Skrifture
Leer en Verbonde 4


Afdeling 4

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan sy vader, Joseph Smith Snr., te Harmony, Pennsilvanië, Februarie 1829.

1–4, Moedige diens red die Here se dienaars; 5–6, Goddelike eienskappe kwalifiseer hulle vir die bediening; 7, Die dinge van God moet nagestreef word.

1 Nou kyk, ’n awonderbaarlike werk is aan die kom onder die kinders van mense.

2 Daarom, o julle wat in die adiens tree van God, sien toe dat julle Hom bdien met julle hele chart, mag, verstand en krag, sodat julle dskuldeloos mag staan voor God op die laaste dag.

3 Daarom, as julle begeertes het om God te dien, is julle ageroep tot die werk;

4 Want kyk, die aveld is alreeds wit vir die boes; en kyk, hy wat sy sekel insteek met sy mag, hy cgaar op sodat hy nie vergaan nie, maar bring heil vir sy siel.

5 En ageloof, bhoop, cnaasteliefde en dliefde, met ’n eoog enkel gerig op die fheerlikheid van God, kwalifiseer hom vir die werk.

6 Onthou geloof, adeug, kennis, selfbeheersing, bgeduld, broederliefde, godsvrug, naasteliefde, cootmoed, dywer.

7 aVra, en julle sal ontvang; klop en dit sal vir julle oopgemaak word. Amen.