Skrifture
Leer en Verbonde 124


Afdeling 124

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet, te Nauvoo, Illinois, 19 Januarie 1841. Vanweë toenemende vervolgings en onwettige prosedures teen hulle deur openbare amptenare, was die heiliges gedwing om Missouri te verlaat. Die uitwissingsbevel wat deur Lilburn W. Boggs, goewerneur van Missouri, gedateer 27 Oktober 1838, uitgereik was, het hulle geen keuse gelaat nie. In 1841, toe hierdie openbaring gegee is, was die stad Nauvoo op die plek van die voormalige dorpie Commerce, Illinois, opgebou deur die Heiliges, en hier is die hoofkwartier van die kerk gevestig.

1–14, Joseph Smith word gebied om ’n plegtige proklamasie van die evangelie te maak aan die president van die Verenigde State, die goewerneurs, en die heersers van alle nasies; 15–21, Hyrum Smith, David W. Patten, Joseph Smith Snr., en andere onder die lewendes en die dode word geseën vanweë hulle integriteit en deugde; 22–28, Die Heiliges word gebied om ’n huis te bou beide vir die onthaal van vreemdelinge en ’n tempel in Nauvoo; 29–36, Dope vir die dode moet in tempels uitgevoer word; 37–44, Die Here se volk bou altyd tempels vir die uitvoering van heilige ordinansies; 45–55, Die Heiliges word vrygestel van die bou van die tempel in die Jackson-distrik vanweë die verdrukking deur hul vyande; 56–83, Aanwysings word gegee vir die bou van die Nauvoo-huis; 84–96, Hyrum Smith word geroep om ’n patriarg te wees, om die sleutels te ontvang en om in die plek van Oliver Cowdery te staan; 97–122, William Law en andere word raad gegee ten opsigte van hulle arbeid; 123–145, Algemene en plaaslike ampsdraers word benoem, tesame met hulle pligte en kworum-verbintenisse.

1 Voorwaar, so sê die Here vir jou, my dienskneg Joseph Smith, Ek het ’n welbehae in jou offerande en bekentenisse wat jy gemaak het; want vir hierdie doel het Ek jou voorberei, sodat Ek my wysheid mag toon deur die aswak dinge van die aarde.

2 Jou gebede is aanvaarbaar voor my; en dit is in antwoord op hulle wat Ek vir jou sê, dat jy nou onmiddellik geroep word om ’n ernstige proklamasie te maak van my evangelie, en van hierdie apen wat Ek geplant het om ’n hoeksteen van Sion te wees, wat gepoleer sal word met die verfyning wat ooreenkomstig dié van ’n paleis is.

3 Hierdie proklamasie sal gemaak word aan al die akonings van die wêreld, aan die vier hoeke daarvan, aan die agbare pas-verkose president, en die eerbiedwaardige goewerneurs van die nasie waarin jy leef, en aan al die nasies van die aarde wat oraloor verstrooi is.

4 Laat dit geskryf word in die gees van asagmoedigheid en deur die mag van die Heilige Gees, wat in jou sal wees ten tyde die skrywe daarvan;

5 Want dit sal jou deur die Heilige Gees gegee word om my wil te ken aangaande daardie konings en gesaghebbendes, naamlik wat hulle sal oorkom in ’n toekomende tyd.

6 Want, kyk, Ek is op die punt om hulle te vra om ag te slaan op die lig en heerlikheid van Sion, want die bestemde tyd het gekom om haar te begunstig.

7 Roep jy, daarom, hulle aan met luide proklamasie, en met jou getuienis, en vrees hulle nie, want hulle is soos agras, en al hulle heerlikheid soos die blom daarvan wat gou val, sodat hulle ook sonder verskoning gelaat mag word—

8 En sodat Ek hulle mag besoek in die dag van besoeking, wanneer Ek die gesig van my bedekking sal ontsluier, om die deel van die verdrukker toe te wys onder die huigelaars, waar daar ’n agekners van tande is, indien hulle my diensknegte en my getuienis verwerp wat Ek aan hulle geopenbaar het.

9 En verder, Ek sal hulle besoek en hulle harte versag, talle van hulle vir julle beswil, sodat julle genade mag vind in hulle oë, sodat hulle tot die alig van die waarheid mag kom, en die nie-Jode tot die verheffing en verhoging van Sion.

10 Want die dag van my besoeking kom spoediglik, op ’n auur wat julle nie dink nie; en waar sal die veiligheid van my volk wees, en toevlug vir diegene van hulle wat sal oorbly?

11 Ontwaak, o konings van die aarde! Kom julle, o kom julle, met julle goud en julle silwer, tot die hulp van my volk, na die huis van die dogters van Sion.

12 En verder, voorwaar Ek sê vir jou, laat my dienskneg Robert B. Thompson jou help om hierdie proklamasie te skryf, want Ek het ’n welbehae in hom, en dat hy by jou moet wees.

13 Laat hom, daarom, ag slaan op jou raad, en Ek sal hom seën met ’n menigvuldigheid van seëninge; laat hom getrou en betroubaar wees in alle dinge van nou af, en hy sal groot wees in my oë;

14 Maar laat hom onthou dat Ek sy arentmeesterskap vanuit sy hande sal vereis.

15 En verder, voorwaar Ek sê vir jou, geseënd is my dienskneg aHyrum Smith; want Ek, die Here, het hom lief vanweë die bintegriteit van sy hart, en omdat hy dít liefhet wat reg is voor my, sê die Here.

16 Verder, laat my dienskneg John C. Bennett jou help in jou arbeid om my woord te stuur aan die konings en volke van die aarde, en jou bystaan, naamlik my dienskneg Joseph Smith, in die uur van verdrukking; en sy loon sal nie faal as hy araad aanvaar nie.

17 En vanweë sy liefde sal hy groot wees, want hy sal myne wees as hy dit doen sê die Here. Ek het die werk gesien wat hy gedoen het, wat Ek aanneem indien hy aanhou, en sal hom kroon met seëninge en groot heerlikheid.

18 En verder, Ek sê vir jou dat dit my wil is dat my dienskneg Lyman Wight moet aanhou om vir Sion te preek, in die gees van sagmoedigheid; en My bely voor die wêreld; en Ek sal hom na bo dra soos op vlerke van aarende; en hy sal heerlikheid en eer vir homself en vir my Naam verwerf.

19 Sodat wanneer hy sy werk sal voltooi, Ek hom tot myself mag ontvang, net soos Ek gedoen het met my dienskneg aDavid Patten, wat op die oomblik by My is, en ook my dienskneg bEdward Partridge, en ook my bejaarde dienskneg cJoseph Smith, Snr., wat dmet Abraham aan sy regterhand sit, en geseënd en heilig is hy, want hy is myne.

20 En verder, voorwaar Ek sê vir jou, my dienskneg George Miller is sonder abedrog; hy mag vertrou word vanweë die integriteit van sy hart; en vanweë die liefde wat hy het vir my getuienis, Ek die Here, het hom lief.

21 Ek sê daarom vir jou, Ek verseël op sy hoof die amp van ’n abiskop, net soos my dienskneg Edward Partridge, sodat hy die toewydings van my huis mag ontvang, sodat hy seëninge mag gee op die hoofde van die armes van my volk, sê die Here. Laat niemand my dienskneg George minag nie, want hy sal My eer.

22 Laat my dienskneg George, en my dienskneg Lyman, en my dienskneg John Snider, en andere, ’n ahuis vir my Naam bou, so een as wat my dienskneg Joseph aan hulle sal toon, op die plek wat hy ook aan hulle sal toon.

23 En dit sal ’n losieshuis wees, ’n huis waarheen vreemdelinge mag kom van ver om daarin te vertoef; daarom, laat dit ’n goeie huis wees, waardig van alle aanvaarding, sodat die moeë areisiger gesondheid en veiligheid mag vind terwyl hy die woord van die Here oordink; en die bhoeksteen wat Ek vir Sion aangewys het.

24 Hierdie huis sal ’n gesonde woning wees as dit vir my Naam gebou word, en indien die bestuurder wat daaroor aangestel sal word, nie sal toelaat dat enige besoedeling dit binnekom nie. Dit sal heilig wees, anders sal die Here jou God nie daarin woon nie.

25 En verder, voorwaar Ek sê vir jou, laat al my heiliges van ver kom.

26 En stuur julle vinnige boodskappers, ja, gekose boodskappers, en sê vir hulle: Kom julle, met alle julle goud, en julle silwer, en julle edelstene, en met al julle oudhede; en met almal wat kennis het van oudhede, wat wil kom, mag kom, en bring die plataan, en die sipresboom, en die denneboom, tesame met al die kosbare bome van die aarde;

27 En met yster, met koper, en met brons, en met sink, en met al julle kosbare dinge van die aarde; en bou ’n ahuis vir my Naam, vir die Allerhoogste om daarin te bwoon.

28 Want daar is nie ’n plek te vinde op die aarde waarheen Hy kan kom om dit weer te aherstel wat verlore was vir julle nie, of wat Hy weggeneem het, naamlik die volheid van die priesterskap.

29 Want ’n adoopvont is daar nie op die aarde, sodat hulle, my heiliges, bgedoop mag word vir diegene wat dood is nie—

30 Want hierdie ordinansie hoort in my huis, en kan nie aanvaarbaar wees vir My nie, slegs in die dae van julle armoede, waarin julle nie in staat was om ’n huis vir My te bou nie.

31 Maar Ek gebied julle, al my heiliges, om ’n huis vir My te abou; en Ek gun julle genoeg tyd om ’n huis vir My te bou; en gedurende hierdie tyd sal julle dope aanvaarbaar wees vir My.

32 Maar kyk, aan die einde van die aangewese tyd, sal julle dope vir die dode nie aanvaarbaar wees vir my nie; en as julle nie hierdie dinge doen aan die einde van die aangewese tyd nie, sal julle verwerp word as ’n kerk, met julle dode, sê die Here julle God.

33 Want voorwaar Ek sê vir julle, dat nadat julle genoeg tyd gehad het om vir My ’n huis te bou, waarin die ordinansie van die doop vir die dode behoort, en waarvoor dit ingestel is vanaf voor die grondlegging van die wêreld, kan julle dope vir die dode nie vir My aanvaarbaar wees nie.

34 Want daarin is die asleutels van die heilige priesterskap geordineer, sodat julle eer en heerlikheid mag ontvang.

35 En na hierdie tyd is julle dope vir die dode, deur diegene wat orals verstrooi is, nie aanvaarbaar vir My nie, sê die Here.

36 Want dit is geordineer dat in Sion, en in haar penne, en in Jerusalem, daardie plekke wat Ek aangedui het vir askuiling, sal die plekke wees vir die dope vir julle dooies.

37 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, hoe sal julle awassinge aanvaarbaar wees vir My, tensy julle hulle uitvoer in ’n huis wat julle vir my Naam gebou het?

38 Want, om hierdie rede het Ek Moses gebied dat hy ’n atabernakel moet bou, dat hulle dit saam met hulle moet dra in die wildernis, en om ’n bhuis te bou in die land van belofte, sodat daardie ordinansies geopenbaar mag word wat verborge was van voor die wêreld was.

39 Daarom, voorwaar Ek sê vir julle, dat julle asalwings, en julle wassinge en julle bdope vir die dode, en julle cplegtige samekomste, julle gedenkdienste vir julle doffers deur die seuns van Levi, en vir julle openbarings in julle eallerheiligste plekke waarin julle mededelinge ontvang, en julle insettinge en oordele, vir die begin van die openbarings en grondlegging van Sion, en vir die heerlikheid, eer, en begiftiging van al haar inwoners, word geordineer deur die ordinansie van my heilige huis, wat my volk altyd gebied word om vir my heilige Naam te bou.

40 En voorwaar Ek sê vir julle, laat hierdie huis gebou word vir my Naam, sodat Ek my ordinansies daarin aan my volk kan openbaar;

41 Want Ek ag dit gerade om aan my kerk dinge te aopenbaar wat verborge bgehou is van voor die grondlegging van die wêreld, dinge betreffende die tydvak van die cvolheid van tye.

42 aEn Ek sal aan my dienskneg Joseph alle dinge toon betreffende hierdie huis, en die priesterskap daarvan, en die plek waarop dit gebou sal word.

43 En julle sal dit op die plek bou waar julle oorweeg het om dit te bou, want dit is die plek wat Ek gekies het vir julle om dit te bou.

44 Indien julle arbei met al julle mag, sal Ek daardie plek toewy sodat dit ageheilig mag word.

45 En indien my volk sal ag slaan op my stem, en op die stem van my adiensknegte wat Ek aangestel het om my volk te lei, kyk, voorwaar, Ek sê vir julle, hulle sal nie verwyder word uit hulle plek nie.

46 Maar indien hulle nie wil ag slaan op my stem nie, nóg op die stem van hierdie mans wat Ek aangestel het, sal hulle nie geseënd wees nie, omdat hulle my heilige grond besoedel, en my heilige ordinansies en handveste, en my heilige woorde wat Ek aan hulle gee.

47 En dit sal geskied dat indien julle ’n huis vir my Naam bou, en nie die dinge doen wat Ek sê nie, sal Ek nie die aeed nakom wat Ek aan julle maak nie, nóg die beloftes vervul wat julle vanuit my hande verwag, sê die Here.

48 Want ain plaas van seëninge, julle, bring julle deur julle eie werke, vervloekinge, toorn, verontwaardiging, en oordele oor julle eie hoofde, deur julle dwaashede, en deur al jul gruwels, wat julle voor my beoefen, sê die Here.

49 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, dat wanneer Ek ’n gebod gee aan enige van die seuns van mense om ’n werk te doen vir my Naam, en daardie seuns van mense begin met hulle hele mag en met alles wat hulle het om daardie werk te doen, en nie ophou in hulle aywer nie, en hulle vyande val hulle aan en verhinder hulle om daardie werk uit te voer, kyk, dit betaam my dat Ek nie meer daardie werk van die hande van die seuns van mense bvereis nie, maar om hulle offerandes te aanvaar.

50 En die ongeregtigheid en oortredings van my heilige wette en gebooie sal Ek abesoek op die hoofde van diegene wat my werk verhinder het, tot die derde en vierde bgeslag, solank as wat hulle nie cbekeer nie, en My haat, sê die Here God.

51 Daarom, om hierdie rede het Ek die offerandes aanvaar van diegene wat Ek gebied het om ’n stad op te bou asook ’n ahuis vir my Naam, in die bJackson-distrik, Missouri, en verhinder is deur hulle vyande, sê die Here julle God.

52 Ek sal antwoord met aoordeel, toorn, en verontwaardiging, geween en smart, en gekners van tande op hulle hoofde, tot die derde en vierde geslag, solank hulle nie bekeer nie en My haat sê die Here julle God.

53 En dit maak Ek ’n voorbeeld vir julle, vir julle vertroosting aangaande al diegene wat gebied is om ’n werk te doen en verhinder is deur die hande van hulle vyande, en deur verdrukking, sê die Here julle God.

54 Want Ek is die Here julle God, en sal al diegene van julle broers red wat arein van hart was, en bgedood is in die land Missouri, sê die Here.

55 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, Ek gebied julle weer eens om ’n ahuis vir my Naam te bou, en wel op hierdie plek, sodat julle julself mag bbewys aan My dat julle getrou is in alle dinge wat Ek julle ook al gebied, sodat Ek julle mag seën, en julle kroon met eer, onsterflikheid, en die ewige lewe.

56 En nou sê Ek vir julle, betreffende my alosieshuis wat Ek julle gebied het om te bou vir die inwoning van vreemdelinge, laat dit vir my Naam gebou word, en laat my Naam daarop voorkom, en laat my dienskneg Joseph en sy huis plek daarin hê, van geslag tot geslag.

57 Want hierdie salwing het Ek op sy hoof geplaas, sodat sy seëning ook op die hoof van sy afstammelinge na hom geplaas sal word.

58 En soos Ek vir aAbraham gesê het aangaande die stamme van die aarde, net so sê Ek vir my dienskneg Joseph: In jou en in jou bsaad sal die stamme van die aarde geseën word.

59 Daarom, laat my dienskneg Joseph en sy saad na hom plek hê in daardie huis, van geslag tot geslag, vir ewig en ewig, sê die Here.

60 En laat die naam van daardie huis Nauvoo-huis genoem word; en laat dit ’n aangename woning wees vir die mens, en ’n rusplek vir die moeë reisiger, sodat hy die heerlikheid van Sion mag oordink, en die heerlikheid hiervan, die hoeksteen daarvan;

61 Sodat hy ook die raad mag ontvang van diegene wat Ek opgestel het as aplante van naam en as bwagters op haar mure.

62 Kyk, voorwaar Ek sê vir jou, laat my dienskneg George Miller, en my dienskneg Lyman Wight, en my dienskneg John Snider, en my dienskneg Peter Haws, hulleself organiseer, en een van hulle aanstel om ’n president van hulle kworum te wees vir die doel om daardie huis te bou.

63 En hulle sal ’n grondwet vorm, waardeur hulle aandelekapitaal mag ontvang vir die bou van daardie huis.

64 En hulle sal nie minder as vyftig dollar ontvang vir ’n aandeel in die kapitaal in daardie huis nie, en hulle sal toegelaat word om vyftienduisend dollar van enigeen vir aandele in daardie huis te ontvang.

65 Maar hulle sal nie toegelaat word om meer as vyftienduisend dollar vir aandele van een persoon te ontvang nie.

66 En hulle sal nie toegelaat word om minder as vyftig dollar vir ’n aandeel in die kapitaal van enigeen in daardie huis te ontvang nie.

67 En hulle sal nie toegelaat word om enigeen as ’n aandeelhouer in hierdie huis te ontvang nie, tensy hy sy aandelekapitaal in hulle hande betaal wanneer hy die aandele ontvang.

68 En in verhouding tot die bedrag aandelekapitaal wat hy in hulle hande betaal, sal hy aandele ontvang in daardie huis; maar indien hy niks in hulle hande betaal nie, sal hy nie enige aandele in daardie huis ontvang nie.

69 En indien enigeen aandelekapitaal in hulle hande betaal, sal dit wees vir aandele in daardie huis, vir homself, en vir sy geslag na hom, van geslag tot geslag, solank as hy en sy erfgename daardie aandele sal behou, en die aandele nie verkoop of oordra uit hulle hande deur hulle eie vrye wil en daad, indien julle my wil sal uitvoer, sê die Here julle God.

70 En verder, voorwaar, Ek sê vir julle, indien my dienskneg George Miller, en my dienskneg Lyman Wight, en my dienskneg John Snider, en my dienskneg Peter Haws, enige aandelekapitaal in hulle hande ontvang, in geld of in besittings waarin hulle die werklike waarde van geld ontvang, sal hulle nie enige deel van daardie aandelekapitaal gebruik vir enige ander doel nie, behalwe vir daardie huis.

71 En indien hulle wel enige gedeelte van daardie aandelekapitaal op enige ander plek aanwend, behalwe ten opsigte van daardie huis, sonder die toestemming van die aandeelhouer, en nie viervoudig terugbetaal vir die aandelekapitaal wat hulle op enige ander plek aangewend het nie, behalwe daardie huis, sal hulle vervloek wees, en sal uit hulle plek verwyder word, sê die Here God; want Ek, die Here, is God, en kan nie in enige van hierdie dinge abespot word nie.

72 Voorwaar Ek sê vir julle, laat my dienskneg Joseph aandelekapitaal in julle hande betaal vir die bou van daardie huis, soos hy goeddink; maar my dienskneg Joseph kan nie meer as vyftienduisend dollar aandelekapitaal betaal nie, ook nie minder as vyftig dollar nie, nóg kan enigeen anders, sê die Here.

73 En daar is ander ook wat my wil aangaande hul wil weet, want hulle het dit gevra van my hande.

74 Daarom sê Ek vir julle aangaande my dienskneg Vinson Knight, indien hy my wil wil doen, laat hom aandelekapitaal in daardie huis vir homself plaas, en vir sy geslag na hom, en van geslag tot geslag.

75 En laat hom sy stem lank en luid verhef, te midde van die volk, om die saak van die armes en die behoeftiges te abepleit; en moet hom nie laat faal nie, nóg dat sy hart moed verloor; en Ek sal sy offerandes baanvaar, want hulle sal nie vir My wees soos die offerandes van Kain nie, want hy sal myne wees, sê die Here.

76 Laat sy familie hulleself verbly en hulle harte wegkeer van verdrukking; want Ek het hom gekies en hom gesalf, en hy sal geëer word te midde van sy huis, want Ek sal al sy sondes vergewe, sê die Here. Amen.

77 Voorwaar Ek sê vir julle, laat my dienskneg Hyrum aandelekapitaal in daardie huis plaas soos hy goeddink vir homself en sy geslag na hom, van geslag tot geslag.

78 Laat my dienskneg Isaac Galland aandelekapitaal in daardie huis plaas; want Ek, die Here, het hom lief vir die werk wat hy gedoen het, en Ek sal al sy sondes vergewe, daarom, laat hom onthou word vir ’n belang in daardie huis van geslag tot geslag.

79 Laat my dienskneg Isaac Galland aangestel word onder julle en geordineer word deur my dienskneg William Marks, en deur hom geseën word, om met my dienskneg Hyrum te gaan om die werk uit te voer wat my dienskneg Joseph aan hulle sal uitwys, en hulle sal grootliks geseën word.

80 Laat my dienskneg William Marks aandelekapitaal in daardie huis plaas, soos hy goeddink, vir homself en sy geslag na hom, van geslag tot geslag.

81 Laat my dienskneg Henry G. Sherwood aandelekapitaal in daardie huis plaas, soos hy goeddink, vir homself en sy saad na hom, van geslag tot geslag.

82 Laat my dienskneg William Law aandelekapitaal in daardie huis plaas vir homself en sy saad na hom, van geslag tot geslag.

83 Indien hy my wil wil doen, moenie dat hy sy familie neem na die oostelike landstreke nie, naamlik na Kirtland, nietemin, Ek, die Here, sal Kirtland opbou, maar Ek, die Here, het ’n gésel voorberei vir die inwoners daarvan.

84 En met my dienskneg Almon Babbitt, is daar vele dinge waarin Ek nie ’n welbehae het nie; kyk, hy begeer om sy raad te vestig in plaas van die raad wat Ek geordineer het, naamlik dit van die Presidensie van my kerk; en hy rig ’n agoue kalf op vir die aanbidding van my volk.

85 Laat niemand van hierdie plek agaan wat hierheen gekom het wat poog om my gebooie te onderhou nie.

86 Indien hulle hier lewe, laat hulle vir My lewe; en indien hulle sterwe, laat hulle vir My sterwe; want hulle sal hier arus van alle arbeid, en sal hulle werke voortsit.

87 Daarom, laat my dienskneg William sy vertroue in My plaas, en ophou om te vrees oor sy familie, vanweë die siekte in die streek. Indien julle my aliefhet, onderhou my gebooie; en die siekte in die streek sal tot julle heerlikheid bstrek.

88 Laat my dienskneg William gaan en my ewigdurende evangelie met ’n luide stem verkondig, en met groot vreugde, soos hy geïnspireer sal word deur my aGees, aan die inwoners van Warsaw, en ook aan die inwoners van Carthage, en ook aan die inwoners van Burlington, en ook aan die inwoners van Madison, en geduldig en ywerig wag vir verdere opdragte tydens my algemene konferensie, sê die Here.

89 Indien hy my wil wil doen, laat hom van nou af ag slaan op die raad van my dienskneg Joseph, en met sy rente die asaak van die armes ondersteun, en bdie nuwe vertaling van my heilige woord aan die inwoners van die aarde publiseer.

90 En indien hy dit doen, sal Ek hom aseën met ’n menigvuldigheid van seëninge, sodat hy nie verlate sal wees nie, nóg sy saad bbedelend om brood gevind word.

91 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, laat my dienskneg William aangestel, geordineer, en gesalf word as ’n raadgewer vir my dienskneg Joseph, in die plek van my dienskneg Hyrum, sodat my dienskneg Hyrum die amp van Priesterskap en aPatriarg opneem, wat aan hom toegewys is deur sy vader, deur seëning en ook deur reg.

92 Dat hy van nou af die sleutels van die apatriargale seëninge op die hoofde van my hele volk sal hou.

93 Dat wie hy ook al seën, geseën sal word, en wie ook al hy avervloek, vervloek sal wees; dat wat hy ook al op die aarde sal bbind, in die hemel gebonde sal wees; en wat hy ook al sal losmaak op die aarde, losgemaak sal wees in die hemel.

94 En vanaf hierdie tyd wys Ek hom aan dat hy ’n profeet, en ’n asiener, en ’n openbaarder vir my kerk sal wees, asook my dienskneg Joseph;

95 Sodat hy in harmonie met my dienskneg Joseph kan optree; en dat hy raad sal ontvang van my dienskneg Joseph, wat aan hom die asleutels sal toon waardeur hy mag vra en ontvang, en gekroon word met dieselfde seëning, en heerlikheid, en eer, en priesterskap, en gawes van die priesterskap wat eens op hom geplaas is wat my dienskneg bOliver Cowdery was.

96 Sodat my dienskneg Hyrum getuienis mag lewer van die dinge wat Ek aan hom sal toon, sodat sy naam in eerbare herinnering mag wees van geslag tot geslag, vir ewig en ewig.

97 Laat my dienskneg William Law ook die sleutels ontvang waardeur hy seëninge mag vra en ontvang; laat hom anederig wees voor My, en sonder bbedrog wees, en hy sal van my Gees ontvang, naamlik die cTrooster, wat die waarheid van alle dinge aan hom sal openbaar, en sal aan hom op die bepaalde uur gee wat hy moet sê.

98 En hierdie atekens sal hom volg—hy sal die siekes bgenees, hy sal duiwels uitwerp, en sal verlos word van diegene wat dodelike gif aan hom wil toedien;

99 En hy sal in paaie gelei word waar die agiftige slang nie sy hakskeen kan gryp nie, en hy sal in die bverbeelding van sy gedagtes opstyg soos op die vleuels van ’n arend.

100 En wat daarvan indien Ek wil dat hy die dooies opwek, laat hom nie sy stem terughou nie.

101 Daarom, laat my dienskneg William hardop roep en nie terughou nie, met vreugde en blydskap, en met hosannas aan Hom wat op die troon sit vir ewig en ewig, sê die Here julle God.

102 Kyk, Ek sê vir julle, Ek het ’n sending gereed vir my dienskneg William, en my dienskneg Hyrum, en slegs vir hulle; en laat my dienskneg Joseph tuis vertoef, want hy word benodig. Die res sal Ek julle hierna toon. Dit is so. Amen.

103 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, indien my dienskneg aSidney My sal dien en ’n raadgewer wil wees vir my dienskneg Joseph, laat hom opstaan en in die amp van sy roeping staan, en homself verootmoedig voor My.

104 En indien hy ’n aanvaarbare offerande aan my offer, en bekentenisse, en by my volk bly, kyk, Ek, die Here julle God, sal hom genees dat hy genees sal wees; en hy sal weer sy stem verhef op die berge, en ’n asegsman voor my aangesig wees.

105 Laat hom kom en sy familie vestig in die buurt waar my dienskneg Joseph woon.

106 En op al sy reise, laat hom sy stem verhef soos met die klank van ’n trompet, en die inwoners van die aarde waarsku om die toorn wat kom, te ontvlug.

107 Laat hom my dienskneg Joseph bystaan, en laat ook my dienskneg William Law my dienskneg Joseph bystaan om ’n ernstige aproklamasie te maak aan die konings van die aarde, net soos Ek voorheen vir julle gesê het.

108 Indien my dienskneg Sidney my wil wil doen, moenie dat hy sy familie verhuis na die aoostelike landstreke nie, maar laat hom hulle woonplek verander, net soos Ek gesê het.

109 Kyk, dit is nie my wil dat hy sal poog om veiligheid en toevlug te vind buite die stad wat Ek aan julle toegewys het nie, naamlik die stad aNauvoo.

110 Voorwaar Ek sê vir julle, selfs nou, indien hy wil ag slaan op my stem, sal dit goed gaan met hom. Dit is so. Amen.

111 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, laat my dienskneg Amos Davies aandelekapitaal betaal in die hande van diegene wat Ek aangestel het om ’n losieshuis te bou, naamlik die Nauvoo-huis.

112 Laat hom dít doen indien hy ’n belang wil hê; en laat hom ag slaan op die raad van my dienskneg Joseph, en arbei met sy eie hande sodat hy die vertroue van mense kan wen.

113 En wanneer hy homself getrou sal bewys in alle dinge wat aan sy sorg toevertrou sal word, ja, naamlik ’n paar dinge, sal hy aheerser oor vele gemaak word.

114 Laat hom homself daarom averneder sodat hy verhef mag word. Dit is so. Amen.

115 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, indien my dienskneg Robert D. Foster my stem wil gehoorsaam, laat hom ’n huis bou vir my dienskneg Joseph, volgens die kontrak wat hy met hom gesluit het, soos die deur van tyd tot tyd vir hom sal open.

116 En laat hom bekeer van al sy dwaashede, en homself beklee met anaasteliefde; en ophou om boosheid te doen, en al sy harde woorde opsy sit;

117 En ook aandelekapitaal in die hande van die kworum van Nauvoo-huis betaal, vir homself en vir sy geslag na hom, van geslag tot geslag;

118 En ag slaan op die raad van my diensknegte Joseph en Hyrum, en William Law, en aan die gesaghebbers wat Ek geroep het om die fondament van Sion te lê; en dit sal goed gaan met hom vir ewig en ewig. Dit is so. Amen.

119 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, laat niemand aandelekapitaal betaal aan die kworum van Nauvoo-huis nie, tensy hy ’n gelowige is in die Boek van Mormon, en die openbarings wat Ek aan julle gegee het, sê die Here julle God.

120 Want dit wat ameer of minder is as hierdie kom van die bose, en sal gepaard gaan met vervloekinge en nie seëninge nie, sê die Here julle God. Dit is so. Amen.

121 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, laat die kworum van die Nauvoo-huis ’n regverdige vergoeding van loon ontvang vir al hulle arbeid wat hulle verrig in die bou van die Nauvoo-huis en laat hulle loon wees soos onderling ooreengekom, betreffende die bedrag daarvan.

122 En laat elkeen wat aandelekapitaal betaal, sy gedeelte van hulle loon dra, indien dit nodig is, vir hulle onderhoud, sê die Here; andersins sal hulle arbeid gereken word as aandelekapitaal in daardie huis. Dit is so. Amen.

123 Voorwaar Ek sê vir julle, Ek gee nou aan julle die aampsdraers behorende tot my Priesterskap, dat julle die bsleutels daarvan mag hou, naamlik die Priesterskap wat volgens die orde van cMelgisédek is, wat na die orde van my Eniggebore Seun is.

124 Eerstens, gee Ek aan julle Hyrum Smith om ’n apatriarg te wees vir julle, om die bverseëlende seëninge van my kerk te hou, naamlik die Heilige Gees van die cbelofte; waardeur julle dverseël word tot die dag van verlossing, sodat julle nie mag val nie, nieteenstaande die euur van versoeking wat oor julle mag kom.

125 Ek gee aan julle my dienskneg Joseph om ’n presiderende ouderling oor my hele kerk te wees, om ’n vertaler, ’n openbaarder, ’n asiener, en profeet te wees.

126 Ek gee vir hom as raadgewers my dienskneg Sidney Rigdon en my dienskneg William Law, sodat hulle ’n kworum en Eerste Presidensie mag uitmaak, om die aopenbarings namens die hele kerk te ontvang.

127 Ek gee aan julle my dienskneg aBrigham Young om ’n president oor die reisende raad van die Twaalf te wees;

128 Welke aTwaalf die sleutels hou om die gesag te open van my koninkryk in die vier hoeke van die aarde, en daarna om my woord aan elke skepsel te bstuur.

129 Hulle is Heber C. Kimball, Parley P. Pratt, Orson Pratt, Orson Hyde, William Smith, John Taylor, John E. Page, Wilford Woodruff, Willard Richards, George A. Smith;

130 aDavid Patten het Ek tot myself bgeneem; kyk, sy priesterskap neem niemand van hom nie; maar, voorwaar, Ek sê vir julle, ’n ander mag aangestel word in dieselfde roeping.

131 En verder, Ek sê vir julle, Ek gee aan julle ’n ahoëraad, vir die hoeksteen van Sion—

132 Naamlik, Samuel Bent, Henry G. Sherwood, George W. Harris, Charles C. Rich, Thomas Grover, Newel Knight, David Dort, Dunbar Wilson—Seymour Brunson het Ek vir myself geneem; sy priesterskap neem niemand nie; maar ’n ander mag aangestel word tot dieselfde priesterskap in sy plek; en voorwaar Ek sê vir julle, laat my dienskneg Aaron Johnson tot hierdie roeping in sy plek geordineer word—David Fullmer, Alpheus Cutler, William Huntington.

133 En verder, Ek gee aan julle Don C. Smith om ’n president te wees oor ’n kworum van hoëpriesters;

134 Welke ordinansie ingestel is vir die doel om diegene te kwalifiseer wat aangestel sal word as staande presidente of diensknegte oor die verskillende apenne wat oraloor verstrooi is;

135 En hulle mag ook reis indien hulle verkies, maar moet eerder geordineer word as staande presidente; dit is die amp van hulle roeping, sê die Here julle God.

136 Ek gee aan hom Amasa Lyman en Noah Packard as raadgewers, sodat hulle mag presideer oor die kworum van hoëpriesters van my kerk, sê die Here.

137 En verder, Ek sê vir julle, Ek gee aan julle John A. Hicks, Samuel Williams, en Jesse Baker, welke priesterskap is om te presideer oor die kworum van aouderlinge, welke kworum ingestel is as staande dienaars; nietemin, hulle mag reis, tog is hulle geordineer om staande dienaars vir my kerk te wees, sê die Here.

138 En verder, Ek gee aan julle Joseph Young, Josiah Butterfield, Daniel Miles, Henry Herriman, Zera Pulsipher, Levi Hancock, James Foster om oor die kworums van asewentigs te presideer;

139 Welke kworum ingestel is vir reisende ouderlinge om getuienis te lewer van my Naam in die hele wêreld waarheen die reisende hoëraad, my apostels, hulle sal stuur om ’n weg voor te berei voor my aangesig.

140 Die verskil tussen hierdie kworum en die kworum van ouderlinge is dat die een voortdurend moet reis, en die ander moet oor die kerke van tyd tot tyd presideer; die een het die verantwoordelikheid om van tyd tot tyd te presideer, en die ander het geen verantwoordelikheid om te presideer nie, sê die Here julle God.

141 En verder, Ek sê vir julle, Ek gee aan julle Vinson Knight, Samuel H. Smith, en Shadrach Roundy indien hy dit sal aanvaar, om te presideer oor die abisdom; ’n kennis van genoemde bisdom is aan julle in die boek van die bLeer en Verbonde gegee.

142 En verder, Ek sê vir julle, Samuel Rolfe en sy raadgewers as priesters, en die president van die leraars en sy raadgewers, en ook die president van die diakens en sy raadgewers, en ook die president van die pen en sy raadgewers.

143 Die bogenoemde ampte het Ek aan julle gegee, en die sleutels daarvan, vir hulp en vir bestuur, vir die werk van die bediening en die avervolmaking van my heiliges.

144 En ’n gebod gee Ek aan julle, dat julle al hierdie ampte moet vul en daardie name agoedkeur wat Ek genoem het, of anders hulle afkeur tydens my algemene konferensie;

145 En dat julle kamers moet voorberei vir al hierdie ampte in my huis wanneer julle dit vir my Naam bou, sê die Here julle God. Dit is so. Amen.