Skrifture
Leer en Verbonde 112


Afdeling 112

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Thomas B. Marsh, te Kirtland, Ohio, 23 Julie 1837, aangaande die Twaalf Apostels van die Lam. Hierdie openbaring is ontvang op die dag wat Ouderlinge Heber C. Kimball en Orson Hyde die evangelie die eerste keer in Engeland gepredik het. Thomas B. Marsh was op hierdie tydstip President van die Kworum van die Twaalf Apostels.

1–10, Die Twaalf moet die evangelie stuur en ’n waarskuwende stem verhef tot alle nasies en volke; 11–15, Hulle moet hul kruis opneem, Jesus volg en sy skape voed; 16–20, Diegene wat die Eerste Presidensie ontvang, ontvang die Here; 21–29, Duisternis bedek die aarde, en slegs diegene wat glo en gedoop word sal gered word; 30–34, Die Eerste Presidensie en die Twaalf hou die sleutels van die tydvak van die volheid van tye.

1 Voorwaar so sê die Here, aan jou my dienskneg Thomas: Ek het jou gebede aangehoor; en jou aalmoese het na My opgekom as ’n aherinnering voor My, namens diegene, jou broers, wat gekies is om getuienis te lewer van my Naam en om dit te orals heen te bstuur onder alle nasies, stamme, tale, en volke, en geordineer word deur middel van my diensknegte.

2 Voorwaar Ek sê vir jou, daar was ’n paar dinge in jou hart en met jou waarin Ek, die Here, nie ’n welbehae gehad het nie.

3 Nietemin, in soverre jy jouself averneder het, sal jy verhef word; daarom, al jou sondes is jou vergewe.

4 Laat jou hart ablymoedig wees voor my aangesig; en jy sal getuienis lewer van my Naam, nie slegs aan die bnie-Jode nie, maar ook aan die cJode; en jy sal my woord uitstuur na die eindes van die aarde.

5 aStry, daarom, oggend na oggend; en laat jou bwaarskuwende stem dag na dag uitgaan; en wanneer die nag kom, moenie die inwoners van die aarde laat sluimer nie, vanweë jou woorde.

6 Laat jou inwoning bekend wees in Sion, en moenie averhuis nie; want Ek, die Here, het ’n groot werk vir jou om te doen, om my Naam bekend te maak onder die kinders van mense.

7 Daarom, aomgord jou lendene vir die werk. Laat jou voete ook geskoei wees, want jy is gekose, jou pad lê tussen die berge, en onder vele nasies.

8 En deur jou woord sal vele hoës averneder word, en deur jou woord sal vele geringes verhef word.

9 Jou stem sal ’n bestraffing wees vir die oortreder; en met jou bestraffing, laat die tong van die lasteraar ophou met sy goddeloosheid.

10 Wees jy anederig; en die Here jou God sal jou aan die hand lei, en jou antwoord gee op jou gebede.

11 Ek ken jou hart, en het jou gebede aangaande jou broers gehoor. Wees nie partydig teenoor hulle in aliefde bo vele ander nie, maar laat jou liefde vir hulle wees soos vir jouself; en laat jou liefde oorvloedig wees vir alle mense, en vir almal wat my Naam liefhet.

12 En bid vir die broers van die Twaalf. Vermaan hulle streng om my Naams ontwil, en laat hulle vermaan word oor al hulle sondes, en wees jy getrou voor My aan my aNaam.

13 En na hulle aversoekings, en veel bbeproewing, kyk, Ek, die Here, sal hulle soek, en indien hulle nie hulle harte verhard nie, en nie hulle nekke verstyf teen My nie, sal hulle cbekeer word, en Ek sal hulle genees.

14 Nou, Ek sê vir jou, en wat Ek vir jou sê, sê Ek aan al die Twaalf: Staan op en omgord julle lendene, neem julle akruis op, volg My, en bvoed my skape.

15 Verhef nie julleself nie; arebelleer nie teen my dienskneg Joseph nie; want voorwaar Ek sê vir julle, Ek is met hom, en my hand sal oor hom wees; en die bsleutels wat Ek aan hom gegee het, en ook aan jou, sal nie van hom geneem word tot Ek kom nie.

16 Voorwaar Ek sê vir jou, my dienskneg Thomas, jy is die man wat Ek gekies het om die sleutels van my koninkryk te hou, met betrekking tot die Twaalf, oraloor onder alle nasies—

17 Sodat jy my dienskneg mag wees om die deur van die koninkryk te ontsluit in alle plekke waar my dienskneg Joseph, en my dienskneg aSidney, en my dienskneg bHyrum, nie kan kom nie;

18 Want op hulle het Ek die las geplaas van al die kerke vir ’n kort tydjie.

19 Daarom, waarheen hulle jou ook al stuur, gaan jy, en Ek sal met jou wees; en in welke plek jy my Naam sal verkondig, sal ’n aeffektiewe deur vir jou geopen word, sodat hulle my woord mag ontvang.

20 Wie ook al my woord aontvang, ontvang My, en wie ook al My ontvang, ontvang diegene, die Eerste Presidensie, wat Ek gestuur het, wat Ek raadgewers gemaak het vir my Naams ontwil vir julle.

21 En verder, Ek sê vir julle, dat wie julle ook al sal stuur in my Naam, deur die stem van julle broers, die aTwaalf, behoorlik aanbeveel en bgemagtig deur julle, sal mag hê om die deur van my koninkryk te ontsluit vir enige nasie waarheen julle hulle ook al sal stuur—

22 In soverre hulle hulself sal verootmoedig voor My, en in my woord bly, en aag slaan op die stem van my Gees.

23 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, aduisternis bedek die aarde, en groot duisternis die verstand van die mense, en alle vlees het bverdorwe geword voor my aangesig.

24 Kyk, awraak kom spoediglik oor die inwoners van die aarde, ’n dag van toorn, ’n dag van verbranding, ’n dag van verlatenheid, van bgeween, van rou, en van weeklag; en soos ’n warrelwind sal dit oor die hele aangesig van die aarde kom, sê die Here.

25 En by my huis sal dit abegin, en van my huis sal dit uitgaan, sê die Here;

26 Eerste onder diegene onder julle, sê die Here, wat avoorgegee het om my Naam te ken en My nie bgeken het nie, en cgelaster het teen My te midde van my huis, sê die Here.

27 Daarom, sien toe dat julle nie julself bekommer aangaande die sake van my kerk in hierdie plek nie, sê die Here.

28 Maar areinig julle harte voor My; en dan bgaan julle in die hele wêreld, en preek my evangelie aan elke skepsel wat dit nie ontvang het nie;

29 En hy wat aglo en bgedoop word sal gered word, en hy wat nie glo nie, en nie gedoop word nie, sal cverdoem word.

30 Want aan julle, die aTwaalf, en diegene, die bEerste Presidensie, wat aangestel is met jou om jou raadgewers en jou leiers te wees, word die mag van hierdie priesterskap gegee, vir die laaste dae en vir die laaste keer, waarin die ctydvak van die volheid van tye is,

31 Welke mag julle hou, in verband met al diegene wat ’n tydvak ontvang het te eniger tyd vanaf die begin van die skepping;

32 Want voorwaar Ek sê vir julle, die asleutels van die tydvak, wat julle ontvang het, het van die vaders bafgekom, en laaste van alles, is neergestuur van die hemel na julle.

33 Voorwaar Ek sê vir julle, kyk hoe groot is julle roeping. aReinig julle harte en julle kleding, sodat die bloed van hierdie geslag nie van julle hande bvereis word nie.

34 Wees getrou tot Ek kom, want Ek akom spoediglik; en my beloning is met my om elke mens te vergoed volgens wat sy bwerke sal wees. Ek is Alfa en Omega. Amen.