Studiehulp
Geloof, Glo


Geloof, Glo

Om geloof te hê in iemand of om iets te aanvaar as waar. ’n Mens moet bekeer en glo in Jesus Christus ten einde gered te word in die koninkryk van God (L&V 20:29).

Vertroue in iets of iemand. Soos meer dikwels gebruik word in die skrifture, is geloof sekerheid en vertroue in Jesus Christus wat ’n persoon lei om Hom te gehoorsaam. Geloof moet gewortel wees in Jesus Christus sodat dit ’n persoon kan lei na heil. Heiliges van die Laaste Dae het ook geloof in God die Vader, die Heilige Gees, priesterskapmag en ander belangrike aspekte van die herstelde evangelie. Geloof sluit in ’n hoop op dinge wat nie gesien word nie, maar wat waar is (Hebr. 11:1; Alma 32:21; Ether 12:6). Geloof begin deur die aanhoor van die evangelie wat onderrig word deur gevolmagtigde administrateurs wat gestuur is deur God (Rom. 10:14–17). Wonderwerke produseer nie geloof nie, maar sterk geloof word ontwikkel deur gehoorsaamheid aan die evangelie van Jesus Christus. Met ander woorde, geloof kom deur regverdigheid (Alma 32:40–43; Ether 12:4, 6, 12; L&V 63:9–12).

Ware geloof bring wonderwerke, visioene, drome, genesings en al die gawes van God wat Hy aan sy heiliges gee. Deur geloof verkry ’n mens vergifnis van sondes en is uiteindelik in staat om in God se teenwoordigheid te woon. ’n Gebrek aan geloof lei ’n mens na wanhoop, wat kom vanweë ongeregtigheid (Moro. 10:22).