Studiehulp
Babel, Babilon


Babel, Babilon

Die hoofstad van Babilonië.

Babel is deur Nimrod gestig en was een van die oudste stede in die land Mesopotamië of Sínear (Gén. 10:8–10). Die Here het die taal verwar in die tyd toe die mense die Toring van Babel gebou het (Gén. 11:1–9; Ether 1:3–5, 33–35). Babilon het later Nebukadnésar se hoofstad geword. Hy het ’n ontsaglike stad gebou waarvan die bouvalle nog bestaan. Babilon het ’n baie goddelose stad geword en het sedertdien simbolies geword van die boosheid van die wêreld.