Skrifture
Leer en Verbonde 45


Afdeling 45

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan die Kerk, te Kirtland, Ohio, 7 Maart 1831. As voorwoord tot die verslag van hierdie openbaring, verklaar Joseph Smith se geskiedenis dat “op hierdie stadium van die Kerk … is baie valse verslae … en dwase stories, gepubliseer … en versprei … om mense te verhoed om ondersoek in te stel na die werk, of om die geloof te omhels … Maar tot die vreugde van die Heiliges … het ek die volgende ontvang.”

1–5, Christus is ons Voorspraak by die Vader; 6–10, Die evangelie is ’n boodskapper om die weg vir die Here voor te berei; 11–15, Henog en sy broers is deur die Here ontvang tot Homself; 16–23, Christus het tekens van sy koms geopenbaar soos gegee op die Olyfberg; 24–38, Die evangelie sal herstel word, die tye van die nie-Jode sal vervul word, en ’n vernietigende siekte sal die land oordek; 39–47, Tekens, wonders en die Opstanding sal die Tweede Koms vergesel; 48–53, Christus sal op die Olyfberg staan en die Jode sal die wonde in sy hande en voete sien; 54–59, Die Here sal heers gedurende die Millennium; 60–62, Die Profeet word opdrag gegee om die vertaling van die Nuwe Testament te begin, waardeur belangrike inligting bekendgemaak sal word; 63–75, Die Heiliges word gebied om te versamel en die Nuwe Jerusalem te bou, waarheen mense van alle nasies sal kom.

1 Slaan ag, o julle volk van my akerk, aan wie die bkoninkryk gegee is; slaan ag julle, en neig die oor na hom wat die grondslag van die aarde gelê het, wat die hemele en al die leërskare daarvan cgemaak het, en deur wie alle dinge gemaak is wat leef, en beweeg, en bestaan.

2 En weer sê Ek, slaan ag op my stem, sodat die adood jou nie oorval nie; op ’n buur wanneer julle dink dat die somer nog nie verby is nie, en die coes beëindig is, en julle siele nie gered is nie.

3 Luister na Hom wat die avoorspraak by die Vader is, wat julle saak bepleit voor Hom—

4 En sê: Vader, aanskou die alyding en dood van Hom wat geen bsonde gedoen het nie, in wie U ’n welbehae gehad het; aanskou die bloed van u Seun wat gestort is, die bloed van Hom wat U gegee het sodat Uself cverheerlik mag word;

5 Daarom, Vader, spaar hierdie my broers wat aglo in my Naam, sodat hulle na My mag kom en die bewigdurende lewe mag hê.

6 Slaan ag, o julle volk van my kerk, en julle ouderlinge, luister tesame, en hoor my stem terwyl dit avandag genoem word, en verhard nie julle harte nie.

7 Want voorwaar, Ek sê vir julle dat Ek aAlfa en Omega is, die begin en die einde, die lig en die lewe van die wêreld—’n blig wat skyn in die duisternis en die duisternis begryp dit nie.

8 Ek het na my eie gekom, en my eie het My nie ontvang nie; maar aan soveel as wat My ontvang het, het Ek akrag gegee om vele bwonderwerke te doen, en om die cseuns van God te word, naamlik aan hulle wat in my Naam dgeglo het, het Ek krag gegee om die eewige lewe te verkry.

9 En net so het Ek my aewigdurende bverbond die wêreld ingestuur, om ’n lig te wees vir die wêreld, en om ’n cstandaard te wees vir my volk, en vir die dnie-Jode om daarvoor te soek, en om ’n eboodskapper te wees voor my aangesig, om die weg vir My voor te berei.

10 Daarom, kom julle daarheen, en met hom wat kom, sal Ek redeneer soos met mense in die dae van ouds, en Ek sal aan julle my asterk redenasie toon.

11 Daarom, julle, slaan ag tesame en laat My aan julle ook my wysheid toon—die wysheid van hom wat julle sê is die God van aHenog, en sy broers,

12 Wat aafgeskei is van die aarde, en ontvang is deur Myself—’n bstad wat teruggehou word tot ’n dag van regverdigheid sal kom—’n dag waarna gesoek is deur alle heilige manne, en hulle het dit nie gevind nie vanweë boosheid en gruwels;

13 En bely het dat hulle avreemdelinge en pelgrims was op die aarde;

14 Maar ’n abelofte verkry het dat hulle dit sou vind en dit sien in hul vlees.

15 Daarom, slaan ag en Ek sal redeneer met julle, en Ek sal tot julle spreek en profeteer, soos tot mense in die dae van ouds.

16 En Ek sal dit duidelik atoon soos Ek dit getoon het aan my dissipels toe Ek voor hulle gestaan het in die vlees, en vir hulle gesê het: Aangesien julle van My gevra het aangaande die btekens van my koms, op die dag wanneer Ek sal kom in my heerlikheid op die wolke van die hemel, om die beloftes te vervul wat Ek gemaak het aan jul vaders,

17 Want aangesien julle die lang aafwesigheid van julle bgeeste van jul liggame beskou het as slawerny, sal Ek aan julle toon hoe die dag van verlossing sal kom, en ook die cherstelling van die dverstrooide Israel.

18 En nou aanskou julle hierdie tempel wat in Jerusalem is, wat julle die huis van God noem, en julle vyande sê dat hierdie huis nooit sal val nie.

19 Maar, voorwaar Ek sê vir julle, dat verlatenheid sal kom oor hierdie geslag soos ’n dief in die nag, en hierdie volk sal vernietig en verstrooi word onder alle nasies.

20 En hierdie tempel wat julle nou sien, sal neergewerp word sodat daar nie een klip op ’n ander gelaat sal word nie.

21 En dit sal gebeur dat hierdie geslag van Jode nie sal verbygaan voordat elke verlatenheid waarvan Ek julle vertel het aangaande hulle sal gebeur nie.

22 Julle sê dat julle weet dat die aeinde van die wêreld kom; julle sê ook dat julle weet dat hemele en die aarde sal verbygaan;

23 En hierin sê julle waarlik, want so is dit; maar hierdie dinge wat Ek vir julle vertel het sal nie verbygaan totdat alles vervul sal word nie.

24 En dit het Ek julle vertel aangaande Jerusalem; en wanneer daardie dag sal kom, sal ’n aoorblyfsel verstrooi word onder alle nasies;

25 Maar hulle sal weer aversamel word; maar hulle sal vertoef tot die tye van die bnie-Jode vervul word.

26 En in adaardie dag sal gehoor word van boorloë en gerugte van oorloë, en die hele aarde sal in beroering wees, en mense se harte sal hulle cfaal, en hulle sal sê dat Christus sy koms dvertraag tot die einde van die aarde.

27 En die liefde van mense sal verkoel, en ongeregtigheid sal oorvloedig wees.

28 En wanneer die tye van die anie-Jode aangebreek het, sal ’n blig deurbreek onder hulle wat in die duisternis sit, en dit sal die volheid van my evangelie wees;

29 Maar hulle aontvang dit nie; want hulle bemerk nie die lig nie, en hulle draai hulle bharte teen My vanweë die cleringe van mense.

30 En in daardie geslag sal die tye van die nie-Jode vervul word.

31 En daar sal mense staan in daardie geslag, wat nie sal sterf tot hulle ’n oorvloedige agésel sien nie; want ’n vernietigende siekte sal die land oordek.

32 Maar my dissipels sal astaan in heilige plekke, en sal nie wankel nie; maar onder die goddelose sal mense hulle stemme verhef en God bvervloek en sterf.

33 En daar sal ook aaardbewings wees in verskillende plekke, en vele verwoestings; tog sal mense hulle harte verhard teen my, en hulle sal die bswaard opneem, die een teen die ander, en hulle sal mekaar doodmaak.

34 En nou, toe Ek die Here hierdie woorde tot my dissipels gespreek het, was hulle verontrus.

35 En Ek het vir hulle gesê: Wees nie averontrus nie, want, wanneer al hierdie dinge gebeur, sal julle weet dat die beloftes wat gemaak is aan julle vervul sal word.

36 En wanneer die lig begin om deur te breek, sal dit met hulle wees soos ’n gelykenis wat Ek julle sal toon—

37 Julle kyk en aanskou die avyebome, en julle sien hulle met julle oë, en julle sê dat wanneer hulle begin bot, en hulle blare nog sag is, dat die somer nou op hande is;

38 Net so sal dit wees op daardie dag wanneer hulle al hierdie dinge sal sien, dan sal hulle weet dat die uur naby is.

39 En dit sal gebeur dat hy wat My avrees, sal buitsien na die groot cdag van die Here om te kom, naamlik vir die dtekens van die koms van die eSeun van die Mens.

40 En hulle sal tekens en wonders sien, want hulle sal getoon word bo in die hemele, en op die aarde benede.

41 En hulle sal bloed, en avuur en rookmis aanskou.

42 En voor die dag van die Here sal kom, sal die ason verdonker word, en die maan in bloed verander word, en die sterre val uit die hemel.

43 En die oorblyfsel sal versamel word na hierdie plek;

44 En dan sal hulle My soek, en, kyk, Ek sal kom; en hulle sal My sien in die wolke van die hemel, beklee met krag en groot aheerlikheid; met al die heilige engele; en hy wat nie op My bwag nie, sal afgesny word.

45 Maar voor die arm van die Here sal neerkom, sal ’n engel sy atrompet blaas, en die heiliges wat geslaap het sal te voorskyn bkom om My te ontmoet in die cwolk.

46 Daarom, as julle in avrede geslaap het, geseënd is julle; want soos julle My nou aanskou en weet dat Ek is, net so sal julle na My bkom en julle siele sal clewe, en julle verlossing sal vervolmaak wees; en die heiliges sal te voorskyn kom van die vier hoeke van die aarde.

47 Dan sal die aarm van die Here neerkom op die nasies.

48 En dan sal die Here sy voet op hierdie aberg plaas, en dit sal in twee skeur, en die aarde sal bbewe, en heen en weer waggel, en die hemele csal ook skud.

49 En die Here sal sy stem uiter, en al die eindes van die aarde sal dit hoor; en die nasies van die aarde sal arouklaag, en hulle wat gelag het sal hul dwaasheid sien.

50 En rampspoed sal die spotter bedek, en die minagter sal verteer word; en hulle wat op soek was na ongeregtigheid sal afgekap word en in die vuur gewerp word.

51 En dan sal die aJode na My bkyk en sê: Wat is hierdie wonde in u hande en in u voete?

52 Dan sal hulle weet dat Ek die Here is; want Ek sal vir hulle sê: Hierdie wonde is die wonde waarmee Ek agewond is in die huis van my vriende. Ek is Hy wat opgehef was. Ek is Jesus wat bgekruisig was. Ek is die Seun van God.

53 En dan sal hulle aween vanweë hul ongeregtighede; dan sal hulle weeklaag omdat hulle hul bkoning vervolg het.

54 En dan sal die aheidense nasies verlos word, en hulle wat geen wet geken het nie sal deel hê in die eerste bopstanding; en dit sal cdraaglik wees vir hulle.

55 En aSatan sal bgebind word, sodat hy geen plek sal hê in die harte van die kinders van mense nie.

56 En op daardie adag, wanneer Ek sal kom in my heerlikheid, sal die gelykenis wat Ek gespreek het aangaande die tien bmaagde, vervul word.

57 Want hulle wat wys is en die awaarheid ontvang het, en die Heilige Gees geneem het as hul bgids, en nie cbedrieg is nie—voorwaar Ek sê vir julle, hulle sal nie afgekap word en in die dvuur gewerp word nie, maar sal die dag verduur.

58 En die aaarde sal aan hulle gegee word vir ’n berfenis; en hulle sal vermenigvuldig en sterk word, en hulle kinders sal cgrootword sonder sonde tot dheil.

59 Want die Here sal in hulle amidde wees, en sy heerlikheid sal oor hulle wees, en Hy sal hulle koning wees en hul bwetgewer.

60 En nou, kyk, Ek sê vir jou, dit sal nie aan jou gegee word om meer te weet aangaande hierdie hoofstuk, totdat die aNuwe Testament vertaal is nie, en daarin sal al hierdie dinge bekendgemaak word;

61 Daarom gee Ek aan jou dat jy dit nou mag vertaal, sodat jy voorbereid mag wees vir die komende dinge.

62 Want voorwaar Ek sê vir julle, dat groot dinge op julle wag.

63 Julle hoor van aoorloë in vreemde lande; maar kyk, Ek sê vir julle, hulle is naby, en wel voor julle deure, en nie vele jare van nou af nie sal julle hoor van oorloë in jul eie lande.

64 Daarom Ek, die Here, het gesê, kom julle bymekaar uit die aoostelike landstreke, versamel julleself tesame julle ouderlinge van my kerk, gaan julle uit in die westelike landstreke, roep die inwoners tot bekering, en in soverre hul wel bekeer, bou kerke op vir My.

65 En met een hart en met een verstand, maak julle rykdomme bymekaar sodat julle ’n erfenis mag akoop wat hierna aan julle toegewys sal word.

66 En dit sal die aNuwe Jerusalem genoem word, ’n bland van cvrede, ’n stad van dtoevlug, ’n plek van veiligheid vir die heiliges van die Allerhoogste God;

67 En die aheerlikheid van die Here sal daar wees, en die verskrikking van die Here sal ook daar wees, in soverre dat die bose nie daarheen sal gaan nie, en dit sal Sion genoem word.

68 En dit sal gebeur onder die bose, dat elke mens wat nie sy swaard sal opneem teen sy naaste nie, noodwendig moet vlug na Sion vir veiligheid.

69 En daarheen sal vanuit elke nasie onder die hemel aversamel; en dit sal die enigste volk wees wat nie oorlog sal voer teen mekaar nie.

70 En daar sal onder die bose gesê word: Laat ons nie optrek in stryd teen Sion nie, want die inwoners van Sion is verskriklik; daarom kan ons nie staande bly nie.

71 En dit sal gebeur dat die regverdiges uitgesoek sal word onder alle nasies, en sal kom na Sion, en liedere van ewigdurende vreugde sing.

72 En nou sê Ek vir julle, keer dat daardie dinge nie uitgaan na die wêreld tot dit raadsaam is in My nie, sodat julle hierdie werk mag voltooi in die oë van die volk, en in die oë van julle vyande, sodat hulle nie mag weet van julle werke totdat julle die ding voltooi het wat Ek julle gebied het nie.

73 Sodat wanneer hulle dit sal weet, dat hulle hierdie dinge mag oordink.

74 Want wanneer die Here sal verskyn sal Hy averskriklik wees vir hulle, sodat vrees hulle sal aangryp, en hulle sal ver weg staan en bewe.

75 En alle nasies sal bevrees wees vanweë die verskrikking van die Here, en die krag van sy mag. Dit is so. Amen.