Skrifture
Leer en Verbonde 103


Afdeling 103

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 24 Februarie 1834. Hierdie openbaring is ontvang na die aankoms in Kirtland, Ohio, van Parley P. Pratt en Lyman Wight, wat vanaf Missouri gekom het om met die Profeet te raadpleeg ten opsigte van die verligting en herstelling van die Heiliges tot hulle grond in die Jackson-distrik.

1–4, Waarom die Here toegelaat het dat die Heiliges in die Jackson-distrik vervolg is; 5–10, Die Heiliges sal oorwin indien hulle die gebooie onderhou; 11–20, Die herstelling van Sion sal kom deur krag, en die Here sal sy volk vooruitgaan; 21–28, Die Heiliges moet in Sion byeenkom en diegene wat hulle lewens neerlê, sal hulle weer vind; 29–40, Verskeie broers word geroep om Sion se Kamp te organiseer en na Sion te gaan; hulle word oorwinning beloof indien hulle getrou is.

1 Voorwaar Ek sê vir julle, my vriende, kyk, Ek sal aan julle ’n openbaring en ’n gebod gee sodat julle mag weet hoe om op te atree in die vervulling van julle pligte betreffende die heil en bherstelling van julle broers, wat verstrooi is op die land Sion.

2 Wat averdryf en geslaan is deur die hande van my vyande, op wie Ek my toorn sal uitstort sonder maat in my eie bepaalde tyd.

3 Want Ek het hulle toegelaat tot dusver, sodat hulle die maat van hulle ongeregtighede mag avol maak, sodat hulle beker vol mag wees;

4 En diegene wat hulleself na my Naam noem, mag agekasty word vir ’n kort tydjie met ’n sware en ernstige tugtiging, want hulle het nie algeheel bag geslaan op die beginsels en gebooie wat Ek aan hulle gegee het nie.

5 Maar voorwaar Ek sê vir julle, dat Ek ’n bevel beveel het wat my volk sal verwesenlik, in soverre hulle sal ag slaan vanaf hierdie presiese uur op die araad wat Ek, die Here hulle God, aan hulle sal gee.

6 Kyk, hulle sal, want Ek het dit beveel, begin om my vyande te oorwin vanaf hierdie presiese uur.

7 En deur aag te slaan om al die woorde te onderhou wat Ek, die Here hulle God, tot hulle sal spreek, sal hulle nooit ophou om te oorwin tot die bkoninkryke van die wêreld onderwerp is onder my voete nie, en die aarde aan die cheiliges dgegee word, om dit te ebesit vir ewig en ewig.

8 Maar in soverre hulle nie my gebooie aonderhou, en nie ag slaan om al my woorde te gehoorsaam nie, sal die koninkryke van die wêreld hulle oorwin.

9 Want hulle is daargestel om ’n alig vir die wêreld te wees, en om die redders van mense te wees;

10 En in soverre hulle nie die redders van mense is nie, is hulle soos asout wat sy smaak verloor het, en deug dit vir niks meer nie, slegs om uitgegooi en onder die voete van mense vertrap te word.

11 Maar voorwaar Ek sê vir julle, Ek het beveel dat julle broers wat verstrooi is, sal terugkeer na die agrond van hulle erfenisse, en sal die puinhope van Sion opbou.

12 Want na aveel beproewing, soos Ek aan julle gesê het in ’n vorige gebod, kom die seëning.

13 Kyk, dit is die seëning wat Ek julle beloof het na julle beproewings, en die beproewings van julle broers—julle herstelling en die herstelling van julle broers, naamlik hulle herstelling na die land Sion, om gevestig te word, om nie meer neergewerp te word nie.

14 Nietemin, indien hulle hul erfenisse besoedel, sal hulle omvergewerp word; want Ek sal hulle nie spaar as hulle hul erfenisse besoedel nie.

15 Kyk, Ek sê vir julle, die herstelling van Sion moet noodwendig kom deur krag;

16 Daarom, Ek sal vir my volk ’n man opwek wat hulle sal lei soos aMoses die kinders van Israel gelei het.

17 Want julle is die kinders van Israel, en van die asaad van Abraham, en julle moet noodwendig uit slawerny gelei word deur krag, en met ’n uitgestrekte arm.

18 En soos julle vaders aan die begin gelei was, net so sal die herstelling van Sion wees.

19 Daarom, laat julle harte nie moed verloor nie, want Ek sê nie aan julle soos Ek aan julle vaders gesê het nie: My aengel sal uitgaan voor julle, maar nie my bteenwoordigheid nie.

20 Maar Ek sê vir julle: My aengele sal uitgaan voor julle, en ook my teenwoordigheid, en uiteindelik sal julle die goeie land bbesit.

21 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dat my dienskneg Joseph Smith. Jr., die aman is met wie Ek die dienskneg vergelyk het met wie die Here van die bwingerd gespreek het in die gelykenis wat Ek aan julle gegee het.

22 Daarom, laat my dienskneg Joseph Smith, Jr., aan die asterkte van my huis sê, my jong manne en die middeljariges—Versamel julleself byeen na die land Sion, op die land wat Ek gekoop het met geld wat aan My toegewy is.

23 En laat al die kerke verstandige manne met hul geld opstuur, en grond akoop net soos Ek hulle gebied het.

24 En in soverre my vyande teen julle kom om julle te verdryf van my goeie aland, wat Ek toegewy het om die land Sion te wees, naamlik van julle eie lande na hierdie getuienisse, wat julle gebring het voor my teen hulle, sal julle hulle vervloek;

25 En wie ook al julle vervloek, sal Ek vervloek, en julle sal My wreek op my vyande.

26 En my teenwoordigheid sal met julle wees en wel om my te awreek op my vyande, tot die derde en vierde geslag van diegene wat My haat.

27 Laat geen mens bevrees wees om sy lewe om my ontwil neer te lê nie; want wie ook al sy lewe om my ontwil aneerlê, sal dit weer vind.

28 En wie ook al nie gewillig is om sy lewe neer te lê om my ontwil nie, is nie my dissipel nie.

29 Dit is my wil dat my dienskneg aSidney Rigdon sy stem sal verhef in die gemeentes van die oostelike streke, om die kerke voor te berei om die gebooie te onderhou wat Ek aan hulle gegee het aangaande die herstelling en die verlossing van Sion.

30 Dit is my wil dat my dienskneg aParley P. Pratt en my dienskneg Lyman Wight nie moet terugkeer na die land van hulle broers nie, tot hulle groepe verkry het om op te gaan na die land Sion, in tientalle, of twintigtalle of vyftigtalle, of ’n honderdtal, tot hulle die getal van vyfhonderd byeen het vir die bsterkte van my huis.

31 Kyk, dit is my wil; vra en julle sal ontvang; maar die mens doen anie altyd my wil nie.

32 Daarom, indien julle nie vyfhonderd byeen kan kry nie, soek ywerig sodat julle dalk driehonderd byeen kan kry.

33 En indien julle nie driehonderd byeen kan kry nie, soek ywerig sodat julle dalk eenhonderd byeen kan kry.

34 Maar voorwaar Ek sê vir julle, ’n gebod gee Ek aan julle, dat julle nie sal opgaan na die land Sion nie totdat julle ’n honderd van die sterkte van my huis byeen gekry het, om op te gaan met julle na die land Sion.

35 Daarom, soos Ek aan julle gesê het, vra en julle sal ontvang; bid ernstig sodat my dienskneg Joseph Smith, Jr., dalk saam met julle mag gaan, en presideer te midde van my volk, en my koninkryk organiseer op die atoegewyde grond, en die kinders van Sion vestig op die wette en gebooie wat aan julle gegee is en wat gegee sal word.

36 Alle oorwinning en eer word teweeg gebring deur julle aywer, getrouheid, en bgebede van geloof.

37 Laat my dienskneg Parley P. Pratt saam met my dienskneg Joseph Smith, Jr. reis.

38 Laat my dienskneg Lyman Wight saam met my dienskneg Sidney Rigdon reis.

39 Laat my dienskneg Hyrum Smith saam met my dienskneg Frederick G. Williams reis.

40 Laat my dienskneg Orson Hyde saam met my dienskneg Orson Pratt reis, waarheen my dienskneg Joseph Smith, Jr., hulle sal opdrag gee, om hierdie gebooie te vervul wat Ek aan julle gegee het, en laat die res in my hande. Dit is so. Amen.