Studiehulp
Duiwel


Duiwel

Satan. Die duiwel is die vyand van regverdigheid en van diegene wat poog om die wil van God te doen. Hy is letterlik ’n geestesseun van God en was eens ’n engel met gesag in die teenwoordigheid van God (Jes. 14:12; 2 Ne. 2:17). Nietemin, hy het gerebelleer in die vooraardse lewe en het ’n derde gedeelte van die geesteskinders van die Vader oorreed om saam met hom te rebelleer (L&V 29:36; Moses 4:1–4; Abr. 3:27–28). Hulle is uit die hemel gewerp, is die geleentheid ontsê om sterflike liggame te ontvang en om die sterflike lewe te ervaar, en sal ewiglik verdoem wees. Vanaf die tyd wat die duiwel uit die hemel gewerp is, het hy aanhoudend gepoog om alle mans en vroue te verlei en om hulle weg te lei van die werk van God ten einde die hele mensdom so ellendig te maak soos hy is (Openb. 12:9; 2 Ne. 2:27; 9:8–9).

Die kerk van die duiwel

Elke bose en wêreldse organisasie op aarde wat die suiwere en volmaakte evangelie verdraai en teen die Lam van God veg.