Skrifture
Leer en Verbonde 13


Afdeling 13

’n Uittreksel uit Joseph Smith se geskiedenis wat ’n verslag gee van die ordinering van die Profeet en Oliver Cowdery tot die Aäroniese Priesterskap naby Harmony, Pennsilvanië, 15 Mei 1829. Die ordinering het geskied onder die hande van ’n engel wat homself aangekondig het as Johannes, hy wat Johannes die Doper genoem word in die Nuwe Testament. Die engel het verduidelik dat hy optree onder die leiding van Petrus, Jakobus en Johannes, die antieke Apostels, wat die sleutels hou van die hoër priesterskap, wat die Priesterskap van Melgisédek genoem word. Die belofte is gemaak aan Joseph en Oliver dat op die gegewe tyd hierdie hoër priesterskap aan hulle toegeken sou word (Sien afdeling 27:7–8, 12.)

Die sleutels en kragte van die Aäroniese Priesterskap word uiteengesit.

1 Aan julle, my medediensknegte, in die Naam van Messias aken Ek die bPriesterskap van Aäron toe, wat die sleutels hou van die bediening van cengele, en van die evangelie van dbekering, en van edoop deur onderdompeling vir die vergifnis van sondes; en dit sal nooit weer van die aarde geneem word nie, tot die fseuns van Levi weer ’n offerande offer aan die Here in gregverdigheid.