Skrifture
Leer en Verbonde 35


Afdeling 35

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet en Sidney Rigdon, te of naby Fayette, New York, 7 Desember 1830. Op hierdie tydstip was die Profeet besig, feitlik op ’n daaglikse basis, om ’n vertaling te maak van die Bybel. Die vertaling is so vroeg as Junie 1830 begin, en beide Oliver Cowdery en John Whitmer het as skrywers gedien. Aangesien hulle nou tot ander pligte geroep is, is Sidney Rigdon geroep deur goddelike aanstelling om te dien as die Profeet se skrywer in hierdie werk (sien vers 20.) As ’n voorwoord tot die verslag van hierdie openbaring, verklaar Joseph Smith se geskiedenis: “In Desember het Sidney Rigdon [van Ohio] gekom om by die Here navraag te doen, en saam met hom het Edward Partridge gekom. … Kort na die aankoms van hierdie twee broers, só het die Here gespreek.”

1–2, Hoe mense die seuns van God mag word; 3–7, Sidney Rigdon word geroep om te doop en om die Heilige Gees toe te ken; 8–12, Tekens en wonderwerke word deur geloof teweeggebring; 13–16, Die Here se diensknegte sal die nasies dors deur die krag van die Gees; 17–19, Joseph Smith hou die sleutels van die verborgenhede; 20–21, Die uitverkorenes sal die dag van die koms van die Here verdra; 22–27, Israel sal gered word.

1 Luister na die stem van die aHere julle God, naamlik bAlfa en Omega, die begin en die einde, wie se cverloop een ewige kringloop is, ddieselfde vandag as gister, en vir ewig.

2 Ek is Jesus Christus, die Seun van God, wat agekruisig is vir die sondes van die wêreld, en wel soveel as wat sal bglo in my Naam, sodat hulle die ckinders van God mag word, en wel deen in My soos Ek eeen is in die Vader, soos die Vader een in My is, sodat Ons een mag wees.

3 Kyk, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir my dienskneg Sidney, Ek het jou en jou werke aanskou. Ek het jou gebede aangehoor, en jou voorberei vir ’n groter werk.

4 Jy is geseënd, want jy sal groot dinge doen. Kyk, jy was uitgestuur, net soos aJohannes, om die weg voor My voor te berei, en voor bElía wat sal kom, en jy het dit nie geweet nie.

5 Jy het gedoop met water tot bekering, maar hulle het nie die Heilige Gees aontvang nie;

6 Maar nou gee Ek aan jou ’n gebod, dat jy sal adoop met water, en hulle sal die bHeilige Gees ontvang deur die oplegging van die chande, net soos die apostels van ouds.

7 En dit sal gebeur dat daar ’n groot werk in die land sal wees, en wel onder die anie-Jode, want hulle dwaasheid en hulle gruwels sal openbaar gemaak word in die oë van alle mense.

8 Want Ek is God, en my arm is nie averkort nie; en Ek sal bwonderwerke, ctekens, en wonders toon aan al diegene wat dglo in my Naam.

9 En wie ook al dit sal vra in my Naam in ageloof, hulle sal bduiwels cuitwerp; hulle sal die siekes dgenees; hulle sal die blindes hulle sig laat ontvang, en die dowes laat hoor, en die stommes laat spreek, en die verlamdes te laat loop.

10 En die tyd kom spoedig dat groot dinge bekend gemaak sal word aan die kinders van mense;

11 Maar asonder geloof sal niks bekendgemaak word nie, behalwe bverwoestings oor cBabilon, sy wat alle nasies laat drink van die wyn van die toorn van haar dontug.

12 En daar is aniemand wat goeddoen nie, behalwe diegene wat gereed is om die volheid van my evangelie te ontvang, wat Ek uitgestuur het aan hierdie geslag.

13 Nou, Ek doen ’n beroep op die aswak dinge van die wêreld, diegene wat bongeleerd en verag is, om die nasies te dors deur die krag van my Gees;

14 En hulle arm sal my arm wees, en Ek sal hul askild en hul pantser wees; en Ek sal hulle lendene omgord, en hulle sal dapper veg vir My; en hulle bvyande sal onder hul voete wees; en Ek sal die swaard laat cval om hul ontwil, en deur die dvuur van my verontwaardiging sal Ek hulle bewaar.

15 En die aarmes en die bsagmoediges sal die evangelie aan hulle gepreek hoor, en hulle sal cuitsien na die tyd van my koms, want dit is dop hande

16 En hulle sal die gelykenis van die avyeboom leer, want nou reeds is die somer naby.

17 En Ek het die avolheid van my evangelie uitgestuur deur die hand van my dienskneg bJoseph; en in swakheid het Ek hom geseën;

18 En Ek het aan hom die asleutels van die verborgenhede gegee van daardie dinge wat bverseël is, naamlik dinge wat was vanaf die cgrondlegging van die wêreld, en die dinge wat sal plaasvind van hierdie tyd tot die tyd van my koms, as hy in My bly, en indien nie, sal Ek ’n ander plant in sy plek.

19 Nou, waak oor hom dat sy geloof nie faal nie, en dit sal gegee word deur die aTrooster, die bHeilige Gees, wat alle dinge weet.

20 En ’n gebod gee Ek aan jou—dat jy vir hom sal askryf; en die skrifture sal gegee word, net soos hulle in my eie boesem is, vir die heil van my eie buitverkorenes;

21 Want hulle sal my astem hoor, en sal My sien, en sal nie slaap nie, en sal die dag van my bkoms cverdra; want hulle sal gereinig word, net soos Ek drein is.

22 En nou sê Ek aan ajou, vertoef by hom, en hy sal saam met jou reis; verlaat hom nie, en hierdie dinge sal sekerlik vervul word.

23 En ain soverre jy nie skryf nie, kyk, dit sal aan hom gegee word om te profeteer; en jy sal my evangelie predik en jou beroep op bdie heilige profete om sy woorde te bewys, na gelang hulle aan hom gegee sal word.

24 aOnderhou al die gebooie en verbonde waardeur julle gebind is; en Ek sal die hemele laat bskud tot julle voordeel, en cSatan sal bewe en Sion sal haar dverbly op die heuwels en floreer;

25 En aIsrael sal bgered word in my eie bepaalde tyd; en deur die csleutels wat Ek gegee het sal hulle gelei word, en nooit weer verwar word nie.

26 Hef op julle harte en wees bly, julle averlossing kom nader.

27 Vrees nie klein kuddetjie, die akoninkryk is julle s’n tot Ek kom. Kyk, Ek bkom spoedig. Dit is so. Amen.