Skrifture
Leer en Verbonde 5


Afdeling 5

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Harmony, Pennsilvanië, Maart 1829, op die versoek van Martin Harris.

1–10, Hierdie geslag sal die Here se woord ontvang deur Joseph Smith; 11–18, Drie getuies sal getuig van die Boek van Mormon; 19–20, Die woord van die Here sal bewaarheid word soos in vroeëre tye; 21–35, Martin Harris mag bekeer en een van die getuies wees.

1 Kyk, Ek sê vir jou, dat aangesien my dienskneg aMartin Harris ’n getuienis verlang deur my hand, dat jy, my dienskneg Joseph Smith, Jr., die bplate het waarvan jy getuienis gelewer het en bevestig het dat jy dit ontvang het van My;

2 En nou, kyk, dit sal jy vir hom sê—Hy wat met jou gespreek het, het vir jou gesê: Ek, die Here, is God, en het hierdie dinge aan jou gegee, my dienskneg, Joseph Smith, Jr., en het jou gebied dat jy moet staan as ’n agetuie van hierdie dinge;

3 En Ek het jou ’n verbond laat sluit met My, dat jy hulle nie sou toon nie, behalwe aan daardie apersone aan wie Ek jou gebied het; en jy het geen bmag oor hulle nie tensy Ek dit aan jou gee.

4 En jy het ’n gawe om die plate te vertaal; en dit is die eerste gawe wat Ek aan jou geskenk het; en Ek het jou gebied dat jy op geen ander gawe aanspraak moet maak totdat my doeleindes hierin vervul is nie, want Ek sal aan jou geen ander gawe gee tot dit voltooi is nie.

5 Voorwaar, Ek sê vir jou, dat ellende sal kom oor die inwoners van die aarde as hulle anie sal ag slaan op my woorde nie;

6 Want hierna sal jy ageordineer word en uitgaan en my bwoorde spreek tot die kinders van mense.

7 Kyk, as hulle nie my woorde wil aglo nie, sou hulle jou nie glo nie, my dienskneg Joseph, al sou dit moontlik wees dat jy hulle al hierdie dinge sou wys wat Ek aan jou toevertrou het.

8 O, hierdie aongelowige en bhardnekkige geslag—my toorn is ontvlam teen hulle.

9 Kyk, voorwaar Ek sê vir jou, Ek het daardie dinge ateruggehou wat Ek aan jou toevertrou het, my dienskneg Joseph, vir ’n wyse doel in My, en dit sal bekendgemaak word aan toekomstige geslagte;

10 Maar hierdie geslag sal my woord ontvang deur jou;

11 En aanvullend tot jou getuienis, die agetuienis van drie van my diensknegte, wat Ek sal roep en ordineer, aan wie Ek hierdie dinge sal wys, en hulle sal uitgaan met my woorde wat gegee word deur jou.

12 Ja, hulle sal vir seker weet dat hierdie dinge waar is, want vanuit die hemel sal Ek dit verklaar aan hulle.

13 Ek sal aan hulle krag gee dat hulle mag kyk en hierdie dinge beskou soos hulle is;

14 En aan aniemand anders sal Ek hierdie krag gee, om hierdie selfde getuienis te ontvang onder hierdie geslag nie, in hierdie die begin van die opkoms en verskyning van my bkerk uit die wildernis—mooi soos die cmaan, en helder soos die son, en verskriklik soos ’n leër met baniere.

15 En die getuienis van drie agetuies sal Ek uitstuur van my woord.

16 En kyk, wie ook al in my woorde aglo, hulle sal Ek bbesoek met die copenbaring van my dGees; en hulle sal egebore word uit My, naamlik uit water en uit die Gees—

17 En julle moet nog ’n rukkie wag, want julle is nog nie ageordineer nie—

18 En hulle getuienis sal ook uitgaan tot die averoordeling van hierdie geslag as hulle hul harte verhard teen hulle;

19 Want ’n verwoestende agésel sal uitgaan onder die inwoners van die aarde en sal voortduur om uitgestort te word van tyd tot tyd, as hulle bnie bekeer nie, totdat die aarde cleeg is, en die inwoners daarvan verteer word en heeltemal vernietig word deur die ligglans van my dkoms.

20 Kyk, Ek vertel jou hierdie dinge, net soos Ek ook die volk avertel het van die vernietiging van Jerusalem; en my bwoord sal bewaarheid word in hierdie tyd soos dit tot dusver bewaarheid is.

21 En nou gebied Ek jou, my dienskneg Joseph, om te bekeer en meer opreg te wandel voor My, en nie meer toe te gee aan die oorredinge van mense nie.

22 En dat jy standvastig sal wees om die gebooie te aonderhou waarmee Ek jou gebied het; en as jy dit doen, kyk Ek gee jou die ewige lewe, selfs al sou jy bgedood word.

23 En nou weer spreek Ek tot jou, my dienskneg Joseph, aangaande die aman wat die getuienis begeer—

24 Kyk, Ek sê vir hom, hy verhef homself en verootmoedig homself nie genoegsaam voor My nie; maar as hy sal neerbuig voor My, en homself verootmoedig in magtige gebed en geloof, in die opregtheid van sy hart, dan sal Ek aan hom ’n ablik gee van die dinge wat hy begeer om te sien.

25 En dan sal hy vir die mense van hierdie geslag sê: Kyk, ek het die dinge gesien wat die Here gewys het aan Joseph Smith, Jr., en ek aweet vir seker dat hulle waar is, want ek het hulle gesien, want hulle is aan my gewys deur die krag van God en nie van die mens nie.

26 En Ek die Here gebied hom, my dienskneg Martin Harris, dat hy niks meer sal sê vir hulle aangaande hierdie dinge nie, behalwe dat hy sal sê: Ek het hulle gesien, en dat hulle aan my gewys is deur die krag van God; en dit is die woorde wat hy sal sê.

27 Maar as hy dit ontken sal hy die verbond verbreek wat hy vroeër met My gesluit het, en kyk, hy word veroordeel.

28 En nou, tensy hy homself verootmoedig en aan My die dinge beken wat hy gedoen het wat verkeerd is, en met My ’n verbond gesluit dat hy my gebooie sal onderhou, en geloof beoefen in My, kyk, Ek sê vir hom, hy sal geen sodanige besigtiging hê nie, want Ek sal geen besigtiging aan hom gee van die dinge waarvan Ek gespreek het nie.

29 En as dit die geval is, gebied Ek jou, my dienskneg Joseph, dat jy vir hom sal sê, dat hy niks meer sal doen nie, nóg My meer hinder aangaande hierdie saak.

30 En as dit die geval is, kyk, Ek sê vir jou Joseph, wanneer jy nog ’n paar bladsye vertaal het, sal jy ophou vir ’n tydperk, en wel tot Ek jou weer gebied; dan mag jy weer vertaal.

31 En tensy jy dit doen, kyk, jy sal nie meer ’n gawe hê nie, en Ek sal die dinge wegneem wat Ek aan jou toevertrou het.

32 En nou, omdat Ek voorsien wat lê en wag om jou te vernietig, ja, Ek voorsien dat as my dienskneg Martin Harris homself nie verootmoedig en ’n getuienis deur my hand ontvang nie, dat hy in oortreding sal verval;

33 En daar is vele wat lê en wag om jou te avernietig vanaf die aangesig van die aarde; en om hierdie rede, dat jou dae verleng mag word, het Ek aan jou hierdie gebooie gegee.

34 Ja, om hierdie rede het Ek gesê: Stop, en staan stil tot Ek jou gebied, en Ek sal ’n weg avoorberei waardeur jy die ding mag uitvoer wat Ek jou gebied het.

35 En as jy agetrou is om my gebooie te onderhou, sal jy bverhef word op die laaste dag. Amen.