Skrifture
Leer en Verbonde 121


Afdeling 121

Gebed en profesieë geskryf deur Joseph Smith die Profeet in ’n brief aan die Kerk terwyl hy ’n gevangene was in die gevangenis in Liberty, Missouri, gedateer 20 Maart 1839. Die Profeet en verskeie metgeselle was maande lank in die gevangenis. Hulle vertoë en appèlle gerig aan die uitvoerende amptenare en die regbank, het misluk om vir hulle verligting te bring.

1–6, Die Profeet pleit by die Here vir die Heiliges wat ly; 7–10, Die Here spreek vrede tot hom; 11–17, Vervloek is al diegene wat valse uitroepe maak van oortreding teen die Here se volk; 18–25, Hulle sal nie die reg tot die priesterskap hê nie en sal verdoem word; 26–32, Wonderbaarlike openbarings word beloof aan diegene wat dapper volhard; 33–40, Waarom vele geroep word en weinig gekies word; 41–46, Die priesterskap moet slegs in regverdigheid gebruik word.

1 O God, waar is U? En waar is die tent wat u askuilplek bedek?

2 aHoe lank sal u hand weerhou word, en u oog, ja u suiwere oog, vanuit die ewige hemele die onregte teen u volk en teen u diensknegte aanskou, en u oor binnegedring word met hulle geroep?

3 Ja, o Here, ahoe lank sal hulle hierdie onregte en onwettige onderdrukkings ly, voor u hart teenoor hulle versag word, en u binneste gevul word met ontferming teenoor hulle?

4 O Here God aAlmagtig, maker van die hemel, aarde en seë, en van alle dinge wat in hulle is, en wat die duiwel beheer en onderwerp, en die donker en duistere heerskappy van Sjeol—strek u hand uit; laat u oog deurdring; laat u tent opgeneem word; laat u bskuilplek nie langer bedek wees nie; laat u oor neig; laat u hart versag word, en u binneste ontroer wees met ontferming teenoor ons.

5 Laat u toorn ontvlam wees teen ons vyande; en, in die woede van u hart, met u swaard ons awreek van ons onregte.

6 Onthou u heiliges wat ly, o ons God; en u diensknegte sal hulle vir ewig verbly in u Naam.

7 My seun, vrede vir jou siel; jou ateëspoed en verdrukkings sal slegs ’n kort oomblik wees;

8 En dan, indien jy dit goed averduur, sal God jou omhoog verhef; jy sal triomfeer oor al jou vyande.

9 Jou avriende staan jou by, en hulle sal jou weer groet met warm harte en vriendelike hande.

10 Jy is nog nie soos aJob nie; jou vriende stry nie teen jou nie, nóg beskuldig hulle jou van oortreding, soos hulle met Job gedoen het.

11 En hulle wat jou beskuldig van oortreding, hulle hoop sal vernietig word, en hulle vooruitsigte sal wegsmelt soos die wit aryp smelt voor die brandende strale van die opkomende son;

12 En ook dat God sy hand en seël daarop geplaas het om die atye en die seisoene te verander, en om hulle verstand te verblind, sodat hulle nie sy wonderbaarlike werkinge mag verstaan nie; sodat hy hulle ook mag beproef en hulle in hul eie listigheid vang.

13 En ook omdat hulle harte verdorwe is, en die dinge wat hulle gewillig is om oor andere te bring, en daarvan hou dat andere ly, oor ahulleself mag kom tot die uiterste toe.

14 Sodat hulle ook teleurgesteld mag wees, en hulle hoop afgesny mag word;

15 En nie baie jare van nou af nie, dat hulle en hul nageslag afgevee sal word van onder die hemel, sê God, dat nie een van hulle oorbly om by die muur te staan nie.

16 Vervloek is al diegene wat die hakskeen oplig teen my agesalfdes, sê die Here, en uitroep dat hulle bgesondig het wanneer hulle nie voor My gesondig het nie, sê die Here, maar dit gedoen het wat gepas was in my oë, en wat Ek hulle gebied het.

17 Maar diegene wat oortreding roep, doen dit omdat hulle die diensknegte van die sonde is, en self die akinders van ongehoorsaamheid is.

18 En diegene wat valslik sweer teen my diensknegte, sodat hulle hul tot slawerny en die dood mag bring—

19 Wee hulle; omdat hulle my kleintjies aaanstoot gegee het, sal hulle afgesny word van die bordinansies van my huis.

20 Hulle amandjie sal nie vol wees nie, hulle huise en hulle skure sal vergaan, en hulleself sal verag word deur diegene wat hulle gevlei het.

21 Hulle sal nie die reg tot die apriesterskap hê nie, nóg hulle nageslag na hulle van geslag tot geslag.

22 Dit sou abeter vir hulle gewees het as ’n meulsteen om hulle nekke gehang was, en hulle in die diepte van die see verdrink het.

23 Wee al diegene wat my volk pla, en hulle verdryf, en vermoor, en getuig teen hulle, sê die Here van die Leërskare; ’n ageslag van adders sal nie die verdoemenis van die hel vryspring nie.

24 Kyk, my oë asien en ken al hulle werke, en Ek het ’n spoedige boordeel wat wag in die seisoen daarvan, vir hulle almal;

25 Want daar is ’n atyd bepaal vir elke mens, volgens wat sy bwerke sal wees.

26 God sal aan julle akennis gee deur sy bHeilige Gees, ja deur die onuitspreeklike cgawe van die Heilige Gees, wat nie geopenbaar is vanaf die wêreld was tot nou nie;

27 Wat ons voorvaders afgewag het met gretige verwagtinge om geopenbaar te word in die laaste tye, waarop hulle gedagtes gerig is deur die engele, soos teruggehou vir die volheid van hulle heerlikheid;

28 ’n Toekomstige tyd waarin aniks teruggehou sal word nie, hetsy daar een God of vele bgode is, dit sal geopenbaar word.

29 Alle trone en heerskappye, prinsdomme en magte, sal ageopenbaar en geskenk word aan almal wat dapper volhard het vir die evangelie van Jesus Christus.

30 En ook, of daar aperke gestel is aan die hemele of die seë, of aan die droë grond, of aan die son, maan of sterre—

31 Al die tye van hulle omwentelinge, al die aangewese dae, maande, en jare, en al die dae van hulle dae, maande, en jare, en al hulle heerlikhede, wette, en vasgestelde tye, sal geopenbaar word in die dae van die atydvak van die volheid van tye—

32 Ooreenkomstig dit wat geordineer is in die midde van die aRaad van die Ewige bGod van alle ander gode voor hierdie wêreld was, wat teruggehou is tot die voleinding en die einde daarvan, wanneer elkeen sy ewige cteenwoordigheid en sy onsterflike drus sal binnegaan.

33 Hoe lank kan rollende waters onsuiwer bly? Watter krag sal die hemele terughou? Net so min as wat ’n mens sy swak arm mag uitstrek om die Missouri-rivier in sy vasgestelde koers te stop, of dit stroomop te draai, net so om die Almagtige te verhinder om akennis van die hemel op die hoofde van die Heiliges van die Laaste Dae uit te stort.

34 Kyk, daar is vele ageroep, maar weinig word bgekies. En waarom word hulle nie gekies nie?

35 Omdat hulle harte so gesteld is op die dinge van hierdie awêreld, en strewe na die beer van mense, dat hulle nie hierdie een les leer nie—

36 Dat die aregte van die priesterskap onlosmaaklik verbind is met die bmagte van die hemel, en dat die magte van die hemel nie beheer nóg hanteer kan word, behalwe volgens die beginsels van cregverdigheid.

37 Dat hulle aan ons toegeken mag word, dit is waar; maar wanneer ons probeer om ons asondes te bbedek, of om ons choogmoed te bevredig, ons ydele ambisie, of om beheer of heerskappy of dwang uit te oefen oor die siele van die kinders van mense, in enige mate van ongeregtigheid, kyk, die hemele donttrek hulleself; die Gees van die Here is gegrief; en wanneer dit onttrek is, Amen aan die priesterskap of die gesag van daardie man.

38 Kyk, voor hy bewus is, is hy aan homself oorgelaat, om teen die prikkels te askop, om die heiliges te bvervolg, en om teen God te stry.

39 Ons het deur bittere ervaring geleer dat dit die aaard en geneigdheid van feitlik alle mense is, so gou as wat hulle ’n bietjie gesag kry, soos hulle veronderstel, sal hulle onmiddellik begin om onregverdige heerskappy uit te oefen.

40 Daarom word vele geroep, maar weinig word gekies.

41 Geen mag of invloed kan of behoort gehandhaaf te word deur middel van die priesterskap nie, behalwe deur aoorreding, deur blankmoedigheid, deur saggeaardheid en sagmoedigheid, en deur ongeveinsde liefde.

42 Deur vriendelikheid, en suiwere kennis, wat die siel grootliks sal vergroot sonder ahuigelary, en sonder bbedrog

43 En aberispe betyds met skerpheid, wanneer geïnspireer deur die Heilige Gees; en toon dan daarna ’n toename in bliefde teenoor hom wat jy berispe het, sodat hy jou nie as sy vyand beskou nie;

44 Sodat hy mag weet dat jou getrouheid sterker is as die bande van die dood.

45 Laat jou binneste ook gevul wees met naasteliefde teenoor alle mense, en teenoor die huisgenote van die geloof, en laat adeugsaamheid jou bgedagtes voortdurend versier; dan sal jou selfvertroue toeneem in die teenwoordigheid van God; en die leerstelling van die priesterskap sal op jou siel neerdrup soos die cdou vanuit die hemel.

46 Die aHeilige Gees sal jou voortdurende metgesel wees, en jou septer, ’n onveranderende septer van regverdigheid en waarheid; en jou bheerskappy sal ’n ewigdurende heerskappy wees, en sonder dwang sal dit vir ewig en ewig na jou vloei.