Studiehulp
Val van Adam en Eva


Val van Adam en Eva

Die proses waardeur die mensdom sterflik geword het op hierdie aarde. Toe Adam en Eva van die verbode vrug geëet het, het hulle sterflik geword, dit is, onderhewig aan sonde en die dood. Adam het die “eerste vlees” geword op die aarde (Moses 3:7). Openbarings van die laaste dae maak dit duidelik dat die Val ’n seëning is en dat Adam en Eva geëer moet word as die eerste ouers van die hele mensdom.

Die Val was ’n noodsaaklike stap in die mens se ontwikkeling. Omdat God geweet het dat die Val sou plaasvind, het Hy in die vooraardse lewe beplan vir ’n Saligmaker. Jesus Christus het in die middelpunt van tyd gekom om vir die Val van Adam te versoen en ook vir die mens se individuele sondes op voorwaarde dat die mens bekeer.