Skrifture
Leer en Verbonde 101


Afdeling 101

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 16 en 17 Desember 1833. Op hierdie tydstip het die Heiliges wat in Missouri byeengekom het, sware vervolging gely. Bendes het hulle uit hulle huise verdryf in die Jackson-distrik; en sommige van die Heiliges het probeer om hulleself te vestig in Van Buren-, Lafayette- en Ray-distrikte, maar vervolging het hulle gevolg. Die hoof groep van die Heiliges was op daardie tydstip in die Clay-distrik, Missouri. Doodsdreigemente teen individue van die Kerk was volop. Die Heiliges in die Jackson-distrik het huishoudelike meubels, klere, vee en ander persoonlike besittings verloor; en talle van hulle oeste is vernietig.

1–8, Die Heiliges word gekasty en verdruk vanweë hulle oortredings; 9–15, Die Here se verontwaardiging sal oor die nasies val, maar sy volk sal versamel en getroos word; 16–21, Sion en haar penne sal gevestig word; 22–31, Die aard van die lewe gedurende die Millennium word uiteengesit; 32–42, Die Heiliges sal dan geseën en beloon word; 43–62, Die gelykenis van die edelman en die olyfbome dui op die probleme en uiteindelike herstel van Sion; 63–75, Die Heiliges moet voortgaan om byeen te kom; 76–80, Die Here het die Grondwet van die Verenigde State gevestig; 81–101, Die Heiliges moet pleit vir skadevergoeding volgens die gelykenis van die vrou en die onregverdige regter.

1 Voorwaar Ek sê vir julle, aangaande julle broers wat verdruk is, en avervolg, en buitgewerp is van die land van hulle erfenis—

2 Ek, die Here, het toegelaat dat die averdrukkings oor hulle kom, waarmee hulle verdruk is, as gevolg van hulle boortredings;

3 Tog sal Ek hulle eien, en hulle sal amyne wees op daardie dag wanneer Ek sal kom om my juwele op te maak.

4 Daarom, hulle moet noodwendig agekasty en beproef word, net soos bAbraham, wat gebied is om sy enigste seun op te offer.

5 Want al diegene wat nie kastyding verdra nie, maar My averloën, kan nie bgeheilig word nie.

6 Kyk, Ek sê vir julle, daar was steurings, en atwiste, en bjaloesie, en onenighede, en cwellustige en hebsugtige begeertes onder hulle; daarom, deur hierdie dinge het hulle hul erfenisse besoedel.

7 Hulle was stadig om aag te slaan op die stem van die Here hulle God; daarom is die Here hulle God stadig om ag te slaan op hulle gebede, om hulle te verhoor op die dag van hulle moeilikheid.

8 Op die dag van hulle vrede het hulle my raad lig geag; maar op die dag van hulle amoeilikheid, het hulle, uit noodsaak, na My bgetas.

9 Voorwaar Ek sê vir julle, nieteenstaande hulle sondes, is my binneste gevul met amedelye teenoor hulle, Ek sal hulle nie heeltemal bverwerp nie; en op die dag van ctoorn sal Ek barmhartigheid onthou.

10 Ek het gesweer, en die bevel het uitgegaan deur ’n vorige gebod wat Ek aan julle gegee het, dat Ek die aswaard van my verontwaardiging sal laat val tot voordeel van my volk; en net soos Ek gesê het, sal dit gebeur.

11 My verontwaardiging sal binnekort uitgestort word sonder maat oor alle nasies; en dit sal Ek doen wanneer die beker van hulle ongeregtigheid avol is.

12 En op daardie dag sal al diegene wat op die awagtoring gevind word, of met ander woorde, my hele Israel, gered word.

13 En hulle wat verstrooi was, sal aversamel word.

14 En al diegene wat agetreur het, sal vertroos word.

15 En al diegene wat hulle alewens vir my Naam gegee het, sal gekroon word.

16 Daarom, laat julle harte vertroos wees aangaande Sion; want alle vlees is in my ahande; wees stil en bweet dat Ek God is.

17 aSion sal nie uit haar plek beweeg word nie, nieteenstaande dat haar kinders verstrooi is.

18 Hulle wat oorbly, en rein van hart is, sal terugkeer, en na hul aerfenisse kom, hulle en hulle kinders, met bliedere van ewigdurende vreugde, om die puinhope van Sion op te cbou

19 En al hierdie dinge sodat die profete vervul mag word.

20 En, kyk, daar is geen ander aplek aangedui as dit wat Ek aangedui het nie; nóg sal daar enige ander plek aangedui word as dit wat Ek aangedui het vir die werk van die versameling van my heiliges—

21 Tot die dag kom wanneer daar nie meer plek vir hulle gevind word nie; en dan het Ek ander plekke wat Ek sal aandui vir hulle, en hulle sal apenne genoem word, vir die tentdoeke of die sterkte van Sion.

22 Kyk, dit is my wil, dat al diegene wat my Naam aanroep, en My aanbid ooreenkomstig my ewigdurende evangelie, byeen moet aversamel, en in heilige plekke bstaan;

23 En voorberei vir die openbaring wat sal kom, wanneer die voorhangsel vir die abedekking van my tempel, in my tabernakel, wat die aarde verberg, weggeneem sal word, en alle vlees My tesame sal bsien.

24 En elke averderflike ding, beide van die mens, of die diere van die veld, of die voëls van die hemele, of die visse van die see, wat op die ganse aangesig van die aarde woon, sal bverteer word;

25 En ook dit wat element is, sal asmelt met vurige hitte; en alle dinge sal bnuut word, sodat my kennis en cheerlikheid op die hele aarde mag woon.

26 En op daardie dag sal die avyandskap van die mens, en die vyandskap van diere, ja die vyandskap van alle vlees, voor my aangesig bophou.

27 En op daardie dag, wat ’n mens ook al sal vra, sal dit aan hom gegee word.

28 En op daardie dag sal aSatan nie mag hê om enige mens te versoek nie.

29 En daar sal geen adroefheid wees nie, omdat daar geen dood is nie.

30 Op daardie dag sal ’n asuigeling nie sterf tot hy oud is nie; en sy lewe sal wees soos die ouderdom van ’n boom.

31 En wanneer hy sterf, sal hy nie slaap nie, dit wil sê in die aarde, maar hy sal averander word binne ’n oogwink, en sal bopgeneem word, en sy rus sal heerlik wees.

32 Ja, voorwaar Ek sê vir julle, op daardie adag wanneer die Here sal kom, sal Hy alle dinge bopenbaar

33 Dinge wat verbygegaan het, en averborge dinge wat geen mens geweet het nie, dinge oor die aarde, waardeur dit gemaak is, en die doel en die einde daarvan—

34 Uiters kosbare dinge, dinge wat daarbo is, en dinge wat benede is, dinge wat in die aarde is, en op die aarde, en in die hemel.

35 En al diegene wat avervolging verduur om my Naams ontwil, en volhard in geloof, al word hulle geroep om hulle lewens neer te lê om My bontwil, tóg sal hulle deelgenote wees in al hierdie heerlikheid.

36 Daarom, vrees nie, selfs nie tot die adood nie; want in hierdie wêreld is julle bvreugde nie volkome nie, maar in My is julle vreugde volkome.

37 Daarom, wees nie besorgd oor die liggaam nie, nóg die lewe van die liggaam; maar sorg vir die asiel, en vir die lewe van die siel.

38 En asoek altyd die aangesig van die Here, sodat julle in bgeduld julle siele mag besit, en julle sal die ewige lewe hê.

39 Wanneer mense geroep word tot my aewigdurende evangelie, en ’n verbond sluit met ’n ewigdurende verbond, word hulle gereken as die bsout van die aarde en die smaak van die mens;

40 Hulle word geroep om die smaak van die mens te wees, indien daardie sout van die aarde dus sy smaak verloor het, deug dit vir niks meer nie, slegs om uitgegooi en onder die voete van mense vertrap te word.

41 Kyk, hier is wysheid aangaande die kinders van Sion, en wel vele, maar nie almal nie; hulle is as oortreders bevind, daarom moet hulle noodwendig agetugtig word—

42 Hy wat homself averhef, sal verneder word, en hy wat homself bverneder, sal verhef word.

43 En nou sal Ek aan julle ’n gelykenis toon, sodat julle my wil mag weet aangaande die verlossing van Sion.

44 ’n Sekere aedelman het ’n stuk grond gehad, uiters goed; en hy het vir sy diensknegte gesê: Gaan julle na my bwingerd, naamlik na hierdie uiters goeie stuk grond, en plant twaalf olyfbome;

45 En plaas awagte rondom hulle, en bou ’n toring, sodat ’n mens oor die land rondomheen mag kyk, om ’n wag te wees op die toring, sodat my olyfbome nie afgebreek mag word wanneer die vyand sal kom om te bederf en vir hulleself die vrug van my wingerd te neem nie.

46 Nou, die diensknegte van die edelman het gegaan en gedoen soos hulle heer hulle beveel het, en het die olyfbome geplant, en ’n heining rondomheen gebou, en wagte opgestel, en begin om ’n toring te bou.

47 En terwyl hulle nog die fondament van die toring gelê het, het hulle onder mekaar begin sê: En waarom het my heer hierdie toring nodig?

48 En hulle het vir ’n lang tyd geraadpleeg, en onder mekaar gesê: Waarom het my heer hierdie toring nodig, aangesien dit ’n tyd van vrede is?

49 Kan hierdie geld nie aan die wisselaars gegee word nie? Want daar is nie ’n behoefte aan hierdie dinge nie.

50 En terwyl hulle met mekaar gestry het, het hulle baie lui geword en hulle het nie ag geslaan op die bevele van hulle heer nie.

51 En die vyand het in die nag gekom en die aheining afgebreek; en die diensknegte van die edelman het opgestaan en was bevrees, en het gevlug; en die vyand het hulle werke vernietig, en die olyfbome afgebreek.

52 Nou, kyk, die edelman, die heer van die wingerd, het sy diensknegte geroep en vir hulle gesê: Waarom! Wat is die oorsaak van hierdie groot kwaad?

53 Moes julle nie gedoen het soos ek julle beveel het nie, en—nadat julle die wingerd geplant het, en die heining rondomheen gebou het, en wagte opgestel het op die mure daarvan—ook die toring gebou het, en ’n wag opgestel het op die toring, en gewaak het oor my wingerd, en nie aan die slaap geraak het, sodat die vyand nie op julle toesak nie?

54 En kyk, die wag op die toring sou die vyand gesien het terwyl hy nog ver weg was, en dan kon julle gereedgemaak het en die vyand verhoed het om die heining daarvan af te breek, en my wingerd gered het van die hande van die vernietiger.

55 En die Here van die wingerd het aan een van sy diensknegte gesê: Gaan en versamel die res van my diensknegte, en neem aal die sterkte van my huis, wat my krygers is, my jong manne, en diegene wat middeljarig is ook onder al my diensknegte, wat die sterkte van my huis is, behalwe net diegene wat Ek aangestel het om agter te bly.

56 En gaan julle dadelik na die grond van my wingerd, en herwin my wingerd; want dit is myne; Ek het dit gekoop met geld.

57 Daarom, gaan julle dadelik na my grond; breek die mure van my vyande af; werp hulle toring neer, en verstrooi hulle wagte.

58 En in soverre hulle teen julle optrek, awreek my op my vyande, sodat ek weldra met die res van my huis mag kom en die grond in besit neem.

59 En die dienskneg het vir sy heer gesê: Wanneer sal hierdie dinge gebeur?

60 En hy het vir sy dienskneg gesê: Wanneer ek wil; gaan dadelik, en doen alle dinge wat ek jou ook al beveel het.

61 En dit sal my seël en seëning wees op jou—’n getroue en averstandige rentmeester te midde van my huis, ’n bheerser in my koninkryk.

62 En sy dienskneg het dadelik gegaan en al die dinge gedoen wat sy heer hom beveel het; en ana vele dae is alle dinge vervul.

63 Verder, voorwaar Ek sê vir julle, Ek sal aan julle wysheid toon in my aangaande al die kerke, in soverre hulle gewillig is om gelei te word in ’n korrekte en behoorlike wyse vir hulle heil—

64 Sodat die werk van die versameling van my heiliges mag voortgaan, sodat Ek hulle mag opbou tot my Naam op aheilige plekke; want die tyd vir die boes het gekom, en my woord moet noodwendig cvervul word.

65 Daarom moet Ek my volk bymekaarmaak, volgens die gelykenis van die koring en die aonkruid, sodat die koring beveilig mag word in die skure om die ewige lewe te hê, en gekroon word met bselestiale heerlikheid, wanneer Ek sal kom in die koninkryk van my Vader om elkeen te beloon volgens wat sy werke sal wees;

66 Terwyl die onkruid in bondels gebind sal word, en hulle bande sterk gemaak word, sodat hulle met ’n onblusbare vuur averbrand mag word.

67 Daarom, ’n gebod gee Ek aan al die kerke, dat hulle sal voortgaan om te versamel na die plekke wat Ek besluit het.

68 Nietemin, soos Ek vir julle gesê het in ’n vorige gebod, laat julle aversameling nie inderhaas geskied nie, nóg deur vlug; maar laat alle dinge vooraf voorberei word vir julle.

69 En sodat alle dinge vooraf voorberei word vir julle, onderhou die gebod wat Ek gegee het aangaande hierdie dinge—

70 Wat sê, of leer, om al die grond met geld te akoop, wat met geld gekoop kan word, in die streek rondomheen die grond wat Ek besluit het om die land Sion te wees, vir die begin van die versameling van my heiliges;

71 Al die grond wat gekoop kan word in die Jackson-distrik, en die distrikte rondomheen, en laat die res in my hand.

72 Nou, voorwaar Ek sê vir julle, laat al die kerke al hulle geld bymekaarmaak; laat hierdie dinge gedoen word op hulle tyd, maar nie ainderhaas nie; en poog om alle dinge vooraf vir julle voor te berei.

73 En laat eerbare manne aangestel word, naamlik verstandige manne, en stuur hulle om hierdie grond te koop.

74 En die kerke in die oostelike streke, wanneer hulle opgebou is, as hulle sal ag slaan op hierdie raad, mag hulle grond koop en bymekaar kom op hulle; en op hierdie wyse mag hulle Sion vestig.

75 Daar is wel reeds nou genoegsaam in voorraad, ja selfs ’n oorvloed, om Sion te herwin, en om haar puinhope op te bou, om nie meer neergewerp te word nie, indien die kerke, wat hulleself na my Naam noem, agewillig was om ag te slaan op my stem.

76 En verder, Ek sê vir julle, diegene wat verstrooi is deur hulle vyande, dit is my wil dat hulle moet aanhou om te pleit vir skadevergoeding, en herstelling, deur die hande van diegene wat geplaas is as heerser en wat in gesag is oor julle—

77 Ooreenkomstig die wette en agrondwet van die mense, wat Ek toegelaat het om gevestig te word en wat gehandhaaf moet word vir die bregte en beskerming van alle vlees, ooreenkomstig regverdige en heilige beginsels.

78 Sodat elkeen mag handel volgens leer en beginsel betreffende die toekoms, volgens die morele ahandelingsmag wat Ek aan hom gegee het, sodat elkeen btoerekenbaar is vir sy eie sondes op die dag van coordeel.

79 Daarom, dit is nie reg dat enigeen in slawerny moet wees die een tot die ander nie.

80 En vir hierdie doel het Ek die aGrondwet van hierdie land gevestig, deur die hande van verstandige mense wat Ek opgewek het vir hierdie spesifieke doel, en die land herwin het deur die bvergieting van bloed.

81 Nou, waarmee sal Ek die kinders van Sion vergelyk? Ek sal hulle vergelyk met die agelykenis van die vrou en die onregverdige regter, want die mens behoort altyd te bbid en nie moedeloos word nie, wat sê—

82 Daar was in ’n stad ’n regter wat God nie gevrees het nie, nóg die mens eerbiedig het.

83 En daar was ’n weduwee in daardie stad, en sy het na hom gekom, en gesê: Wreek my teenoor my teenstander.

84 En hy wou nie vir ’n tydlank nie, maar daarna het hy vir homself gesê: Alhoewel ek nie God vrees nie, nóg die mens eerbiedig, tog, omdat hierdie weduwee my pla, sal ek haar wreek, sodat sy my nie met haar voortdurende besoeke vermoei nie.

85 Daarmee sal Ek die kinders van Sion vergelyk.

86 Laat hulle pleit aan die voete van die regter;

87 En as hy nie op hulle ag slaan nie, laat hulle pleit aan die voete van die goewerneur;

88 En as die goewerneur nie op hulle ag slaan nie, laat hulle pleit aan die voete van die president;

89 En as die president nie op hulle ag slaan nie, dan sal die Here opstaan en uitkom uit sy askuilplek; en in sy woede die nasie kwel.

90 En in sy hete grimmigheid, en in sy toorngloed, op sy tyd, sal hy daardie goddelose, ontroue, en onregverdige arentmeesters afsny en hulle hul deel toewys onder die huigelaars en die bongelowiges;

91 Selfs in die buitenste duisternis, waar daar ’n ageween is, en ’n geklaag en ’n gekners van tande.

92 Bid julle, daarom, dat hulle ore geopen mag word vir julle pleidooie, sodat Ek abarmhartig mag wees teenoor hulle, sodat hierdie dinge nie oor hulle mag kom nie.

93 Wat Ek aan julle gesê het moet noodwendig wees, sodat alle mense sonder averskoning gelaat mag word;

94 Sodat verstandige manne en heersers mag hoor en dít weet wat hulle nog nooit aoorweeg het nie;

95 Sodat Ek mag voortgaan om my handeling te weeg te bring, my avreemde handeling, en my werk uitvoer, my vreemde werk, sodat die mens mag bonderskei tussen die regverdiges en die bose, sê die Here julle God.

96 En verder, Ek sê vir julle dit is teenstrydig met my gebod en my wil dat my dienskneg Sidney Gilbert my avoorraadskuur wat Ek aan my volk gegee het moet verkoop in die hande van my vyande.

97 Moenie dat dit wat Ek gegee het besoedel word deur my vyande, met die instemming van diegene wat hulleself na my Naam anoem nie.

98 Want dit is ’n baie groot en ernstige sonde teen My, en teen my volk, as gevolg van daardie dinge wat Ek beveel het en wat binnekort die nasies sal tref.

99 Daarom, dit is my wil dat my volk aanspraak moet maak, en aanspraak behou op dit wat Ek aan hulle gegee het, alhoewel hulle nie toegelaat sal word om daarop te woon nie.

100 Nietemin, Ek sê nie dat hulle nie daarop sal woon nie; want in soverre hulle vrugte en werke voortbring wat geskik is vir my koninkryk, sal hulle daarop woon.

101 Hulle sal bou, en ’n ander sal dit nie abeërwe nie; hulle sal wingerde plant en hulle sal die vrugte daarvan eet. Dit is so. Amen.