Skrifture
Leer en Verbonde 61


Afdeling 61

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, op die oewer van die Missouri-rivier, McIlwaine se Draai, 12 Augustus 1831. Op hulle terugreis na Kirtland, het die Profeet en tien ouderlinge op die Missouri-rivier in kano’s gereis. Op die derde dag van die reis is vele gevare beleef. Ouderling William W. Phelps, in ’n daglig-visioen, het die vernietiger op die aangesig van die waters in mag gesien ry.

1–12, Die Here het beveel dat vele vernietigings op die waters sal plaasvind; 13–22, Die waters is vervloek deur Johannes, en die vernietiger ry op hul aangesig; 23–29, Sommiges het mag om die waters te gebied; 30–35, Ouderlinge moet twee-twee reis en die evangelie preek; 36–39, Hulle moet voorberei vir die koms van die Seun van die Mens.

1 Kyk, en slaan ag op die stem van Hom wat alle amag het, wat van ewigdurendheid tot ewigdurendheid is, naamlik bAlfa en Omega, die begin en die einde.

2 Kyk, voorwaar so sê die Here vir julle, o julle ouderlinge van my kerk, wat byeengekom het op hierdie plek, wie se sondes julle nou avergewe is, want Ek, die Here, vergewe sondes, en is bbarmhartig teenoor diegene wat hulle sondes cbely met nederige harte;

3 Maar voorwaar Ek sê vir julle dat dit nie noodsaaklik is vir hierdie hele geselskap van my ouderlinge om vinnig op die waters te beweeg nie, terwyl die inwoners aan beide kante vergaan in ongeloof.

4 Nietemin, Ek het dit toegelaat sodat julle getuienis mag lewer; kyk, daar is baie gevare op die waters, en meer veral hierna;

5 Want Ek, die Here, het in my toorn beveel dat vele vernietigings op die waters sal plaasvind; ja, en veral op hierdie waters.

6 Nietemin, alle vlees is in my hand, en hy wat getrou is onder julle, sal nie vergaan deur die waters nie.

7 Daarom, dit is raadsaam dat my dienskneg Sidney Gilbert en my dienskneg aWilliam W. Phelps gou begin met hul opdrag en sending.

8 Nietemin, Ek wou nie toelaat dat julle moes vertrek totdat julle agetugtig was vir al julle sondes nie, dat julle een mag wees, sodat julle nie mag vergaan in bboosheid nie;

9 Maar nou, voorwaar Ek sê, dit is noodsaaklik vir My dat julle moet vertrek. Daarom, laat my diensknegte Sidney Gilbert en William W. Phelps saam met hul vorige geselskap gaan, en laat hulle hul reis gou onderneem sodat hulle hul sending mag vervul, en deur geloof sal hulle oorwin.

10 En in soverre hulle getrou is, sal hulle bewaar word, en Ek, die Here, sal met hulle wees.

11 En laat die oorblyfsel dít neem wat noodsaaklik is vir klere.

12 Laat my dienskneg Sidney Gilbert dít met hom neem wat nie noodsaaklik is nie, soos julle sal ooreenkom.

13 En nou, kyk, vir julle eie aonthalwe het Ek aan julle ’n bgebod gegee aangaande hierdie dinge; en Ek, die Here, sal met julle redeneer soos met mense in die dae van ouds.

14 Kyk, Ek, die Here, het in die begin die awaters geseën; maar in die laaste dae, by monde van my dienskneg Johannes, het Ek die waters bvervloek.

15 Daarom, die dae sal kom dat geen vlees veilig sal wees op die waters nie.

16 En dit sal gesê word in die dae wat kom dat niemand in staat is om op te gaan na die land Sion op die waters nie, behalwe hy wat opreg van hart is.

17 En, soos Ek, die Here, in die begin die land avervloek het, net so het Ek in die laaste dae dit geseën op sy tyd, vir die gebruik van my heiliges, sodat hulle die vettigheid daarvan mag gebruik.

18 En nou gee Ek aan julle ’n gebod dat wat Ek aan een sê, sê Ek aan almal, dat julle jul broers vooraf sal waarsku aangaande hierdie waters, sodat hulle nie al reisende op hulle mag kom nie, ingeval hulle geloof faal en hulle gevang word in strikke;

19 Ek, die Here, het beveel, en die vernietiger ry op die aangesig daarvan, en Ek herroep nie die bevel nie.

20 Ek, die Here, was gister vertoorn op julle, maar vandag is my toorn afgewend.

21 Daarom, laat diegene van wie Ek gespreek het, wat hulle reis inderhaas moet onderneem—weer sê Ek vir julle, laat hulle hul reis gou onderneem.

22 En dit maak nie vir My saak nie, na ’n rukkie nie, indien dit so is dat hulle hul sending vervul, of hulle op water of oor land gaan; laat dit wees soos dit bekendgemaak word aan hulle volgens hulle oordele hierna.

23 En nou, aangaande my diensknegte, Sidney Rigdon, Joseph Smith, Jr., en Oliver Cowdery, moenie hulle weer op die waters laat kom nie, tensy dit op die kanaal is, terwyl hulle reis na hulle huise; of met ander woorde hulle sal nie weer op die waters kom om te reis nie, behalwe op die kanaal.

24 Kyk, Ek, die Here, het ’n weg bepaal vir my heiliges om te reis; en kyk, dit is die weg—dat nadat hulle die kanaal verlaat, sal hulle oor land reis, in soverre hulle gebied word om te reis en op te gaan na die land Sion.

25 En hulle sal soos die kinders van Israel doen, en hulle tente aopslaan langs die pad.

26 En, kyk, hierdie gebod sal julle gee aan al julle broers.

27 Nietemin, aan wie amag gegee is om die waters te gebied, aan hom word dit gegee deur die Gees om al sy weë te ken;

28 Daarom, laat hom doen soos die Gees van die lewende God hom gebied, hetsy op die land of op die waters, so bly dit in My om hierna te doen.

29 En aan julle word die roete gegee vir die heiliges, of die weg vir die heiliges van die kamp van die Here, om te reis.

30 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, my diensknegte Sidney Rigdon, Joseph Smith, Jr., en Oliver Cowdery, sal nie hul monde open in die gemeentes van die bose nie totdat hulle in Cincinnati aankom;

31 En in daardie plek sal hulle hul stemme verhef na God teen daardie mense, ja, tot Hom wie se toorn ontvlam is teen hul boosheid, ’n volk wat byna aryp is vir vernietiging.

32 En vandaar, laat hulle reis na die gemeentes van hul broers, want hul arbeid word nou meer oorvloedig benodig onder hulle as onder die gemeentes van die bose.

33 En nou, betreffende die oorblyfsel, laat hulle reis en die woord averkondig onder die gemeentes van die bose, in soverre dit gegee is;

34 En in soverre hulle dit doen, sal hulle hul kleding areinig, en hulle sal vlekkeloos wees voor My.

35 En laat hulle saam reis, atwee-twee, soos hulle goeddink, maar moenie dat my dienskneg Reynolds Cahoon, en my dienskneg Samuel H. Smith, in wie Ek ’n welbehae het, geskei word totdat hulle terugkeer na hulle huise nie, en dit vir ’n wyse doel in My.

36 En nou, voorwaar Ek sê vir julle, en wat Ek aan een sê, sê Ek aan almal, wees blymoedig, klein akindertjies; want Ek is in julle bmidde, en Ek het julle nie cverlaat nie;

37 En in soverre julle julself verootmoedig het voor My, is die seëninge van die akoninkryk julle s’n.

38 Omgord julle lendene en wees awaaksaam en ernstig, en sien uit na die koms van die Seun van die Mens, want hy kom op ’n uur wat julle nie verwag nie.

39 aBid altyddeur sodat julle nie in die bversoeking kom nie, sodat julle die dag van sy koms mag verdra, hetsy in die lewe of die dood. Dit is so. Amen.