Skrifture
Leer en Verbonde 90


Afdeling 90

Openbaring aan Joseph Smith die Profeet, gegee te Kirtland, Ohio, 8 Maart 1833. Hierdie openbaring is ’n verdere stap in die vestiging van die Eerste Presidensie (sien die opskrif van afdeling 81); as gevolg daarvan, is die genoemde raadgewers geordineer op 18 Maart 1833.

1–5, Die sleutels van die koninkryk word toevertrou aan Joseph Smith en deur hom aan die Kerk; 6–7, Sidney Rigdon en Frederick G. Williams moet in die Eerste Presidensie dien; 8–11, Die evangelie moet gepreek word aan die nasies van Israel, aan die nie-Jode, en aan die Jode en elkeen moet dit hoor in sy eie taal; 12–18, Joseph Smith en sy raadgewers moet die Kerk in orde bring; 19–37, Verskeie individue word deur die Here raad gegee om opreg te wandel en in sy koninkryk te dien.

1 So sê die Here, voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou my seun, jou sondes is jou avergewe, volgens jou smeekgebed, want jou gebede en die gebede van jou broers het opgestyg tot in my ore.

2 Daarom, jy is geseënd van nou af wat die asleutels dra van die koninkryk wat aan jou gegee is; welke bkoninkryk na vore kom vir die laaste keer.

3 Voorwaar Ek sê vir jou, die sleutels van hierdie koninkryk sal nooit van jou weggeneem word terwyl jy in die wêreld is nie, nóg in die komende wêreld;

4 Nietemin, deur jou sal die aopenbarings gegee word aan ’n ander, ja, naamlik aan die kerk.

5 En al diegene wat die openbarings van God ontvang, laat hulle aversigtig wees hoe hulle dit beskou, sodat dit nie ligtelik gereken word nie, en daardeur onder veroordeling gebring word, en struikel en val wanneer die storms neerdaal, en die winde waai, en die breëns val, en teen hulle huis slaan.

6 En verder, voorwaar, Ek sê vir julle broers, Sidney Rigdon en Frederick G. Williams, dat hulle sondes hulle ook vergewe is, en hulle word gereken as gelyk aan jou om die sleutels van hierdie laaste koninkryk te hou;

7 Asook deur jou bediening die sleutels van die askool van die profete, wat Ek jou gebied het om georganiseer te word;

8 Sodat hulle daardeur vervolmaak mag word in hulle bediening vir die heil van Sion, en van die nasies van Israel, en van die nie-Jode, soveel as wat wil glo;

9 Sodat deur jou bediening hulle die woord mag ontvang, en deur hulle beheer die woord mag uitgaan na die eindes van die aarde, aan die anie-Jode beerste, en dan, kyk en sien, sal hulle keer na die Jode.

10 En dan kom die dag wanneer die arm van die Here aontbloot sal word in mag om die nasies te oortuig, die heidense nasies, die huis van bJosef, van die evangelie van hulle heil.

11 Want dit sal gebeur op daardie dag dat elkeen die volheid van die evangelie sal ahoor in sy eie tong, en in sy eie taal, deur diegene wat bgeordineer is tot hierdie cmag, deur die bediening van die dTrooster wat uitgestort is oor hulle vir die openbaring van Jesus Christus.

12 En nou, voorwaar Ek sê vir julle, Ek gee aan julle ’n gebod dat julle volhou in die abediening en presidensie.

13 En wanneer julle die vertaling van die profete voltooi het, sal julle van dan af apresideer oor die sake van die kerk en die bskool;

14 En van tyd tot tyd, soos geopenbaar sal word deur die Trooster, aopenbarings ontvang om die bverborgenhede van die koninkryk te ontvou.

15 En bring die kerke in orde, en astudeer en bleer, en word bekend met alle goeie boeke, en met ctale, tonge, en volke.

16 En dit sal julle plig en sending deur julle hele lewens wees, om te presideer in raadsitting, en al die sake van die kerk en koninkryk in orde te bring.

17 Wees nie abeskaamd nie, nóg in die skande; maar wees vermaan in al julle hoogmoed en btrots, want dit stel ’n strik vir julle siele.

18 Bring julle huise in orde; hou aluiheid en bonreinheid ver van julle.

19 Nou, voorwaar, Ek sê vir jou, laat daar ’n plek voorsien word, so gou as moontlik, vir die familie van jou raadgewer en skrywer, naamlik Frederick G. Williams.

20 En laat my bejaarde dienskneg, aJoseph Smith, Snr., aanbly met sy familie op die plek waar hy nou woon; en laat dit nie verkoop word totdat die mond van die Here sal benoem nie.

21 En laat my raadgewer, naamlik aSidney Rigdon, bly waar hy nou woon tot die mond van die Here sal benoem.

22 En laat die biskop ywerig soek om ’n aagent te verkry, en laat hom ’n man wees wat brykdomme besit—’n man van God, en van sterk geloof—

23 Sodat hy daardeur in staat gestel mag word om alle skuld te vereffen; sodat die voorraadskuur van die Here nie oneer aangedoen word in die oë van die volk nie.

24 Soek aywerig, bbid altyddeur, en wees gelowig, en calle dinge sal ten goede meewerk vir julle, indien julle opreg wandel en die dverbond onthou wat julle met mekaar gesluit het.

25 Laat julle afamilies klein wees, veral dié van my bejaarde dienskneg Joseph Smith Snr., met betrekking tot diegene wat nie aan julle families behoort nie;

26 Sodat daardie dinge wat vir julle voorsien word, om my werk teweeg te bring, nie van julle geneem word en gegee word aan diegene wat nie waardig is nie—

27 En julle daardeur verhinder word om daardie dinge uit te voer wat Ek julle gebied het.

28 En verder, voorwaar, Ek sê vir julle, dit is my wil dat my diensmaagd Vienna Jaques geld moet ontvang om haar onkostes te dek, en opgaan na die land Sion;

29 En die res van die geld mag toegewy word aan My, en sy beloon word in my eie bepaalde tyd.

30 Voorwaar Ek sê vir julle, dat dit gepas is in my oë dat sy moet opgaan na die land Sion, en ’n erfenis ontvang van die hand van die biskop;

31 Sodat sy haar in vrede mag vestig in soverre sy getrou is, en nie ledig is in haar dae van daardie tydstip af nie.

32 En kyk, voorwaar Ek sê vir julle, dat julle hierdie gebod sal skryf, en vir julle broers in Sion, in liefdegroete sê, dat Ek julle ook geroep het om te apresideer oor Sion in my eie bepaalde tyd.

33 Daarom, laat hulle ophou om My te vermoei aangaande hierdie saak.

34 Kyk, Ek sê vir julle dat julle broers in Sion begin om te bekeer, en die engele verbly hul vanweë hulle.

35 Nietemin, Ek het nie welbehae in vele dinge nie; en Ek het nie welbehae in my dienskneg aWilliam E. McLellin nie, nóg met my dienskneg Sidney Gilbert; en ook nie met die biskop nie, en andere het vele dinge om van te bekeer.

36 Maar voorwaar, Ek sê vir julle, dat Ek, die Here, sal stry met aSion, en pleit met haar sterkes, en haar btugtig tot sy oorwin en cskoon is voor My.

37 Want sy sal nie verwyder word vanuit haar plek nie. Ek, die Here, het dit gespreek. Amen.