Studiehulp
Doop


Doop

Die woord wat in die oorspronklike Griekse teks gebruik is, beteken om te “dompel” of te “onderdompel”. Doop deur onderdompeling in water deur een wat gesag het is die inleidende ordinansie van die evangelie en is noodsaaklik om ’n lid te word van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. Dit word voorafgegaan deur geloof in Jesus Christus en deur bekering. Dit moet gevolg word deur die gawe van die Heilige Gees te ontvang ten einde volledig te wees (2 Ne. 31:13–14). Doop deur water en die Gees is noodsaaklik voordat ’n persoon die selestiale koninkryk kan binnegaan. Adam was die eerste om gedoop te word (Moses 6:64–65). Jesus is ook gedoop om alle regverdigheid te vervul en om die weg te wys vir die hele mensdom (Matt. 3:13–17; 2 Ne. 31:5–12).

Omdat almal op die aarde nie die geleentheid het om die evangelie te aanvaar gedurende hul aardse lewe nie, het die Here dope gemagtig, uitgevoer deur in te staan vir die dode. Daarom, diegene wat die evangelie aanvaar in die geesteswêreld, mag kwalifiseer vir toegang tot God se koninkryk.

Noodsaaklik

Doop deur onderdompeling

Doop vir die vergifnis van sondes

Behoorlike gesag

Vereistes vir die doop

Verbond gesluit deur die doop

Doop vir die dode

Doop nie vir klein kindertjies nie