Skrifture
Leer en Verbonde 32


Afdeling 32

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Parley P. Pratt en Ziba Peterson, te Manchester, New York, vroeg Oktober 1830. Groot belangstelling en begeertes is gevoel deur die ouderlinge ten opsigte van die Lamaniete, waarvan hul voorspelde seëninge die Kerk geleer het uit die Boek van Mormon. Met die gevolg dat die Here gesmeek is om sy wil aan te dui of ouderlinge gestuur moes word na die Indiaanse stamme in die Weste op daardie tydstip. Dié openbaring het gevolg.

1–3, Parley P. Pratt en Ziba Peterson word geroep om vir die Lamaniete te preek en om Oliver Cowdery en Peter Whitmer Jr. te vergesel; 4–5, Hulle moet bid vir ’n begrip van die skrifture.

1 En nou aangaande my dienskneg aParley P. Pratt, kyk Ek sê vir hom dat soos Ek leef, wil Ek dat hy my evangelie sal verkondig en van my bleer, en sagmoedig en nederig van hart moet wees.

2 En dit wat Ek hom aangestel het is dat hy saam met my diensknegte, Oliver Cowdery en Peter Whitmer, Jr., na die wildernis onder die aLamaniete sal bgaan.

3 En aZiba Peterson sal ook saam met hulle gaan; en Ek sal self saam met hulle gaan en in hulle bmidde wees; en Ek is hulle cVoorspraak by die Vader, en niks sal seëvier oor hulle nie.

4 En hulle sal aag slaan op dit wat geskryf is, en nie aanspraak maak op enige ander bopenbaring nie, en hulle sal altyd bid sodat Ek dit aan hulle cbegrip kan dontvou.

5 En hulle sal ag slaan op hierdie woorde en dit nie ligtelik opneem nie, en Ek sal hulle seën. Amen.