Skrifture
Leer en Verbonde 136


Afdeling 136

Die woord en wil van die Here, gegee deur President Brigham Young te Winter Quarters, die kamp van Israel, Omaha-nasie, op die westelike oewer van die Missouri-rivier, naby Council Bluffs, Iowa.

1–16, Hoe die kamp van Israel georganiseer moet word vir die reis weswaarts word verduidelik; 17–27, Die Heiliges word gebied om volgens talle evangeliese maatstawwe te leef; 28–33, Die heiliges moet sing, dans, bid, en wysheid leer; 34–42, Profete word gedood sodat hulle vereer mag word en die bose veroordeel word.

1 Die Woord en Wil van die Here aangaande die Kamp van Israel in hulle reise na die Weste:

2 Laat al die lede van aDie Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, en diegene wat saam met hulle reis, georganiseer word in groepe, met ’n verbond en ’n belofte om al die gebooie en insettinge van die Here ons God te onderhou.

3 Laat die groepe georganiseer word met owerstes oor ahonderd, owerstes van vyftig, en owerstes van tien, met ’n president en sy twee raadgewers aan hulle hoof, onder die leiding van die Twaalf bApostels.

4 En dít sal ons averbond wees—dat ons sal bwandel in al die cordinansies van die Here.

5 Laat elke groep hulleself voorsien van al die trekdiere, waens, voorrade, klere, en ander noodsaaklikhede vir die reis wat hulle kan.

6 Wanneer die groepe georganiseer is, laat hulle met al hul mag begin om voor te berei vir diegene wat moet agterbly.

7 Laat elke groep, met hulle owerstes en presidente, besluit hoeveel volgende lente kan gaan; kies dan ’n genoegsame aantal liggaamlik sterk en kundige manne, om trekdiere, sade, en boerdery-implemente te neem, om as pioniers te gaan om voor te berei vir die plant van lentegewasse.

8 Laat elke groep ’n gelyke hoeveelheid dra, volgens die gedeelte van hulle besittings, deur die aarmes, die bweduwees, die cvaderloses, en die families van diegene wat by die leër aangesluit het, saam te neem, sodat die geroep van die weduwee en die vaderlose nie opkom in die ore van die Here teen hierdie volk nie.

9 Laat elke groep huise, en landerye vir die verbouing van graan voorberei vir diegene wat hierdie seisoen moet agterbly; en dit is die wil van die Here aangaande sy volk.

10 Laat elke man al sy invloed en besittings aanwend om hierdie volk te verplaas na die plek waar die Here ’n apen van Sion sal vestig.

11 En indien julle dit doen met ’n rein hart, in alle getrouheid, sal julle ageseën word; julle sal geseën word ten opsigte van julle kleinvee, en ten opsigte van julle grootvee, en ten opsigte van julle landerye, en ten opsigte van julle huise en julle families.

12 Laat my diensknegte Ezra T. Benson en Erastus Snow ’n groep organiseer.

13 En laat my diensknegte Orson Pratt en Wilford Woodruff ’n groep organiseer.

14 Laat ook my diensknegte Amasa Lyman en George A. Smith ’n groep organiseer.

15 En stel presidente aan, en owerstes oor honderd, en oor vyftig en oor tien.

16 En laat my diensknegte wat aangestel is gaan en dit, my wil, aan die heiliges leer, sodat hulle gereed mag wees om na ’n land van vrede te gaan.

17 Gaan op julle pad en doen wat Ek julle gesê het, en vrees nie julle vyande nie; want hulle sal nie die mag hê om my werk te stop nie.

18 Sion sal averlos word in my eie bepaalde tyd.

19 En indien enigeen sal poog om homself op te bou, en nie my araad soek nie, sal hy geen mag hê nie en sy dwaasheid sal geopenbaar word.

20 Soek julle; en aonderhou al julle beloftes die een met die ander, en bbegeer nie dit wat jou broer s’n is nie.

21 aWeerhou julleself van die bose om die Naam van die Here ydellik te gebruik, want Ek is die Here julle God, en wel die bGod van julle vaders, die God van Abraham en van Isak en van Jakob.

22 aEk is Hy wat die kinders van Israel uit Egipteland gelei het; en my arm is uitgestrek in die laaste dae, om my volk Israel te bred.

23 Hou op om met mekaar te astry; hou op om bkwaad te spreek van mekaar.

24 Hou op met adronkenskap; en laat julle woorde neig om mekaar op te bbou.

25 Indien jy by jou naaste leen, moet jy dit wat jy ageleen het teruggee; en indien jy hom nie kan terugbetaal nie, moet jy dadelik gaan en jou naaste vertel, sodat hy jou nie veroordeel nie.

26 Indien jy dit vind wat jou naaste averloor het, sal jy ywerig soek totdat jy dit weer aan hom teruggee.

27 Jy moet aywerig wees om dit wat jy het te bewaar, sodat jy ’n verstandige brentmeester mag wees; want dit is die vrye gawe van die Here jou God, en jy is sy rentmeester.

28 Indien jy opgeruimd is, prys die Here met agesang, met musiek, met dans, en met ’n bgebed van lofprysing en cdanksegging.

29 Indien jy abedroef is, roep die Here jou God in smeking aan, sodat julle siele hulle mag bverbly.

30 Vrees nie jou vyande nie, want hulle is in my hande en Ek sal met hulle doen soos dit My behaag.

31 My volk moet abeproef word in alle dinge, sodat hulle voorberei mag word om die bheerlikheid wat Ek vir hulle het, te ontvang, naamlik die heerlikheid van Sion; en hy wat nie ctugtiging verduur nie, is my koninkryk nie waardig nie.

32 Laat hom wat onkundig is awysheid leer deur homself te bverootmoedig en die Here sy God aan te roep, sodat sy oë geopen mag word sodat hy mag sien, en sy ore geopen word sodat hy mag hoor.

33 Want my aGees word uitgestuur die wêreld in om die nederiges en diegene wat verslae is te verlig, en tot die veroordeling van die ongoddelikes.

34 Julle broers het julle en julle getuienis verwerp, naamlik die nasie wat julle auitgedryf het;

35 En nou kom die dag van hulle rampspoed, naamlik die dae van droefheid, soos ’n vrou wat in haar barensnood geneem is; en hulle droefheid sal groot wees tensy hulle spoedig bekeer, ja, baie spoedig.

36 Want hulle het die profete doodgemaak, en diegene wat na hulle gestuur is; en hulle het onskuldige bloed vergiet, wat vanuit die grond teen hulle roep.

37 Daarom, verwonder julle nie oor hierdie dinge nie, want julle is nog nie asuiwer nie; julle kan nog nie my heerlikheid verduur nie; maar julle sal dit aanskou indien julle getrou is om al my woorde te onderhou wat Ek julle bgegee het, vanaf die dae van Adam tot Abraham, vanaf Abraham tot Moses, vanaf Moses tot Jesus en sy apostels, en van Jesus en sy apostels tot Joseph Smith, vir wie Ek geroep het deur my cengele, my dienende diensknegte, en deur my eie stem uit die hemele, om my werk voort te bring.

38 Welke fondament hy gelê het, en getrou was; en Ek het hom tot myself geneem.

39 Vele het hulle verwonder vanweë sy dood; maar dit was noodsaaklik dat hy sy agetuienis met sy bbloed cverseël, sodat hy vereer mag word en die bose veroordeel mag word.

40 Het Ek julle nie van julle avyande verlos nie, slegs op so ’n wyse dat Ek ’n getuienis van my Naam agtergelaat het?

41 Nou, daarom, slaan ag, o julle volk van my akerk; en julle ouderlinge luister tesame; julle het my bkoninkryk ontvang.

42 Wees ywerig om al my gebooie te onderhou, sodat oordele nie oor julle kom nie, en julle geloof julle faal, en julle vyande oor julle triomfeer nie. Dus niks meer op hierdie tydstip nie. Amen en Amen.