Skrifture
Leer en Verbonde 123


Afdeling 123

Plig van die Heiliges ten opsigte van hulle vervolgers, soos geskryf deur Joseph Smith die Profeet terwyl hy ’n gevangene was in die gevangenis te Liberty, Missouri. Hierdie afdeling is ’n uittreksel uit ’n brief aan die Kerk gedateer 20 Maart 1839 (sien die opskrif van afdeling 121).

1–6, Die Heiliges moet ’n verslag van hulle lydings en vervolgings versamel en publiseer; 7–10, Dieselfde gees wat die valse geloofsbelydenisse gevestig het, lei ook tot die vervolging van die Heiliges; 11–17, Vele onder alle sektes sal nog die waarheid ontvang.

1 En verder, ons wil vir julle oorweging die wenslikheid voorstel dat al die heiliges ’n kennis van al die feite versamel, en lydings en mishandeling wat op hulle geplaas is deur die mense van hierdie Staat;

2 En ook van al die besittings en omvang van die skade wat hulle gely het, beide van karakter en persoonlike beserings, sowel as vaste eiendom;

3 En ook die name van al die persone wat ’n aandeel gehad het in hulle verdrukkinge, in soverre hulle hul in die hande kan kry en hulle kan uitvind.

4 En moontlik kan ’n komitee aangestel word om hierdie dinge uit te vind, en om verklarings af te neem asook beëdigde verklarings; en ook om die lasterlike publikasies wat in omloop is, bymekaar te maak.

5 En alles wat in die tydskrifte is, en in die ensiklopedieë, en al die lasterlike geskiedenisse wat gepubliseer word, en geskryf word, en deur wie, en die hele aaneenskakeling van duiwelse skurkagtigheid en bose en moordlustige misdade wat uitgevoer is op hierdie volk—

6 Sodat ons hulle nie net aan die hele wêreld bekendmaak nie, maar sodat ons hulle aan die hoofde van regerings kan voorlê in al hulle duistere en helse skakeringe, as die laaste poging wat van ons vereis word deur ons Hemelse Vader, voor ons ten volle en volledig daardie belofte kan opeis wat Hom sal uitroep vanuit sy askuilplek; en ook sodat die hele nasie sonder verskoning gelaat mag word voor Hy die krag van sy magtige arm kan uitstuur.

7 Dit is ’n onvermydelike plig wat ons aan God verskuldig is, aan engele, met wie ons gebring sal word om te staan, en ook aan onsself, aan ons vroue en kinders, wat gedwing is om neer te buig vanweë leed, droefheid, en sorge, onder die mees verdoemlike hand van moord, tirannie, en onderdrukking, ondersteun en aangespoor en onderhou deur die invloed van daardie gees wat so sterk die geloofsoortuiginge van die vaders vasgenael het, wat leuens beërwe het, in die harte van die kinders, en die wêreld gevul het met verwarring, en het sterker en sterker gegroei, en is nou die hoofbron van alle korrupsie, en die hele aaarde kreun onder die gewig van sy ongeregtigheid.

8 Dit is ’n ysere ajuk, dit is ’n sterk band; hulle is in der waarheid boeie, en kettings, en kluisters en bande van die hel.

9 Dit is daarom ’n onvermydelike plig wat ons skuld, nie slegs aan ons eie vroue en kinders nie, maar aan die weduwees en die vaderloses, wie se mans en vaders avermoor is onder sy ysere hand;

10 Welke donker en duisterniswekkende dade genoeg is om die hel self te laat sidder, en om geskok en bleek te staan, en selfs die hande van die duiwel te laat bewe en te skud.

11 En dit is ook ’n onvermydelike plig wat ons skuld aan die opkomende geslag, en aan al die reines van hart—

12 Want daar is vele nog op die aarde onder alle sektes, partye, en genootskappe, wat averblind is deur die sluwe listigheid van die mens, waardeur hulle op loer lê om te bedrieg, en wat slegs van die waarheid weerhou word omdat hulle bnie weet waar om dit te vind nie—

13 Daarom, dat ons ons lewens moet deurbring en afslyt om al die averborge dinge van die duisternis aan die lig te bring, waarin ons hulle ken; en hulle word waarlik vanuit die hemel geopenbaar—

14 Hierdie moet dan met groot erns hanteer word.

15 Laat niemand hulle as geringe dinge reken nie; want daar is veel wat in die toekoms lê, betreffende die heiliges, wat van hierdie dinge afhang.

16 Julle weet broers, dat ’n baie groot skip baie abevoordeel word deur ’n baie klein stuur tydens ’n storm, deur dit te laat saamwerk met die wind en die golwe.

17 Daarom, geliefde broers, laat ons ablymoedig alle dinge doen wat in ons mag is; en dan mag ons stilstaan, met die uiterste versekering, om die bheil van God te sien, en vir sy arm om geopenbaar te word.