Skrifture
Leer en Verbonde 17


Afdeling 17

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Oliver Cowdery, David Whitmer, en Martin Harris, te Fayette, New York, Junie 1829, voor hulle besigtiging van die gegraveerde plate wat die Boek van Mormon kroniek bevat het. Joseph en sy skrywer, Oliver Cowdery, het deur die vertaling van die Boek van Mormon plate geleer dat drie spesiale getuies aangewys sou word (sien Ether 5:2–4; 2 Nefi 11:3; 27:12). Oliver Cowdery, David Whitmer en Martin Harris is beweeg deur ’n geïnspireerde begeerte om die drie spesiale getuies te wees. Die Profeet het by die Here navraag gedoen en hierdie openbaring is gegee as antwoord deur die Urim en Tummim.

1–4, Deur geloof sal die Drie Getuies die plate en ander heilige items sien; 5–9, Christus getuig van die goddelikheid van die Boek van Mormon.

1 Kyk, Ek sê vir julle, dat julle moet vertrou op my woord, indien julle dit doen met volle voorneme van hart, sal julle die aplate kan bbesigtig, en ook die borsplaat, die cswaard van Laban, die dUrim en Tummim, wat gegee is aan die ebroer van Jered op die berg, toe hy gepraat het met die Here fvan aangesig tot aangesig, en die gwonderbaarlike rigtingwysers wat gegee is aan Lehi terwyl in die wildernis, op die grense van die hRooi See.

2 En dit is deur julle geloof dat julle hulle sal kan besigtig, naamlik deur daardie geloof wat die profete van ouds gehad het.

3 En nadat julle geloof verkry het, en hulle gesien het met julle oë, sal julle agetuig van hulle, deur die krag van God;

4 En dit sal julle doen sodat my dienskneg Joseph Smith, Jr., nie vernietig mag word nie, sodat Ek my regverdige oogmerke teweeg mag bring aan die kinders van mense in hierdie werk.

5 En julle sal getuig dat julle hulle gesien het, net soos my dienskneg Joseph Smith, Jr., hulle gesien het; want dit is deur my krag dat hy hulle gesien het, en dit is omdat hy geloof gehad het.

6 En hy het die aboek vertaal, naamlik daardie bgedeelte wat Ek hom gebied het, en sowaar as die Here en julle God leef, dit is waar.

7 Daarom, julle het dieselfde krag ontvang, en dieselfde geloof, en dieselfde gawe net soos hy;

8 En indien julle hierdie laaste gebooie van my uitvoer, wat Ek julle gegee het, sal die apoorte van die hel nie seëvier oor julle nie; want my bgenade is voldoende vir julle, en julle sal cverhef word op die laaste dag.

9 En Ek, Jesus Christus, julle aHere en julle God, het dit tot julle gespreek, sodat Ek my regverdige oogmerke teweeg mag bring aan die kinders van mense. Amen.