Skrifture
Leer en Verbonde 14


Afdeling 14

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan David Whitmer, te Fayette, New York, Junie 1829. Die Whitmer familie het groot belangstelling getoon in die vertaling van die Boek van Mormon. Die Profeet het die huis van Peter Whitmer Snr. sy tuiste gemaak, waar hy gewoon het tot die vertaalwerk tot voltooiing gevoer is en die kopiereg op die boek wat binnekort sou verskyn, verkry is. Drie van die Whitmer seuns, wat elk ’n getuienis ontvang het aangaande die egtheid van die werk, het diep besorgd geraak betreffende hul individuele plig. Hierdie openbaring en die twee wat daarop volg (afdelings 15 en 16) is gegee in antwoord op ’n navraag deur middel van die Urim en Tummim. David Whitmer het later een van die Drie Getuies geword van die Boek van Mormon.

1–6, Arbeiders in die wingerd sal heil verkry; 7–8, Die Ewige lewe is die grootste van God se gawes; 9–11, Christus het die hemele en die aarde geskape.

1 a’n Groot en wonderbaarlike werk is aan die kom onder die kinders van mense.

2 Kyk, Ek is God; gee gehoor aan my woord, wat lewend en kragtig is, skerper as ’n tweesnydende swaard, om vanmekaar te skei beide gewrigte en murg; daarom gee gehoor aan my woord.

3 Kyk, die veld is wit, gereed vir die oes; daarom, wie ook al begeer om te oes, laat hom sy sekel insteek met sy mag, en oes terwyl die dag duur, dat hy ewigdurende heil vir sy siel in die koninkryk van God mag opgaar.

4 Ja, wie ook al sy sekel wil insteek en oes, hy word geroep deur God.

5 Daarom, as jy My vra, sal jy ontvang; as jy klop sal dit vir jou oopgemaak word.

6 Soek om my Sion voort te bring en te vestig. Onderhou my gebooie in alle dinge.

7 En, as jy my gebooie aonderhou en bvolhard tot die einde sal jy die cewige lewe hê, welke gawe die grootste van al die gawes van God is.

8 En dit sal gebeur, dat as jy die Vader in my Naam vra, in geloof en glo, sal jy die aHeilige Gees ontvang, wat gee om te spreek, sodat jy mag staan as ’n bgetuie van die dinge wat jy beide sal choor en sien, en ook sodat jy bekering mag verkondig aan hierdie geslag.

9 Kyk, Ek is aJesus Christus, die bSeun van die clewende God, wat die hemele en die daarde egeskape het, ’n flig wat nie verberg kan word in die gduisternis nie.

10 Daarom, Ek moet die avolheid uitbring van my evangelie vanaf die bnie-Jode na die huis van Israel.

11 En kyk, jy is David, en jy word geroep om te help; welke ding, indien jy dit doen, en getrou is, sal jy geseën word beide geestelik en stoflik, en groot sal jou loon wees. Amen.