Skrifture
Leer en Verbonde 76


Afdeling 76

’n Visioen gegee aan Joseph Smith die Profeet en Sidney Rigdon, te Hiram, Ohio, 16 Februarie 1832. As voorwoord tot die verslag van hierdie visioen, verklaar Joseph Smith se geskiedenis: “By my terugkeer van die Amherst-konferensie, het ek voortgegaan met die vertaling van die Skrifture. Uit verskeie openbarings wat ontvang is, was dit duidelik dat vele belangrike punte rakende die heil van die mens uit die Bybel geneem is, of verlore geraak het voor dit saamgestel is. Dit was duidelik uit die waarhede wat oorgebly het, dat indien God elkeen vergoed het ooreenkomstig die dade verrig in die liggaam, die term ‘Hemel,’ met verwysing na die Heiliges se ewige tuiste, meer as een koninkryk moet insluit. In opvolging daarvan, … terwyl ons die Evangelie van Johannes vertaal het, het ek en Ouderling Rigdon die volgende visioen gesien.” Hierdie visioen is gegee gedurende die tyd wat die Profeet Johannes 5:29 vertaal het.

1–4, Die Here is God; 5–10, Die verborgenhede van die koninkryk sal geopenbaar word aan al die getroues; 11–17, Almal sal te voorskyn kom in die opstanding van die regverdiges of die onregverdiges; 18–24, Die inwoners van vele wêrelde is gebore seuns en dogters van God deur die Versoening van Jesus Christus; 25–29, ’n Engel van God het geval en het die duiwel geword; 30–49, Seuns van die verderf ly ewige verdoemenis; alle ander verkry ’n mate van heil; 50–70, Die heerlikheid en beloning van verheerlikte wesens in die selestiale koninkryk word beskryf; 71–80, Diegene wat die terrestriale koninkryk sal beërwe word beskryf; 81–113, Die status van diegene in die telestiale, terrestriale, en selestiale heerlikhede word verduidelik; 114–119, Die getroues mag die verborgenhede van God se koninkryk sien en begryp deur die mag van die Heilige Gees.

1 aHoor, o julle hemele, en neig die oor, o aarde, en verbly julle jul inwoners daarvan, want die Here is bGod en buiten Hom is daar cgeen dSaligmaker nie.

2 aGroot is sy wysheid, bwonderbaarlik is sy weë, en die omvang van sy dade kan niemand bepaal nie.

3 Sy adoeleindes faal nie, nóg is daar enigeen wat sy hand kan keer.

4 Van ewigheid tot ewigheid is Hy adieselfde, en sy jare bfaal nooit.

5 Want so sê die Here—Ek, die Here, is abarmhartig en goedertierend teenoor diegene wat My bvrees, en skep behae daarin om diegene te eer wat My cdien in regverdigheid en in waarheid tot die einde.

6 Groot sal hulle beloning wees en ewig sal hul aheerlikheid wees.

7 En aan hulle sal Ek alle averborgenhede bopenbaar, ja al die bedekte verborgenhede van my koninkryk van dae van ouds, en vir die eeue wat kom, sal Ek aan hulle al die goeie welbehae van my wil aangaande alle dinge rakende my koninkryk bekendmaak.

8 Ja, selfs die wonders van die ewigheid sal hulle ken, en dinge wat moet kom sal Ek hulle toon, selfs die dinge van vele geslagte.

9 En hulle awysheid sal groot wees, en hulle bbegrip strek tot die hemel; en voor hulle sal die wysheid van die wyses cvergaan, en die begrip van die verstandiges sal tot niet gaan.

10 Want deur my aGees sal Ek hulle bverlig, en deur my cmag sal Ek aan hulle die verborgenhede van my wil bekendmaak—ja, selfs daardie dinge wat die doog nie gesien het nie, nóg die oor gehoor het, en nog nie die hart van die mens binnegedring het nie.

11 Ons, Joseph Smith, Jr., en Sidney Rigdon, was ain die Gees op die sestiende dag van Februarie, in die jaar van ons Here een duisend agt honderd twee en dertig—

12 Deur die mag van die aGees is ons b geopen en ons verstand verlig, om die dinge van God te sien en te verstaan.

13 En wel daardie dinge wat was vanaf die begin voor die wêreld was, wat geordineer is deur die Vader, deur sy Eniggebore Seun, wat in die boesem van die Vader was, ja vanaf die abegin;

14 Van wie ons getuienis lewer; en die verslag wat ons lewer is die volheid van die evangelie van Jesus Christus, wat die Seun is wat ons gesien het en met wie ons agespreek het in die hemelse bvisioen.

15 Want terwyl ons besig was om die avertaalwerk te doen, waartoe die Here ons aangestel het, het ons gekom by die nege en twintigste vers van die vyfde hoofstuk van Johannes, wat as volg aan ons gegee is—

16 Sprekende van die opstanding van die dode, aangaande diegene wat die stem van die aSeun van die Mens sal bhoor:

17 En sal te voorskyn kom; hulle wat agoed gedoen het, tot die bopstanding van die cregverdiges; en hulle wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die onregverdiges.

18 Nou het dit ons laat wonder, want dit is aan ons gegee deur die Gees.

19 En terwyl ons abepeins het oor hierdie dinge, het die Here die oë van ons verstand aangeraak en hulle is geopen, en die heerlikheid van die Here het rondom geskyn.

20 En ons het die aheerlikheid van die Seun aanskou, aan die bregterhand van die cVader, en van sy volheid ontvang;

21 En het die heilige aengele gesien, en hulle wat bgeheilig is voor sy troon, wat God aanbid, en die Lam, wat hom vir ewig en ewig caanbid.

22 En nou, na die vele getuienisse wat van Hom gegee is, dit is die agetuienis, laaste van almal, wat ons van Hom gee: Dat Hy bleef!

23 Want ons het Hom agesien, en wel aan die regterhand van bGod: en ons het die stem gehoor wat getuienis lewer dat Hy die cEniggeborene van die Vader is—

24 Dat deur aHom, en deur middel van Hom, en van Hom die bwêrelde geskape word en was, en die inwoners daarvan is gebore cseuns en dogters vir God.

25 En dit het ons ook gesien, en lewer getuienis dat ’n aengel van God wat gesag gehad het in die teenwoordigheid van God, wat gerebelleer het teen die Eniggebore Seun vir wie die Vader liefgehad het en wat in die boesem van die Vader was, neergewerp is vanuit die teenwoordigheid van God en die Seun,

26 En is Verderf genoem, want die hemele het geween oor hom—hy was aLucifer, ’n seun van die daeraad.

27 En ons het aanskou, en sien, hy is agevalle! Is gevalle, ja ’n seun van die daeraad!

28 En terwyl ons nog in die Gees was, het die Here ons gebied dat ons die visioen moes neerskryf; want ons het Satan aanskou, daardie ou aslang, naamlik die bduiwel, wat cgerebelleer het teen God, en gesoek het om die koninkryk van ons God en sy Christus te neem—

29 Daarom, hy voer aoorlog teen die heiliges van God, en omsingel hulle rondomheen.

30 En ons het ’n visioen gesien van die lyding van diegene teen wie hy oorlog gevoer en oorwin het, want aldus het die stem van die Here na ons gekom:

31 So sê die Here, aangaande al diegene wat my mag ken, en deelgenote gemaak is daarvan, en toegelaat het dat hulle aoorwin word deur die mag van die duiwel, en om die waarheid te verloën en my mag te minag—

32 Hulle is dié wat die aseuns van die bverderf is, van wie Ek sê dat dit beter vir hulle sou gewees het as hulle nooit gebore was nie;

33 Want hulle is vate van toorn, verdoem om die toorn van God te ly, met die duiwel en al sy engele in ewigheid;

34 Aangaande wie Ek gesê het daar geen avergifnis in hierdie wêreld is nie, nóg in die toekomende wêreld—

35 Want hulle het die Heilige Gees averloën na dit ontvang is, en die Eniggebore Seun van die Vader verloën het, en Hom tot hulself bgekruisig het en Hom openlik beskaam het.

36 Dit is hulle wat sal weggaan in die apoel van vuur en swael, saam met die duiwel en sy engele—

37 En die enigstes oor wie die tweede adood enige mag sal hê;

38 Ja, voorwaar, die aenigstes wat nie verlos sal word in die bepaalde tyd van die Here nie, na die lyding van sy toorn.

39 Want al die res sal avoortgebring word deur die bopstanding van die dode, deur die triomf en die heerlikheid van die cLam, wat geslag is, wat in die boesem was van die Vader voordat die wêrelde geskape is.

40 En dit is die aevangelie, die blye tydings, wat die stem vanuit die hemele getuienis gelewer het aan ons—

41 Dat Hy in die wêreld ingekom het, naamlik Jesus, om agekruisig te word vir die wêreld, en om die sondes te bdra van die cwêreld, en om die wêreld te dheilig, en om dit te ereinig van alle ongeregtigheid.

42 Dat deur Hom almal agered mag word wat die Vader onder sy mag geplaas het en deur Hom gemaak is;

43 Wat die Vader verheerlik, en al die werke van sy hande red, behalwe daardie seuns van die verderf wat die Seun verloën nadat die Vader Hom geopenbaar het.

44 Daarom, Hy red almal behalwe hulle—hulle sal weggaan na aewigdurende bstraf, wat eindelose straf is, wat ewige straf is, om te heers met die cduiwel en sy engele in ewigheid, waar hulle dwurm nie sterf, en die vuur nie geblus word nie, wat hulle pyniging is—

45 En die aeinde daarvan, nóg die plek daarvan, nóg hulle pyniging, weet geen mens nie;

46 Nóg was dit geopenbaar, nóg is, nóg sal geopenbaar word aan die mens, behalwe aan hulle wat deelgenote daarvan gemaak word;

47 Nietemin, Ek, die Here, toon dit deur ’n visioen aan vele, maar sluit dit weer dadelik;

48 Daarom, die einde, die wydte, die hoogte, die adiepte, en die ellende daarvan, verstaan hulle nie, nóg enige mens, behalwe diegene wat bgeordineer is tot hierdie cveroordeling.

49 En ons het die stem gehoor wat sê: Skryf die visioen neer, want sien, dit is die einde van die visioen van die lyding van die goddelose.

50 En weer lewer ons getuienis—want ons het gesien en gehoor, en dit is die agetuienis van die evangelie van Christus aangaande hulle wat sal voortkom in die bopstanding van die regverdiges—

51 Dit is hulle wat die getuienis van Jesus ontvang het, en ageglo het in sy Naam en bgedoop is volgens die cwyse van sy begrafnis, en dbegrawe is in die water in sy Naam, en dit ooreenkomstig die gebod wat Hy gegee het—

52 Sodat deur die onderhouding van die gebooie hulle agewas en bgereinig mag word van al hulle sondes, en die Heilige Gees ontvang deur die oplegging van chande deur hom wat dgeordineer is en verseël is tot hierdie emag;

53 En wat deur geloof oorwin, en averseël word deur die bHeilige Gees van belofte, wat die Vader uitstort oor al diegene wat regverdig en getrou is.

54 Dit is hulle wat die kerk van die aEersgeborene is.

55 Dit is hulle in wie se hande die Vader aalle dinge gegee het—

56 Dit is hulle wat apriesters en konings is, wat ontvang het van sy volheid en van sy heerlikheid;

57 En is apriesters van die Allerhoogste, volgens die orde van Melgisédek, wat volgens die orde van bHenog was, wat volgens die corde van die Eniggebore Seun was.

58 Daarom, soos dit geskryf is, hulle is agode, naamlik die bseuns van cGod

59 Daarom, aalle dinge is hulle s’n, hetsy lewe of dood, of teenwoordige dinge, of toekomende dinge, alles behoort aan hulle en hulle behoort aan Christus, en Christus behoort aan God.

60 En hulle sal alle dinge aoorwin.

61 Daarom, laat niemand aroem in die mens nie, maar laat hom eerder broem in God, wat alle vyande onder sy voete sal conderwerp.

62 Hulle sal awoon in die bteenwoordigheid van God en sy Christus vir ewig en ewig.

63 Dit is ahulle vir wie Hy saam met Hom sal bring wanneer Hy sal bkom in die wolke van die hemel om op die aarde te cheers oor sy volk.

64 Dit is hulle wat sal deel hê aan die aeerste opstanding.

65 Dit is hulle wat te voorskyn sal kom in die aopstanding van die regverdiges.

66 Dit is hulle wat na aBerg bSion moet kom, en na die stad van die lewende God, die hemelse plek, die heiligste van alles.

67 Dit is hulle wat gekom het na ’n ontelbare skare engele, na die algemene samekoms en die kerk van aHenog, en van die bEersgeborene.

68 Dit is hulle wie se name ageskryf is in die hemel, waar God en Christus die bregter is van almal.

69 Dit is hulle wat aregverdige mense is wat bvervolmaak is deur Jesus, die Middelaar van die cnuwe verbond, wat hierdie volmaakte dversoening teweeggebring het deur die vergieting van sy eie ebloed.

70 Dit is hulle wie se liggame aselestiaal is, wie se bheerlikheid dié van die cson is, naamlik die heerlikheid van God, die hoogste van almal, wie se heerlikheid, die son van die uitspansel, beskryf word as ’n tipe.

71 En verder, ons het die aterrestriale wêreld gesien, en kyk en sien, dit is hulle wat van die terrestriale is, wie se heerlikheid verskil van dit van die kerk van die Eersgeborene wat die volheid ontvang het van die Vader, net soos die bmaan verskil van die son in die uitspansel.

72 Kyk, dit is hulle wat gesterf het asonder die bwet;

73 En ook hulle wat die ageeste is van mense wat in die bgevangenis gehou word, vir wie die Seun besoek het, en die cevangelie aan hulle dgepreek het, sodat hulle geoordeel mag word volgens mense in die vlees;

74 Wat nie die agetuienis van Jesus in die vlees aangeneem het nie, maar dit daarna aangeneem het.

75 Dit is hulle wat die eerbare mense van die aarde is, wat verblind is deur die listigheid van die mens.

76 Dit is hulle wat van sy heerlikheid ontvang, maar nie van sy volheid nie.

77 Dit is hulle wat die teenwoordigheid van die Seun ontvang, maar nie van die volheid van die Vader nie.

78 Daarom, hulle is aterrestriale liggame, en nie selestiale liggame nie, en verskil in heerlikheid soos die maan van die son verskil.

79 Dit is hulle wat nie avasstaan in die getuienis van Jesus nie; daarom verkry hulle nie die kroon oor die koninkryk van ons God nie.

80 En nou, dit is die einde van die visioen wat ons gesien het van die terrestriale, wat die Here ons gebied het om te skryf terwyl ons nog in die gees was.

81 En verder, ons het die heerlikheid van die atelestiale gesien, welke heerlikheid dit van die mindere is, net soos die heerlikheid van die sterre verskil van die heerlikheid van die maan in die uitspansel.

82 Dit is hulle wat nie die evangelie van Christus ontvang het nie, nóg die agetuienis van Jesus.

83 Dit is hulle wat nie die Heilige Gees verloën nie.

84 Dit is hulle wat neergewerp word in die ahel.

85 Dit is hulle wat nie verlos sal word van die aduiwel tot die blaaste opstanding nie, totdat die Here, naamlik Christus die cLam, sy werk sal voltooi nie.

86 Dit is hulle wat nie van sy volheid ontvang in die ewige wêreld nie, maar van die Heilige Gees deur die bediening van die terrestriale;

87 En die terrestriale deur die abediening van die selestiale.

88 En ook, die telestiale ontvang dit deur die bediening van engele wat aangestel is om hulle te dien, of wat aangestel is om dienende geeste te wees vir hulle; want hulle sal erfgename wees van heil.

89 En dus het ons gesien, in die hemelse visioen, die heerlikheid van die telestiale, wat alle begrip oortref;

90 En geen mens weet dit nie, behalwe hom aan wie God dit geopenbaar het.

91 En dus het ons die heerlikheid van die terrestriale gesien wat in alle dinge die heerlikheid van die telestiale oortref, naamlik in heerlikheid, en in mag, en in heerskappy.

92 En dus het ons die heerlikheid van die selestiale gesien, wat in alle dinge oortref—waar God, naamlik die Vader, heers op sy troon vir ewig en ewig;

93 Voor wie se troon alle dinge neerbuig in nederige aeerbied, en hom verheerlik vir ewig en ewig.

94 Hulle wat woon in sy ateenwoordigheid is die kerk van die bEersgeborene; en hulle sien soos hulle gesien word, en ken soos hulle cgeken word, omdat hulle van sy volheid en van sy dgenade ontvang het;

95 En hy maak hulle agelyk in mag, en in krag, en in heerskappy.

96 En die heerlikheid van die selestiale is een, net soos die heerlikheid van die ason een is.

97 En die heerlikheid van die terrestriale is een, net soos die heerlikheid van die maan een is.

98 En die heerlikheid van die telestiale is een, net soos die heerlikheid van die sterre een is; want soos een ster verskil van ’n ander in heerlikheid, net so verskil die een van die ander in heerlikheid in die telestiale wêreld;

99 Want dit is hulle wat van aPaulus is, en van Apollos, en van Céfas.

100 Dit is hulle wat sê hulle is van een en sommiges van ’n ander—sommiges van Christus en sommiges van Johannes, en sommiges van Moses, en sommiges van Elías, en sommiges van Esaias, en sommiges van Jesaja, en sommiges van Henog;

101 Maar nie die evangelie ontvang het nie, nóg die getuienis van Jesus, nóg die profete, nóg die aewigdurende verbond.

102 En uiteindelik, dit is hulle almal wat nie saam met die heiliges aversamel sal word om opgeneem te word in die bkerk van die Eersgeborene, en ontvang te word in die wolk nie.

103 Dit is ahulle wat bleuenaars, en towenaars, en cegbrekers, en hoereerders is, en wie ook al ’n leuen liefhet en lieg.

104 Dit is hulle wat die atoorn van God ly op die aarde.

105 Dit is hulle wat die awraak van die ewige vuur ly.

106 Dit is hulle wat neergewerp is in die ahel en die toorn van bAlmagtige God cly, tot die dvolheid van tye, wanneer Christus alle vyande onder sy voete eonderwerp het, en sy werk sal fvervolmaak het;

107 Wanneer hy die koninkryk sal oorhandig, en dit aan die Vader aanbied, vlekkeloos, en sê: Ek het oorwin en die awynpers alleen bgetrap, naamlik die wynpers van die felheid van die toorn van die Almagtige God.

108 Dan sal Hy gekroon word met die kroon van sy heerlikheid, om te sit op die atroon van sy mag om te heers vir ewig en ewig.

109 Maar kyk, en sien, ons het die heerlikheid en die inwoners van die telestiale wêreld gesien, dat hulle so talryk was soos die sterre in die uitspansel van die hemel, of soos die sand op die seestrand;

110 En die stem van die Here gehoor wat sê: Al hierdie sal die knie buig, en elke tong sal abely aan hom wat op die troon sit vir ewig en ewig.

111 Want hulle sal geoordeel word volgens hulle werke, en elke mens sal volgens sy eie awerke ontvang, sy eie heerskappy, in die bwonings wat voorberei is;

112 En hulle sal diensknegte wees van die Allerhoogste; maar awaar God en Christus bwoon, kan hulle nie kom nie, wêrelde sonder einde.

113 Dit is die einde van die visioen wat ons gesien het, wat ons gebied is om te skryf terwyl ons nog in die Gees was.

114 Maar agroot en wonderbaarlik is die werke van die Here, en die bverborgenhede van sy koninkryk wat Hy aan ons getoon het, wat alle begrip oortref in heerlikheid, en in mag en in heerskappy;

115 Wat Hy ons gebied het ons nie moes skryf terwyl ons nog in die gees was nie, en is nie atoelaatbaar vir die mens om te uiter nie;

116 Nóg is die mens ain staat om hulle bekend te maak, want hulle kan net gesien en bbegryp word deur die mag van die Heilige Gees, wat God skenk aan diegene wat Hom liefhet, en hulleself voor Hom reinig;

117 Aan wie Hy hierdie voorreg gun om vir hulleself te sien en te weet;

118 Dat deur die mag en openbaring van die Gees, terwyl in die vlees, hulle in staat is om sy teenwoordigheid in die wêreld van heerlikheid te verduur.

119 En aan God en die Lam kom heerlikheid toe, en eer, en heerskappy vir ewig en ewig. Amen.