Skrifture
Leer en Verbonde 29


Afdeling 29

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, in die teenwoordigheid van ses ouderlinge, te Fayette, New York, September 1830. Hierdie openbaring is gegee ’n paar dae voor die konferensie, beginnende 26 September 1830.

1–8, Christus versamel sy uitverkorenes; 9–11, Sy koms lui die Millennium in; 12–13, Die Twaalf sal die hele Israel oordeel; 14–21, Tekens, plae, en verwoestings sal die Tweede Koms voorafgaan; 22–28, Die laaste opstanding en finale oordeel volg die Millennium; 29–35, Alle dinge is geestelik vir die Here; 36–39, Die duiwel en sy leërskare is uit die hemel gewerp om die mens te versoek; 40–45, Die Val en die Versoening bring heil; 46–50, Klein kindertjies word verlos deur die Versoening.

1 Luister na die stem van Jesus Christus, julle Verlosser, die Groot aEk Is, wie se arm van bbarmhartigheid cversoening gedoen het vir julle sondes;

2 Wat sy volk sal abymekaarmaak soos ’n hen haar kuikens bymekaarmaak onder haar vlerke, en wel soveel as wat sal ag slaan op my stem en hulle bverootmoedig voor My, en My aanroep in kragtige gebed.

3 Kyk, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, dat op hierdie tydstip is julle sondes julle avergewe, daarom ontvang julle hierdie dinge, maar onthou om nie meer te sondig nie, sodat gevare nie oor julle kom nie.

4 Voorwaar, Ek sê vir julle dat julle gekies is uit die wêreld om my evangelie te verkondig met die klank van vreugde, soos met die astem van ’n trompet.

5 Hef op julle harte en wees bly, want Ek is in julle amidde, en is julle bVoorspraak by die Vader; en dit is sy goeie wil om aan julle die ckoninkryk te gee.

6 En, soos dit geskryf is—Wat ook al julle sal avra in bgeloof, cverenig in gebed ooreenkomstig my gebod, sal julle ontvang.

7 En julle word geroep om die aversameling van my buitverkorenes te weeg te bring; want my uitverkorenes choor my stem en verhard nie hulle dharte nie.

8 Nou, die bevel het uitgegaan van die Vader dat hulle aversamel sal word in een plek op die aangesig van hierdie land, om hulle harte voor te bberei en voorbereid te wees in alle dinge vir die dag wanneer cbeproewing en verwoesting uitgestuur word op die bose.

9 Want die uur is naby en die dag is binnekort op hande wanneer die aarde ryp is en al die ahoogmoediges en diegene wat boosheid pleeg soos bstoppels sal wees; en Ek sal hulle cverbrand, sê die Here van die Leërskare, sodat boosheid nie op die aarde sal wees nie;

10 Want die uur is naby, en dit wat agespreek is deur my apostels moet vervul word; want net soos hulle gespreek het, sal dit gebeur;

11 Want Ek sal Myself openbaar van die hemel met krag en groot heerlikheid, met al die aleërskare daarvan, en in bregverdigheid woon met die mens op aarde ’n cduisend jaar, en die bose sal nie staande bly nie.

12 En verder, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, en dit het uitgegaan as ’n vaste bevel, deur die wil van die Vader, dat my aApostels, die Twaalf wat saam met my was in my bediening in Jerusalem, sal staan aan my regterhand op die dag van my koms in ’n kolom van bvuur, geklee in gewade van regverdigheid, met krone op hulle hoofde, in cheerlikheid net soos Ek is, om die hele huis van Israel te doordeel, en wel soveel as wat My liefgehad het en my gebooie onderhou het, en niemand anders nie.

13 Want ’n atrompet sal blaas beide lank en luid, net soos op Berg Sinai, en die hele aarde sal bewe, en hulle sal buitkom—ja, en wel die cdode wat in My gesterf het, om ’n dkroon van geregtigheid te ontvang, en om geklee te word, enet soos Ek is, om met My te wees, sodat ons een mag wees.

14 Maar, kyk, Ek sê vir julle dat voor hierdie groot adag sal kom, sal die bson verduister word, en die maan sal in bloed verander word, en die sterre sal val uit die hemel, en daar sal groter ctekens wees in die hemel daarbo en in die aarde benede;

15 En daar sal ’n gehuil en ageween wees onder die leërskare van mense;

16 En daar sal ’n groot ahaelstorm uitgestuur word om die oeste van die aarde te vernietig.

17 En dit sal gebeur, vanweë die boosheid van die wêreld, dat Ek awraak sal neem op die bbose, want hulle wil nie bekeer nie; want die beker van my toorn is vol; want kyk, my cbloed sal hulle nie reinig as hulle My nie hoor nie.

18 Daarom, Ek die Here God sal vlieë uitstuur op die aangesig van die aarde, wat die inwoners daarvan sal aanval, en sal hulle vlees eet, en sal maaiers daarin laat ontstaan;

19 En hulle tonge sal gebind word sodat hulle nie kan auiter teen My nie, en hulle vlees sal van hulle beendere afval, en hulle oë van hul oogkaste;

20 En dit sal gebeur dat die adiere van die woud en die voëls van die lug hulle sal opvreet.

21 En die groot en agruwelike kerk wat die bhoer van die hele aarde is, sal vernietig word deur ’n cverterende vuur, ooreenkomstig soos dit gespreek is deur die mond van Eségiël die profeet wat gespreek het van hierdie dinge, wat nog nie plaasgevind het nie maar sekerlik dmoet, soos Ek leef, want gruwels sal nie heers nie.

22 En weer, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle dat wanneer die aduisend jaar geëindig het, en mense weer begin om hulle God te verloën, dan sal Ek die aarde spaar vir ’n bkort tydjie.

23 En die aeinde sal kom, en die hemel en die aarde sal verteer word en bverbygaan, en daar sal ’n nuwe hemel en ’n cnuwe aarde wees.

24 Want alle ou dinge sal averbygaan, en alle dinge sal nuut word, selfs die hemel en die aarde, en al die volheid daarvan, beide mense en diere, die voëls van die lug, en die visse van die see;

25 En nie een ahaar, nóg ’n stofdeeltjie, sal verlore gaan nie, want dit is die werk van my hand.

26 Maar, kyk, voorwaar Ek sê vir julle, voor die aarde sal verbygaan, sal aMígael, my baartsengel, sy ctrompet blaas, en dan sal al die dode dontwaak, want hulle grafte sal geopen word, en hulle sal euitkom—ja, en wel almal.

27 En die aregverdiges sal versamel word aan my bregterhand tot die ewige lewe; en die bose aan my linkerhand sal Ek skaam wees om te eien voor die Vader.

28 Daarom sal Ek vir hulle sê—aGaan weg van My, julle vervloektes, in die ewigdurende bvuur, voorberei vir die cduiwel en sy engele.

29 En nou, kyk, Ek sê vir julle, nooit te enige tyd het Ek uit my eie mond verklaar dat hulle sal terugkeer nie, want awaar Ek is, kan hulle nie kom nie, want hulle het geen krag nie.

30 Maar onthou dat al my oordele nie aan mense gegee word nie; en soos die woorde uitgegaan het uit my mond net so sal hulle vervul word, dat die aeerste laaste sal wees en dat die laaste eerste sal wees in alle dinge wat Ek ook al geskape het deur die woord van my krag, wat die krag is van my Gees.

31 Want deur die krag van my Gees het Ek hulle ageskape; ja alle dinge beide bgeestelik en stoflik—

32 Eerstens ageestelik, tweedens stoflik, wat die begin is van my werk; en verder, eerstens stoflik, en tweedens geestelik, wat die laaste van my werk is—

33 Sprekend tot julle dat julle van nature mag verstaan; maar vir My het my werke geen aeinde nie, nóg begin; maar dit word aan julle gegee dat julle mag verstaan, want julle het dit van My gevra en julle is verenig.

34 Daarom, voorwaar Ek sê vir julle dat alle dinge vir my geestelik is, en op geen tydstip het Ek aan julle ’n wet gegee wat stoflik is nie; nóg enige mens, nóg die kinders van mense; nóg Adam, jul vader, wat Ek geskape het.

35 Kyk, Ek het aan hom gegee om vir homself te akies; en het aan hom ’n gebod gegee, maar geen stoflike gebod het Ek aan hom gegee nie, want my bgebooie is geestelik; hulle is nie natuurlik nóg stoflik; nóg vleeslik nóg wellustig.

36 En dit het gebeur dat Adam, versoek deur die aduiwel—want, kyk, die duiwel was voor Adam, want hy het bgerebelleer teen My, en gesê, Gee my u ceer, wat my dkrag is; en ook ’n ederde deel van die fleërskare van die hemel het hy weggedraai van my vanweë hul ghandelingsmag;

37 En hulle is neergewerp, en aldus het die aduiwel en sy bengele ontstaan;

38 En, kyk, daar is ’n plek berei vir hulle vanaf die begin, welke plek die ahel is.

39 En dit moet noodwendig wees dat die duiwel die kinders van mense sal aversoek, anders kon hulle nie hul vrye wil hê nie; want as hulle nooit die bbittere gehad het nie kon hulle nooit die soete ken nie—

40 Daarom, dit het gebeur dat die duiwel Adam versoek het, en hy het geëet van die verbode avrug en die gebod oortree, waardeur hy bonderworpe geword het aan die wil van die duiwel, omdat hy toegegee het aan versoeking.

41 Daarom, Ek, die Here God, het hom laat auitwerp uit die Tuin van bEden, van my teenwoordigheid, vanweë sy oortreding, waardeur hy cgeestelik dood geword het, wat die eerste dood is, en wel daardie selfde dood wat die laaste ddood is wat geestelik is, wat uitgespreek sal word oor die bose wanneer Ek sal sê: Gaan weg, julle evervloektes.

42 Maar, kyk, Ek sê vir julle dat Ek, die Here God, aan Adam en sy saad gegun het dat hulle nie die tydelike dood sou asterwe nie, totdat Ek, die Here God bengele sou uitstuur om aan hulle cbekering en dverlossing te verkondig, deur geloof in die Naam van my eEniggebore Seun.

43 En so het Ek, die Here God, die dae van die mens se aproeftyd bepaal—sodat deur sy natuurlike dood hy bopgewek mag word in consterflikheid tot die dewige lewe, en wel soveel as wat sou glo.

44 En hulle wat nie glo nie, tot ewige averdoemenis; want hulle kan nie verlos word van hulle geestelike val nie, omdat hulle nie bekeer nie;

45 Want hulle het die duisternis lief eerder as lig, en hulle adade is boos, en hulle ontvang hulle bloon van hom wat hulle kies om te gehoorsaam.

46 Maar kyk, Ek sê vir julle, dat klein akindertjies bverlos is vanaf die grondlegging van die wêreld deur my Eniggeborene;

47 Daarom, hulle kan nie sondig nie, want mag is nie aan Satan gegee om klein kindertjies te aversoek nie, tot hulle begin om btoerekenbaar te word voor My;

48 Want dit word aan hulle gegee soos Ek wil, volgens my eie welbehae, sodat groot dinge vereis mag word van die hand van hulle avaders.

49 En verder, Ek sê vir julle, dat wie ook al kennis het, het Ek nie gebied om te bekeer nie?

50 En hy wat geen abegrip het nie, bly dit in My om te doen ooreenkomstig wat geskryf is. En nou verklaar Ek niks meer aan julle op hierdie tydstip nie. Amen.