Skrifture
Leer en Verbonde 135


Afdeling 135

Aankondiging van die martelaarskap van Joseph Smith die Profeet en sy broer, Hyrum Smith die Patriarg, te Carthage, Illinois, 27 Junie 1844. Hierdie dokument is ingesluit aan die einde van die 1844-uitgawe van die Leer en Verbonde, wat bykans gereed was vir publikasie toe Joseph en Hyrum Smith vermoor is.

1–2, Joseph en Hyrum sterf ’n marteldood in die Carthage-gevangenis; 3, Die vooraanstaande posisie van die Profeet word bekendgemaak; 4–7, Hulle onskuldige bloed getuig van die waarheid en die goddelikheid van die werk.

1 Om die getuienis van hierdie boek en die Boek van Mormon te verseël, kondig ons die amartelaarskap van bJoseph Smith die Profeet, en Hyrum Smith die Patriarg aan. Hulle is geskiet in die cCarthage-gevangenis op die 27ste Junie, 1844, ongeveer 5 nm., deur ’n gewapende bende—swart geverf—van 150 tot 200 persone. dHyrum is eerste geskiet en het kalm neergeval, en uitgeroep: Ek is ’n dooie man! Joseph het by die venster uitgespring en is doodgeskiet in die poging, en uitgeroep: O Here my God! Hulle is albei geskiet nadat hulle dood was, op ’n brutale wyse, en beide is deur vier koeëls getref.

2 aJohn Taylor en Willard Richards, twee van die twaalf, was die enigste persone in die kamer op daardie tydstip; eersgenoemde is op ’n wrede wyse gewond deur vier koeëls, maar het intussen herstel; laasgenoemde, deur die voorsienigheid van God, het ontsnap sonder selfs ’n gat in sy jas.

3 Joseph Smith, die aProfeet en bSiener van die Here, het meer gedoen, behalwe Jesus alleen, vir die heil van mense in hierdie wêreld, as enige ander mens wat ooit daarin geleef het. In die kort tydperk van twintig jaar, het hy die Boek van Mormon voortgebring, wat hy vertaal het deur die gawe en krag van God, en was die middel om dit te publiseer op twee kontinente; het die cvolheid van die ewigdurende evangelie, wat dit bevat het, aan die vier hoeke van die aarde gestuur; het die openbarings en gebooie wat hierdie boek van die Leer en Verbonde uitmaak, voortgebring, en vele ander wyse dokumente en opdragte tot voordeel van die kinders van mense; het duisende van die Heiliges van die Laaste Dae byeengebring, het ’n groot dstad gevestig, en ’n roem en naam agtergelaat wat nie vernietig kan word nie. Hy het groot geleef, en groot gesterf in die oë van God en sy volk; en soos die meeste van die Here se gesalfdes in antieke tye, het hy sy sending en sy werke verseël met sy eie ebloed; en so het sy broer Hyrum ook gedoen. In die lewe was hulle nie verdeeld nie, en in die dood was hulle nie geskei nie!

4 Toe Joseph na Carthage gegaan het om homself oor te gee aan die skyn-vereistes van die wet, het hy twee of drie dae voor sy sluipmoord gesê: “Ek gaan soos ’n alam na die slagting; maar ek is kalm soos ’n somersoggend; ek het ’n gewete sonder aanstoot teenoor God, en teenoor alle mense. Ek sal onskuldig sterf, en dit sal nog van my gesê word—hy is koelbloedig vermoor.”—Dieselfde oggend, nadat Hyrum gereedgemaak het om te vertrek—sal dit gesê word na die slagting? ja, want dit was so—het hy die volgende paragraaf gelees, naby die slot van die twaalfde hoofstuk van Ether, in die Boek van Mormon, en het die bladsy daar omgevou:

5 En dit het gebeur dat ek gebid het tot die Here sodat Hy aan die nie-Jode genade sal gee, dat hulle naasteliefde mag hê. En dit het gebeur dat die Here aan my gesê het: As hulle nie naasteliefde het nie, maak dit nie vir jou saak nie, jy was getrou; daarom, jou kleding sal agereinig word. En omdat jy jou swakheid gesien het, sal jy sterk gemaak word, totdat jy kan sit in die plek wat Ek berei het in die wonings van my Vader. En nou ek … sê vaarwel aan die nie-Jode, ja, en ook aan my broers vir wie ek liefhet, totdat ons sal ontmoet voor die bregterstoel van Christus, waar alle mense sal weet dat my kleding nie bevlek is met julle bloed nie. Die ctestateure is nou dood, en hulle testament is van krag.

6 Hyrum Smith was vier en veertig jaar oud in Februarie 1844, en Joseph Smith was agt en dertig in Desember 1843; en voortaan sal hulle name gelys word onder die martelaars van godsdiens; en die leser in elke nasie sal herinner word dat die Boek van Mormon, en hierdie boek van Leer en Verbonde van die kerk, die beste bloed van die negentiende eeu gekos het om hulle voort te bring vir die heil van ’n gevalle wêreld; en dat indien die vuur ’n agroen boom kan verskroei vir die heerlikheid van God, hoe maklik sal dit die droë bome verbrand om die wingerd te reinig van verderf. Hulle het vir heerlikheid geleef, hulle het vir heerlikheid gesterf, en heerlikheid is hulle ewige loon. Van eeu tot eeu sal hulle name beskou word as skatte vir die nageslag vir die geheiligdes.

7 Hulle was onskuldig aan enige misdaad, soos dit dikwels voorheen bewys is, en is slegs in die gevangenis opgesluit vanweë die sameswering van verraaiers en bose mense; en hulle onskuldige bloed op die vloer van die Carthage-gevangenis is ’n groot seël wat geplaas is op “Mormonisme” wat nie verwerp kan word deur enige hof op die aarde nie, en hulle onskuldige bloed op die embleem van die Staat Illinois, met die gebroke belofte van die Staat soos verseker deur die goewerneur, is ’n getuienis van die waaragtigheid van die ewigdurende evangelie wat die hele wêreld nie kan betwyfel nie; en hulle onskuldige bloed op die vaandel van vryheid, en op die magna charta van die Verenigde State, is ’n ambassadeur vir die godsdiens van Jesus Christus wat die harte sal aanraak van eerlike mense onder alle nasies; en hulle onskuldige bloed, tesame met die onskuldige bloed van al die martelaars onder die aaltaar wat Johannes gesien het, sal tot die Here van die Leërskare roep totdat hy daardie bloed op die aarde wreek. Amen.