Skrifture
Leer en Verbonde 98


Afdeling 98

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 6 Augustus 1833. Hierdie openbaring het gekom as gevolg van die vervolging van die Heiliges in Missouri. Toenemende vestiging van Kerklede in Missouri het sommige setlaars bekommer wat bedreig gevoel het deur die Heiliges se getalle, politiese en ekonomiese invloed, en kulturele en godsdienstige verskille. In Julie 1833, het ’n bende Kerkeiendom vernietig, twee Kerklede geteer en geveer, en geëis dat die Heiliges Jackson-distrik verlaat. Alhoewel sekere nuus oor die probleme in Missouri ongetwyfeld die Profeet in Kirtland bereik het (1440 kilometer daarvandaan), kon die erns van die situasie slegs aan hom bekend gewees het op hierdie tydstip deur openbaring.

1–3, Die verdrukkings van die Heiliges sal tot hulle voordeel strek; 4–8, Die Heiliges moet die grondwet van die land ondersteun; 9–10, Eerlike, wyse en goeie mense moet ondersteun word vir wêreldlike regering; 11–15, Diegene wat hulle lewens neerlê vir die Here se saak, sal die ewige lewe hê; 16–18, Verwerp oorlog en verkondig vrede; 19–22, Die Heiliges in Kirtland word vermaan en gebied om te bekeer; 23–32, Die Here openbaar sy wette met betrekking tot die vervolgings en verdrukkings wat op sy volk neergekom het; 33–38, Oorlog is slegs geregverdig wanneer die Here dit gebied; 39–48, Die Heiliges moet hulle vyande vergewe, wat, indien hulle bekeer, ook die Here se wraak sal ontvlug.

1 Voorwaar Ek sê vir julle my vriende, avrees nie, laat julle harte vertroos word; ja, verbly julle altyddeur, en gee bdank in alles;

2 Terwyl julle geduldig awag op die Here, want julle gebede het die ore binnegedring van die Here van Sebaot, en is opgeteken met hierdie seël en testament—die Here het gesweer en beveel dat hulle toegestaan sal word.

3 Daarom, Hy gee hierdie belofte aan julle, met ’n onveranderlike verbond dat hulle vervul sal word; en alle dinge waarmee julle averdruk is, sal saamwerk tot julle voordeel, en tot die heerlikheid van my Naam, sê die Here.

4 En nou, voorwaar, Ek sê vir julle aangaande die wette van die land, dit is my wil dat my volk al die dinge moet onderhou wat Ek hulle ook al gebied.

5 En daardie awet van die land wat bgrondwetlik is, wat daardie beginsel van vryheid ondersteun in die handhawing van regte en voorregte, behoort aan die ganse mensdom, en is regverdigbaar voor my.

6 Daarom, Ek, die Here, regverdig julle, en julle broers van my kerk, om daardie wet te ondersteun wat die grondwet van die land is;

7 En betreffende die wet van die mens, wat ook al meer of minder as dit is, kom van die bose.

8 Ek, die Here God, maak julle avry, daarom is julle inderdaad vry; en die wet maak julle ook vry.

9 Nietemin, wanneer die abose heers, treur die volk.

10 Daarom, aeerlike mense en wyse mense moet ywerig gesoek word, en goeie mense en wyse mense moet julle poog om te ondersteun; andersins, wat ook al minder is as dit, kom van die bose.

11 En Ek gee aan julle ’n gebod, dat julle alle boosheid sal versaak en alles wat goed is aankleef, dat julle sal lewe volgens elke awoord wat uitgaan vanuit die mond van God.

12 Want Hy sal aan die getroues reël op reël agee, beginsel op beginsel; en Ek sal julle toets en hiermee bbeproef.

13 En wie ook al sy lewe aneerlê om my ontwil, om my Naam se ontwil sal dit weer vind, en wel die ewige lewe.

14 Daarom, wees nie abevrees oor julle vyande nie, want Ek het besluit in my hart, sê die Here, dat Ek julle in alle dinge sal bbeproef, of julle in my verbond sal bly, selfs tot die cdood, sodat julle waardig bevind mag word.

15 Want as julle nie in my verbond sal bly nie, is julle nie waardig vir My nie.

16 Daarom, averwerp boorlog en verkondig cvrede, en soek ywerig om die harte van die kinders na hulle vaders te dkeer, en die harte van die vaders na die kinders;

17 En verder, die harte van die aJode na die profete, en die profete na die Jode; sodat Ek nie kom en die hele aarde tref met ’n vloek nie, en alle vlees voor My verteer word.

18 Laat nie julle harte ontsteld word nie; want in my Vader se huis is abaie wonings, en Ek het ’n plek vir julle berei; en waar my Vader en Ek is, daar sal julle ook wees.

19 Kyk, Ek, die Here het nie ’n welbehae in vele wat in die kerk is te Kirtland nie;

20 Want hulle versaak nie hulle sondes, en hulle goddelose weë, die hoogmoed van hulle harte, en hul hebsug nie, en al hul verfoeilike dinge, en onderhou nie die woorde van wysheid en die ewige lewe wat Ek aan hulle gegee het nie.

21 Voorwaar Ek sê vir julle, dat Ek, die Here, hulle sal akasty en sal doen wat Ek ook al wil, as hulle nie bekeer en alle dinge onderhou wat Ek aan hulle gesê het nie.

22 En verder Ek sê vir julle, as julle aonderhou wat Ek julle ook al gebied, sal Ek, die Here, alle toorn en verontwaardiging van julle wegkeer, en die bpoorte van die hel sal nie oor julle seëvier nie.

23 Nou spreek Ek tot julle aangaande julle families—indien mense julle, of julle families eenkeer sal aslaan, en julle verdra dit geduldig en vaar nie uit teen hulle nie, nóg wraak soek, sal julle beloon word;

24 Maar as julle dit nie geduldig verdra nie, sal dit gereken word tot julle as synde ’n regverdige maat wat aan julle auitgemeet word.

25 En verder, indien julle vyand julle ’n tweede keer sal slaan, en julle nie uitvaar teen julle vyande nie, en dit geduldig verdra, sal julle beloning ’n honderdvoudig wees.

26 En verder, indien hy julle die derde keer sal slaan, en julle verdra dit ageduldig, sal julle beloning viervoudig aan julle verdubbel word;

27 En hierdie drie getuienisse sal staan teen julle vyand indien hy nie bekeer nie, en sal nie uitgewis word nie.

28 En nou, voorwaar Ek sê vir julle, indien daardie vyand my wraak sal ontvlug, dat hy nie in oordeel voor My gebring word nie, dan sal julle toesien dat julle hom in my Naam awaarsku, sodat hy nie meer teen julle opkom nie, nóg op julle families, tot julle kinders se kinders tot die derde en vierde geslag.

29 En dan, indien hy sal opkom teen julle of julle kinders, of julle kinders se kinders tot die derde en vierde geslag, het Ek julle vyand oorgelewer in julle hande;

30 En dan, indien julle hom wil spaar, sal julle beloon word vir julle regverdigheid; en ook julle kinders en julle kinders se kinders tot die derde en vierde geslag.

31 Nietemin, jou vyand is in jou hande; en indien jy hom beloon ooreenkomstig sy werke, is jy geregverdig; indien hy jou lewe gesoek het, en jou lewe in gevaar gestel word deur hom, is jou vyand in jou hande en jy is geregverdig.

32 Kyk, dit is die wet wat Ek aan my dienskneg Nefi gegee het, en julle avaders Josef, en Jakob, en Isak, en Abraham, en al my profete en apostels van ouds.

33 En verder, dit is die awet wat Ek aan my volk van ouds gegee het, dat hulle nie in die stryd moes uitgaan teen enige nasie, stam, taal of volk nie, tensy Ek, die Here, hulle gebied het.

34 En indien enige nasie, taal, of volk oorlog sou verklaar teen hulle, moet hulle eers ’n vaandel van avrede ophef tot daardie volk, nasie, of taal;

35 En indien daardie volk nie die aanbod van vrede aanvaar het nie, nóg die tweede, nóg die derde keer, moet hulle hierdie getuienisse voor die Here bring;

36 Dan sal Ek, die Here, aan hulle ’n gebod gee, en regverdig hulle om uit te gaan in stryd teen daardie nasie, taal, of volk.

37 En Ek, die Here, sal hulle veldslae aveg, en hulle kinders se veldslae, en hulle kinders se kinders s’n, tot hulle hulself gewreek het op al hulle vyande, tot die derde en vierde geslag.

38 Kyk, dit is ’n voorbeeld vir alle volke, sê die Here julle God, vir regverdigmaking voor My.

39 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, indien jou vyand na die eerste keer opgekom het teen jou, bekeer en biddend om vergifnis na jou kom, sal jy hom vergewe, en sal dit nie meer as ’n getuienis teen jou vyand hou nie.

40 En so voorts tot die tweede en derde keer; en so gereeld as wat jou vyand bekeer van die oortreding waarmee hy teen jou oortree het, sal jy hom avergewe, tot sewentig maal sewe.

41 En indien hy teen jou oortree en nie die eerste keer bekeer nie, sal jy hom nietemin vergewe.

42 En indien hy ’n tweede keer teen jou oortree, en nie bekeer nie, sal jy hom nietemin vergewe.

43 En indien hy ’n derde keer teen jou oortree, en nie bekeer nie, sal jy hom ook vergewe.

44 Maar as hy ’n vierde keer teen jou oortree, sal jy hom nie vergewe nie, maar sal hierdie getuienisse voor die Here bring; en hulle sal nie uitgewis word nie voor hy bekeer en jou viervoudig beloon in alle dinge waarmee hy teen jou oortree het.

45 En indien hy dit doen, sal jy hom vergewe met jou hele hart; en indien hy dit nie doen nie, sal Ek, die Here, jou honderdvoudig awreek op jou vyand;

46 En op sy kinders, en op sy kinders se kinders van al diegene wat My haat, tot die aderde en vierde geslag.

47 Maar indien die kinders sal bekeer, of die kinders se kinders, en akeer tot die Here hulle God, met hulle hele harte en met al hulle mag, verstand en krag, en viervoudig herstel vir al hulle oortredings waarmee hulle oortree het, of waarmee hulle vaders oortree het, of hulle vaders se vaders, dan sal jou verontwaardiging weggekeer word;

48 En awraak sal nie meer op hulle kom nie, sê die Here jou God, en hulle oortredings sal nooit meer as ’n getuienis voor die Here gebring word teen hulle nie. Amen.