Skrifture
Leer en Verbonde 82


Afdeling 82

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet, te Independence, Jackson-distrik, Missouri, 26 April 1832. Die geleentheid was ’n raad van hoëpriesters en ouderlinge van die Kerk. Tydens die raad is Joseph Smith onderskraag as die President van die Hoëpriesterskap, tot welke amp hy voorheen geordineer is tydens ’n konferensie van hoëpriesters, ouderlinge, en lede, te Amherst, Ohio, 25 Januarie 1832 (sien die opskrif van afdeling 75). Hierdie openbaring herhaal die opdragte gegee in ’n vroeëre openbaring (afdeling 78) om ’n maatskappy te vestig—bekend as die Verenigde Maatskappy (onder Joseph Smith se leiding, het die term “orde” later “maatskappy” vervang)—om die Kerk se handels- en drukkery belange te reguleer.

1–4, Waar veel gegee is, word veel vereis; 5–7, Duisternis heers in die wêreld; 8–13, Die Here is gebonde wanneer ons doen wat Hy sê; 14–18, Sion moet toeneem in skoonheid en heiligheid; 19–24, Elkeen moet die belange van sy naaste nastreef.

1 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, my diensknegte, dat in soverre julle mekaar jul oortredings avergewe het, net so vergewe Ek, die Here, julle.

2 Nietemin, daar is diegene onder julle wat uitermate gesondig het; ja, en wel aalmal van julle het gesondig; maar voorwaar Ek sê vir julle, wees op jou hoede van nou af, en weerhou van sonde, sodat sware oordele nie op julle hoofde val nie.

3 Want van hom aan wie aveel gegee is, word veel bvereis en hy wat csondig teen die groter dlig, sal die groter veroordeling ontvang.

4 Julle roep my Naam aan vir aopenbarings, en Ek gee hulle aan julle, en in soverre julle nie my woorde gehoorsaam wat Ek aan julle gee nie, word julle oortreders; en bgeregtigheid en oordeel is die straf wat gekoppel is aan my wet.

5 Daarom, wat Ek aan een sê, sê Ek aan almal: aWaak, want die bteenstander versprei sy heerskappye, en die cduisternis heers;

6 En die toorn van God is ontvlam teen die inwoners van die aarde; en niemand doen goed nie, want almal het van die aweg afgewyk.

7 En nou, voorwaar, Ek sê vir julle, Ek, die Here, sal nie enige asonde aan julle toereken nie; gaan julle weë en sondig nie meer nie; maar tot die siel wat sondig sal die bvorige sondes terugkeer, sê die Here julle God.

8 En verder, Ek sê vir julle, Ek gee aan julle ’n anuwe gebod, sodat julle my wil aangaande julle mag begryp;

9 Of, met ander woorde, Ek gee aan julle aanwysings oor hoe julle mag aoptree voor My, sodat dit tot julle voordeel mag strek vir jul heil.

10 Ek, die Here, is agebonde wanneer julle doen wat Ek sê; maar wanneer julle nie doen wat Ek sê nie, het julle geen belofte nie.

11 Daarom, voorwaar Ek sê vir julle, dat dit raadsaam is vir my diensknegte Edward Partridge en Newel K. Whitney, A. Sidney Gilbert en Sidney Rigdon, en my dienskneg Joseph Smith, en John Whitmer en Oliver Cowdery, en W.W. Phelps en Martin Harris om asaamgebind te wees deur ’n band en ’n verbond wat nie verbreek kan word deur oortreding nie, behalwe dat oordeel onmiddellik sal volg, in julle onderskeie rentmeesterskappe—

12 Om die sake van die armes te beheer, en alle dinge betreffende die bisdom beide in die land Sion en in die land Kirtland;

13 Want Ek het die land Kirtland toegewy in my eie bepaalde tyd tot die voordeel van die heiliges van die Allerhoogste, en as ’n apen van Sion.

14 Want Sion moet toeneem in skoonheid, en in heiligheid; haar grense moet vergroot word; haar penne moet versterk word; ja, voorwaar Ek sê vir julle, aSion moet opstaan en haar bmooi klere aantrek.

15 Daarom, Ek gee aan julle hierdie gebod, dat julle julself bind deur hierdie verbond, en dit sal gedoen word volgens die wette van die Here.

16 Kyk, hier is wysheid ook in My tot julle voordeel.

17 En julle moet agelyk wees. of met ander woorde, julle moet gelyke aanspraak hê op die besittings, tot die voordeel om die sake van julle rentmeesterskappe te beheer, elkeen volgens sy behoeftes en node, in soverre sy behoeftes regverdig is—

18 En dit alles tot die voordeel van die kerk van die lewende God, sodat elkeen sy atalent mag verbeter, sodat elkeen ander talente mag verkry, ja, selfs ’n honderdvoudig, om in die Here se bvoorraadskuur geplaas te word, om gemeenskaplike besit te word van die hele kerk—

19 Elkeen moet die belange soek van sy naaste, en om alle dinge te doen met ’n aoog enkel gerig op die heerlikheid van God.

20 Hierdie aorde het Ek aangestel om ’n ewigdurende orde te wees vir julle, en vir julle opvolgers, in soverre julle nie sondig nie.

21 En die siel wat sondig teen hierdie verbond, en sy hart verhard daarteen, sal mee gehandel word volgens die wette van my kerk, en sal oorgelewer word aan die ateisterings van Satan tot die dag van verlossing.

22 En nou, voorwaar Ek sê vir julle, en dit is wysheid, maak vir julleself vriende met die mammon van ongeregtigheid, en hulle sal julle nie vernietig nie.

23 Laat oordeel slegs aan My oor, want dit is myne en Ek sal avergeld. Vrede vir julle; my seëninge sal met julle voortduur.

24 Want ja, die akoninkryk behoort nog steeds aan julle, en sal wees vir ewig, mits julle nie afval van julle standvastigheid nie. Dit is so. Amen.