Skrifture
Leer en Verbonde 84


Afdeling 84

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 22 en 23 September 1832. Gedurende September het ouderlinge begin om terug te keer van hulle sendings in die oostelike state en om verslae te lewer oor hulle arbeid. Dit was terwyl hulle saam was gedurende hierdie vreugdevolle tydperk dat die volgende mededeling ontvang is. Die Profeet het dit aangedui as ’n openbaring oor die priesterskap.

1–5, Die Nuwe Jerusalem en die tempel sal gebou word in Missouri; 6–17, Die lyn van die priesterskap vanaf Moses tot Adam word gegee; 18–25, Die groter priesterskap hou die sleutel van die kennis aangaande God; 26–32, Die mindere priesterskap hou die sleutel van die bediening van engele en van die voorbereidende evangelie; 33–44, Die mens ontvang die ewige lewe deur die eed en verbond van die priesterskap; 45–53, Die gees van Christus verlig die mens en die wêreld lê in sonde; 54–61, Die Heiliges moet getuig van daardie dinge wat hulle ontvang het; 62–76, Hulle moet die evangelie predik en tekens sal volg; 77–91, Ouderlinge moet uitgaan sonder beurs of reissak en die Here sal sorg vir hulle behoeftes; 92–97, Plae en vervloekings wag vir diegene wat die evangelie verwerp; 98–102, Die nuwe lied van die verlossing van Sion word gegee; 103–110, Laat elkeen staan in sy eie amp en arbei in sy eie roeping; 111–120, Die Here se diensknegte moet die gruwel van verwoestings in die laaste dae verkondig.

1 ’n Openbaring van Jesus Christus aan sy dienskneg Joseph Smith, Jr., en ses ouderlinge, terwyl hulle hul harte verenig en hulle stemme omhoog averhef het.

2 Ja, die woord van die Here aangaande sy kerk, gevestig in die laaste dae vir die aherstelling van sy volk, soos hy gespreek het by monde van sy bprofete, en vir die versameling van sy cheiliges om op dBerg Sion te staan, wat die stad van die eNuwe Jerusalem sal wees.

3 Welke stad gebou sal word, beginnende by die atempelperseel, wat aangewys is deur die vinger van die Here, op die westelike grense van die Staat Missouri, en toegewy deur die hand van Joseph Smith, Jr., en andere in wie die Here ’n welbehae gehad het.

4 Voorwaar, dit is die woord van die Here, dat die stad aNuwe Jerusalem gebou sal word deur die versameling van die heiliges, beginnende by hierdie plek, naamlik die plek van die btempel, welke tempel opgerig sal word in hierdie geslag.

5 Want voorwaar, hierdie geslag sal nie algeheel verbygaan totdat ’n huis tot die Here gebou sal word nie, en ’n wolk daarop sal rus, welke wolk die aheerlikheid van die Here sal wees, wat die huis sal vul.

6 En die seuns van Moses, volgens die Heilige Priesterskap wat hy ontvang het onder die ahand van sy skoonvader, bJetro;

7 En Jetro het dit ontvang onder die hand van Kaleb;

8 En Kaleb het dit ontvang onder die hand van Elíhu;

9 En Elíhu onder die hand van Jeremia;

10 En Jeremia onder die hand van Gad;

11 En Gad onder die hand van Esaias;

12 En Esaias het dit ontvang onder die hand van God;

13 Esaias het ook geleef in die dae van Abraham en is deur hom geseën—

14 Welke aAbraham die priesterskap ontvang het van bMelgisédek, wat dit ontvang het deur die geslagslyn van sy vaders, tot by cNoag;

15 En van Noag tot aHenog, deur die geslagslyn van hul vaders;

16 En van Henog tot aAbel, wat gedood is deur die bsameswering van sy broer, wat die priesterskap contvang het deur die gebooie van God, deur die hand van sy vader dAdam, wat die eerste mens was—

17 Welke apriesterskap voortduur in die kerk van God in alle geslagte, en sonder begin van dae of einde van jare is.

18 En die Here het ook ’n apriesterskap bevestig op bAäron en sy saad, deur al hulle geslagte, welke priesterskap ook voortduur en cbly vir ewig met die priesterskap wat volgens die heiligste orde van God is.

19 En hierdie groter priesterskap bedien die evangelie en hou die sleutel van die averborgenhede van die koninkryk, naamlik die sleutel van die bkennis aangaande God.

20 Daarom, in die aordinansies daarvan word die mag van goddelikheid geopenbaar.

21 En sonder die ordinansies daarvan en die agesag van die priesterskap, word die mag van goddelikheid nie geopenbaar aan die mens in die vlees nie.

22 Want daarsonder kan geen amens die aangesig van God sien, en wel die Vader, en lewe nie.

23 Nou, dit het aMoses duidelik aan die kinders van Israel in die wildernis geleer, en ywerig gesoek om sy volk te bheilig sodat hulle die aangesig van God mag caanskou.

24 Maar hulle het hul harte averhard en kon nie sy teenwoordigheid verdra nie; daarom het die Here in sy btoorn, want sy toorn was ontvlam teen hulle, gesweer dat hulle nie sy rus sou cbinnegaan terwyl in die wildernis nie, welke rus die volheid van sy heerlikheid is.

25 Daarom, hy het aMoses uit hulle midde geneem en die Heilige bPriesterskap ook;

26 En die mindere apriesterskap het voortgeduur, welke priesterskap die bsleutel hou van die cbediening van engele en die voorbereidende evangelie.

27 Welke evangelie die evangelie van abekering en van die bdoop is, en die cvergifnis van sondes, en die dwet van evleeslike gebooie, wat die Here in sy toorn laat voortduur het met die huis van Aäron onder die kinders van Israel tot fJohannes, wat God opgerig het, gvervul met die Heilige Gees van die skoot van sy moeder af.

28 Want hy is gedoop terwyl hy nog in sy kinderdae was, en is geordineer deur die engel van God tot hierdie mag op die tydstip toe hy agt dae oud was, om die koninkryk van die Jode omver te werp, en om die weg van die Here reguit te amaak voor die aangesig van sy volk, om hulle voor te berei vir die koms van die Here, in wie se hand balle mag gegee word.

29 En verder, die ampte van ouderling en biskop is noodsaaklike aaanhangsels wat behoort tot die hoëpriesterskap.

30 En verder, die ampte van leraar en diaken is noodsaaklike aanhangsels tot die mindere priesterskap, welke priesterskap bevestig is op Aäron en sy seuns.

31 Daarom, soos Ek gesê het aangaande die seuns van Moses—want die seuns van Moses en ook die seuns van Aäron sal ’n aanvaarbare aofferande bring en offer in die huis van die Here, welke huis gebou sal word tot die Here in hierdie geslag, op die toegewyde bplek wat Ek aangewys het—

32 En die seuns van Moses en van Aäron sal vervul word met die aheerlikheid van die Here, op bBerg Sion in die huis van die Here, wie se seuns julle is; en ook vele wat Ek geroep en uitgestuur het om my ckerk op te bou.

33 Want wie ook al agetrou is tot die verkryging van hierdie twee bpriesterskappe waarvan Ek gespreek het, en die verheerliking van hulle roeping, word cgeheilig deur die Gees tot die vernuwing van hulle liggame.

34 Hulle word die seuns van Moses en Aäron en die asaad van bAbraham, en die kerk en koninkryk, en die cuitverkorenes van God.

35 En ook al diegene wat hierdie priesterskap ontvang, ontvang My, sê die Here;

36 Want hy wat my diensknegte ontvang, aontvang My;

37 En hy wat My aontvang, ontvang my Vader;

38 En hy wat my Vader ontvang, ontvang my Vader se koninkryk; daarom, aalles wat my Vader het, sal aan hom gegee word.

39 En dit is ooreenkomstig die aeed en verbond wat behoort tot die priesterskap.

40 Daarom, al diegene wat die priesterskap ontvang, ontvang hierdie eed en verbond van my Vader, wat Hy nie kan verbreek nie, nóg kan dit beweeg word.

41 Maar wie ook al hierdie verbond averbreek nadat hy dit ontvang het, en heeltemal wegdraai daarvan, sal bnie vergifnis van sondes hê in hierdie wêreld nie nóg in die toekomende wêreld.

42 En wee al diegene wat nie na hierdie priesterskap kom wat julle ontvang het nie, wat Ek nou op julle bevestig wat hierdie dag teenwoordig is, deur my eie stem uit die hemele; en Ek het selfs die hemelse leërskare en my aengele opdrag gegee aangaande julle.

43 En nou gee Ek aan julle ’n gebod om oor julleself te waak, om ywerig aaandag te gee aan die woorde van die ewige lewe.

44 Want julle sal alewe volgens elke woord wat uitgaan uit die mond van God.

45 Want die awoord van die Here is waarheid, en wat ook al bwaarheid is, is lig, en wat ook al lig is, is Gees, naamlik die Gees van Jesus Christus.

46 En die Gees gee alig aan belkeen wat die wêreld binnekom; en die Gees verlig elkeen regdeur die wêreld wat ag slaan op die stem van die Gees.

47 En elkeen wat ag slaan op die stem van die Gees kom na God, en wel die Vader.

48 En die Vader aleer hom van die bverbond wat Hy hernu en bevestig het op julle, wat op julle bevestig is om julle onthalwe, en nie net om julle onthalwe nie, maar om die onthalwe van die hele wêreld.

49 En die hele awêreld lê in sonde, en kreun onder bduisternis en onder die slawerny van sonde.

50 En hierdeur mag julle weet hulle is onder die aslawerny van bsonde, want hulle kom nie na My nie.

51 Want wie ook al nie na My kom nie, is onder die slawerny van sonde.

52 En wie ook al nie my woord ontvang nie is nie bekend met amy stem nie, en is nie van My nie.

53 En hierdeur mag julle die regverdiges van die bose onderskei, en dat die hele awêreld bkreun onder csonde en duisternis, selfs nou.

54 En julle verstand was in die verlede verduister vanweë aongeloof, en omdat julle die dinge wat julle ontvang het ligtelik opgeneem het—

55 Welke aydelheid en ongeloof die hele kerk onder veroordeling gebring het.

56 En hierdie veroordeling rus op die kinders van Sion, en wel almal.

57 En hulle sal onder hierdie veroordeling bly tot hulle bekeer en die nuwe averbond onthou, naamlik die bBoek van Mormon en die cvorige gebooie wat Ek hulle gegee het, nie net om te sê nie, maar om te dhandel volgens dit wat Ek geskryf het—

58 Sodat hulle vrugte mag dra wat geskik is vir hulle Vader se koninkryk; anders bly daar ’n gésel en ’n oordeel wat uitgestort sal word oor die kinders van Sion.

59 Want sal die kinders van die koninkryk my heilige land besoedel? Voorwaar, Ek sê vir julle, Nee.

60 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle wat nou my awoorde hoor, wat my stem is, geseënd is julle in soverre julle hierdie dinge ontvang.

61 Want Ek sal julle jul sondes avergewe met hierdie gebod—dat julle standvastig mag bly in julle verstand, in berns en in die gees van gebed, in die lewering van getuienis aan die hele wêreld van daardie dinge wat aan julle meegedeel word.

62 Daarom, agaan julle na die hele wêreld; en in welke plek julle nie kan gaan nie, sal julle stuur, sodat die getuienis van julle mag gaan na die hele wêreld na elke skepsel.

63 En soos Ek gesê het vir my apostels, net so sê Ek vir julle, want julle is my aapostels, naamlik God se hoëpriesters; julle is hulle wat die Vader My bgegee het; julle is my cvriende;

64 Daarom, soos Ek vir my apostels gesê het, sê Ek weer vir julle, dat elke asiel wat bglo in julle woorde, en gedoop word deur water vir die cvergifnis van sondes, sal die dHeilige Gees ontvang.

65 En hierdie atekens sal hulle volg wat glo—

66 In my Naam sal hulle vele wonderlike awerke doen;

67 In my aNaam sal hulle duiwels uitwerp;

68 In my Naam sal hulle die siekes agenees;

69 In my Naam sal hulle die oë van die blindes open, en die ore van die dowes ontsluit;

70 En die tong van die stomme sal spreek;

71 En indien enigeen agif aan hulle sal toedien, sal dit hulle nie skaad nie.

72 En die gif van ’n slang sal nie mag hê om hulle kwaad te doen nie.

73 Maar ’n gebod gee Ek aan hulle, dat hulle nie in hulleself sal aroem op hierdie dinge nie, nóg van hulle spreek voor die wêreld; want hierdie dinge word vir julle gegee tot julle voordeel en vir heil.

74 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, hulle wat nie in julle woorde glo nie, en nie agedoop word in water in my Naam nie vir die vergifnis van sondes sodat hulle die Heilige Gees mag ontvang, sal bverdoem word, en sal nie inkom in my Vader se koninkryk waar my Vader en Ek is nie.

75 En hierdie openbaring aan julle, en gebod, is van krag van hierdie selfde uur op die hele wêreld, en die evangelie is vir almal wat dit nie ontvang het nie.

76 Maar, voorwaar Ek sê vir al diegene aan wie die koninkryk gegee is—van julle moet dit aan hulle gepreek word, dat hulle sal bekeer van hulle vroeëre bose dade; want hulle moet berispe word vanweë hulle bose harte van ongeloof, en julle broers in Sion vanweë hulle rebellie teen julle op die tydstip wat Ek julle gestuur het.

77 En verder sê Ek vir julle my vriende, want van nou af sal Ek julle vriende noem, dit is raadsaam dat Ek aan julle hierdie gebod gee, sodat julle word soos my vriende in die dae toe Ek met hulle was, reisende om die evangelie te preek in my mag;

78 Want Ek het hulle nie toegelaat om abeurs of reissak te hê nie, nóg twee kledingstukke.

79 Kyk, Ek stuur julle uit om die wêreld te beproef, en die arbeider is sy aloon werd.

80 En enigeen wat sal gaan en hierdie aevangelie oor die koninkryk bpreek, en nie faal om getrou te wees in alle dinge nie, sal nie vermoeid wees in verstand nie, nóg verduister word, nóg in liggaam, nóg ledemaat, nóg gewrig; en ’n chaar van sy hoof sal nie ongemerk op die grond val nie. En hulle sal nie honger wees nie, nóg dors.

81 Daarom, adink julle nie oor môre nie, wat julle sal eet, of wat julle sal drink, of waarmee julle gekleed sal wees nie.

82 Want, aanskou die lelies van die veld, hoe hulle groei, hulle arbei nie, nóg spin hulle; en die koninkryke van die wêreld, in al hulle heerlikheid, is nie geklee soos een van hierdie nie.

83 Want julle aVader, wat in die hemel is, bweet dat julle al hierdie dinge nodig het.

84 Daarom, laat môre hom abekommer oor sy eie dinge.

85 Moenie julle vooraf kwel oor awat julle sal sê nie; maar bbewaar voortdurend in julle verstand die woorde van die lewe, en dit sal aan julle cgegee word in daardie uur daardie gedeelte wat aan elkeen uitgemeet word.

86 Daarom, laat niemand onder julle, want hierdie gebod is aan al die agetroues wat geroep word deur God in die kerk na die bediening, van hierdie uur af, beurs of reissak neem nie, wat uitgaan om hierdie evangelie oor die koninkryk te verkondig.

87 Kyk, Ek astuur julle uit om die wêreld te bestraf oor al hulle onregverdige dade, en om hulle te leer van ’n oordeel wat sal kom.

88 En wie julle ook al aontvang, daar sal Ek ook wees, want Ek sal uitgaan voor julle aangesig. Ek sal aan julle regter- en aan julle linkerhand wees, en my Gees sal in julle harte wees, en my bengele rondom julle, om julle te versterk.

89 Wie ook al julle ontvang, ontvang My; en hulle sal julle voed, en julle klee, en aan julle geld gee.

90 En hy wat julle voed, of julle klee, of julle geld gee, sal geensins sy loon averloor nie.

91 En hy wat nie hierdie dinge doen nie, is nie my dissipel nie; hierdeur mag julle amy dissipels ken.

92 Hy wat julle nie ontvang nie, gaan self alleen weg van hom, en areinig julle voete, en wel met water, suiwer water, hetsy in hitte of koue, en lewer getuienis daarvan aan julle Vader wat in die hemel is, en keer nie weer terug na daardie mens nie.

93 En in welke dorp of stad julle binnegaan, doen dieselfde.

94 Nietemin, soek ywerig en hou nie terug nie; en wee daardie huis, of daardie dorp of stad wat julle verwerp, of julle woorde, of julle getuienis aangaande My.

95 Wee, sê Ek weer, aan daardie huis, of daardie dorp of stad wat julle verwerp of julle woorde, of julle getuienis van My.

96 Want Ek, die aAlmagtige, het my hande op die nasies gelê om hulle te bgésel vanweë hulle cboosheid.

97 En plae sal uitgaan, en hulle sal nie van die aarde geneem word totdat Ek my werk voltooi het nie, wat averkort sal word in regverdigheid—

98 Totdat almal My sal ken, wat oorbly, en wel van die geringste tot die grootste, en sal gevul word met die kennis van die Here, en sal van oog tot oog asien, en sal hulle stem verhef, en met die stem tesame sal hulle hierdie nuwe lied bsing, en sê:

99 Die Here het weer Sion gebring;Die Here het sy volk averlos, bIsrael,Ooreenkomstig die cverkiesing van dgenade,Wat teweeggebring is deur die geloofEn everbond van hulle vaders.

100 Die Here het sy volk verlos;En Satan is agebind en tyd is nie meer nie.Die Here het alle dinge in been versamel.Die Here het cSion van bo neergebring.Die Here het Sion na bo dgebring van benede.

101 Die aaarde was in barensnood en het haar krag voortgebring;En waarheid is gevestig in haar binneste;En die hemele het teenoor haar geglimlag;En sy is beklee met die bheerlikheid van haar God;Want Hy staan in die midde van sy volk.

102 Heerlikheid, en eer, en krag en mag,Word toegeskryf aan ons God; want Hy is vol abarmhartigheid,Geregtigheid, genade en waarheid, en bvrede,Vir ewig en ewig, Amen.

103 En verder, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, dit is raadsaam dat elkeen wat uitgaan om my ewigdurende evangelie te verkondig, dat in soverre hulle families het, en geld ontvang as ’n geskenk, dat hulle dit moet stuur aan hulle of daarvan gebruikmaak tot hul voordeel, soos die Here hulle sal lei, want so ag Ek dit goed.

104 En laat al diegene wat nie families het nie, wat ageld ontvang, dit opstuur na die biskop in Sion, of na die biskop in Ohio, sodat dit toegewy mag word vir die voortbring van die openbarings en die druk daarvan, en vir die vestiging van Sion.

105 En indien enigeen vir julle ’n jas, of ’n pak klere sal gee, neem die oue en werp dit na die aarmes, en gaan op jou pad met blydskap.

106 En indien enigeen onder julle sterk is in die Gees, laat hy hóm asaam met hom neem wat swak is sodat hy opgebou mag word in alle bsagmoedigheid, sodat hy ook sterk mag word.

107 Daarom, neem diegene saam met julle wat geordineer is tot die amindere priesterskap, en stuur hulle uit voor julle om afsprake te maak, en om die weg te berei, en om afsprake na te kom wat julleself nie kan nakom nie.

108 Kyk, dit is die wyse waarop my apostels, in antieke dae, my kerk opgebou het vir My.

109 Daarom, laat elke man staan in sy eie amp, en arbei in sy eie roeping; en laat nie die hoof aan die voete sê dit het nie die voete nodig nie; want hoe sal die liggaam in staat wees om te staan sonder die voete?

110 Ook het die liggaam elke alid nodig, sodat almal saam opgebou kan word, sodat die gestel volmaak gehou mag word.

111 En kyk, die ahoëpriesters moet reis, en ook die ouderlinge, en ook die mindere bpriesters; maar die cdiakens en dleraars moet aangestel word om te ewaak oor die kerk, om staande dienaars vir die kerk te wees.

112 En die biskop, Newel K. Whitney, moet ook rondomheen reis en onder al die kerke, soekende na die armes om in hulle behoeftes te avoorsien deur die rykes en die hoogmoediges te bverootmoedig.

113 Hy moet ook ’n aagent aanstel om oor te neem en om sy wêreldse sake te verrig soos hy sal aandui.

114 Nietemin, laat die biskop na die stad New York gaan, ook na die stad Albany, en ook na die stad Boston, en die mense van daardie stede waarsku met die klank van die evangelie, met ’n luide stem, van die averwoesting en volslae vernietiging wat vir hulle wag indien hulle hierdie dinge verwerp.

115 Want as hulle hierdie dinge verwerp, is die uur van hulle oordeel naby, en hulle huis sal vir hulle awoes gelaat word.

116 Laat hom avertrou in My en hy sal nie bverwar word nie; en ’n chaar van sy hoof sal nie ongemerk op die grond val nie.

117 En voorwaar Ek sê vir julle, die res van my diensknegte, gaan julle uit soos julle omstandighede sal toelaat, in julle onderskeie roepings, na die groot en belangrike stede en dorpe, en vermaan die wêreld in regverdigheid van al hul ongeregtige en goddelose dade, en sit duidelik en verstaanbaar die verlatenheid van gruwel in die laaste dae uiteen.

118 Want, met julle, sê die Here Almagtig, sal Ek hulle koninkryke averskeur; Ek sal nie slegs die aarde bskud nie, maar die sterrehemele sal bewe.

119 Want Ek, die Here, het my hand uitgestrek om die magte van die hemel uit te oefen; julle kan dit nie nou sien nie, nog ’n klein tydjie en julle sal dit sien, en weet dat Ek is, en dat Ek sal akom en bheers met my volk.

120 Ek is aAlfa en Omega, die begin en die einde. Amen.