Studiehulp
Borsplaat


Borsplaat

Die skrifture noem twee soorte borsplate: (1) Die voorkant van ’n soldaat se beskermende klere of wapenrusting. In ’n simboliese sin behoort Heiliges ’n borsplaat van geregtigheid te dra om hulleself te beskerm teen die bose (Jes. 59:17; Efés. 6:14). (2) ’n Kledingstuk wat gedra is deur die hoëpriester onder die wet van Moses (Ex. 28:13–30; 39:8–21). Dit was van linne gemaak en het twaalf edelstene bevat. Daar word somtyds na verwys in verband met die Urim en Tummim (L&V 17:1; JS—G 1:35, 42, 52).