bybel gelees het, dat hy daardie antwoord van God moes kry (Jak. 1:5–6). In antwoord op sy gebede het die Vader en die Seun aan hom verskyn en vir hom gesê om by geeneen van die kerke wat toe op die aarde was, aan te sluit nie, want hulle almal was verkeerd (JS—G 1:15–20). Hierdie heilige ervaring het ’n reeks gebeurtenisse begin wat die Herstelling van die evangelie en Christus se ware Kerk teweeg sou bring.