Skrifture
Leer en Verbonde 10


Afdeling 10

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet, te Harmony, Pennsilvanië, waarskynlik omstreeks April 1829, alhoewel gedeeltes moontlik so vroeg as die somer van 1828 ontvang is. Hierin stel die Here Joseph in kennis van die veranderings wat aangebring is deur bose mense aan die 116 manuskripbladsye van die vertaling van die boek van Lehi, in die Boek van Mormon. Hierdie manuskripbladsye het verlore gegaan uit die besit van Martin Harris aan wie die bladsye tydelik toevertrou was. (Sien die opskrif van afdeling 3). Die bose plan was om te wag op die verwagte hervertaling van die stof wat gedek is deur die gesteelde bladsye en om dan die vertaler in diskrediet te bring deur die teenstrydighede wat deur die veranderings te weeggebring is, uit te wys. Dat hierdie bose doel deur die bose een bedink was en bekend was aan die Here selfs terwyl Mormon, die antieke Nefitiese geskiedskrywer, besig was om sy verkorting te maak van die versamelde plate, word getoon in die Boek van Mormon (sien Woorde van Mormon 1:3–7).

1–26, Satan spoor bose mense aan om die Here se werk teen te staan; 27–33, Hy poog om die siele van mense te vernietig; 34–52, Die evangelie moet gaan aan die Lamaniete en alle nasies deur die Boek van Mormon; 53–63, Die Here sal sy Kerk en sy evangelie vestig onder alle mense; 64–70, Hy sal die bekeerdes bymekaarmaak in sy Kerk en sal die gehoorsames red.

1 Nou, kyk, Ek sê vir jou, omdat jy daardie geskrifte oorhandig het waaroor jy mag gegee is om te vertaal deur middel van die aUrim en Tummim, in die hande van ’n bbose man, het jy hulle verloor.

2 En jy het ook jou gawe terselfdertyd verloor, en jou averstand het duister geword.

3 Nietemin, dit is nou weer aherstel aan jou; daarom, sien toe dat jy getrou bly en voortgaan met die voltooiing van die res van die werk van vertaling soos jy begin het.

4 Moenie avinniger hardloop of meer arbei as wat jy bkrag het en middele verskaf is om jou in staat te stel om te vertaal nie; maar wees cywerig tot die einde.

5 aBid altyd, sodat jy oorwinnaar mag wees; ja, dat jy Satan mag oorwin, en sodat jy die hande van die diensknegte van Satan mag ontvlug wat sy werk steun.

6 Kyk, hulle het probeer om jou te avernietig; ja, selfs die bman op wie jy vertrou het, het probeer om jou te vernietig.

7 En om hierdie rede het Ek gesê dat hy ’n bose man is, want hy het probeer om dié dinge weg te neem waarmee jy toevertrou is; en hy het ook probeer om jou gawe te vernietig.

8 En omdat jy die geskrifte oorhandig het in sy hande, kyk, bose mense het hulle van jou geneem.

9 Daarom, jy het hulle oorhandig, ja, dit wat heilig was, aan boosheid.

10 En, kyk, aSatan het dit geplaas in hulle harte om die woorde te verander wat jy laat skryf het, of wat jy vertaal het, wat uit jou hande gegaan het.

11 En kyk, Ek sê vir jou, omdat hulle die woorde verander het, verskil hulle van dit wat jy vertaal en laat skryf het.

12 En, op hierdie wyse, het die duiwel probeer om ’n geslepe plan te smee, sodat hy die werk mag vernietig.

13 Want hy het dit in hulle harte geplaas om dit te doen, sodat deur te lieg hulle mag sê dat hulle jou abetrap het in die woorde wat jy voorgegee het om te vertaal.

14 Voorwaar, Ek sê vir jou, dat Ek nie sal toelaat dat Satan sy bose voorneme bereik in hierdie ding nie.

15 Want kyk, hy het dit geplaas in hulle harte om jou te kry om die Here jou God te versoek, deur te vra om dit oor te vertaal.

16 En dan, kyk, hulle sê en dink in hulle harte—Ons sal sien of God hom krag gegee het om te vertaal; indien wel, sal Hy hom ook weer krag gee.

17 En as God hom weer krag gee, of as hy weer vertaal, of met ander woorde, as hy dieselfde woorde voortbring, kyk, ons het hulle by ons, en ons het hulle verander.

18 Daarom sal hulle nie ooreenstem nie, en ons sal sê dat hy gelieg het in sy woorde, en dat hy geen gawe het nie, en dat hy geen krag het nie.

19 Daarom sal ons hom vernietig, en ook die werk; en ons sal dit doen sodat ons nie beskaamd mag wees aan die einde nie, en dat ons die glorie van die wêreld mag kry.

20 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, dat Satan ’n groot houvas het op hulle harte; hy aspoor hulle aan tot bongeregtigheid teen dit wat goed is.

21 En hulle harte is akorrup, en vol bboosheid en gruwels; en hulle het die duisternis clief deerder as die lig, want hulle edade is boos; daarom sal hulle My nie vra nie.

22 aSatan spoor hulle aan, sodat hy hulle siele mag blei na vernietiging.

23 En so het hy ’n geslepe plan gesmee, dinkende om die werk van God te vernietig; maar Ek sal dit van hulle hande eis, en dit sal omkeer tot hulle skande en veroordeling op die dag van aoordeel.

24 Ja, hy spoor hulle harte aan tot toorn teen die werk.

25 Ja, hy sê vir hulle: Bedrieg en lê op loer om te vang, sodat julle mag vernietig; kyk, daarin is geen kwaad nie. En so vlei hy hulle, en vertel vir hulle dat dit nie sonde is om te alieg sodat hulle ’n mens mag betrap in ’n leuen nie, sodat hulle hom mag vernietig.

26 En so vlei hy hulle, en alei hulle verder totdat hy hulle siele aftrek tot in die bhel; en so laat hy hulle vang in hulle eie cstrik.

27 En so gaan hy op en af, aheen en weer op die aarde, soekende om die siele van mense te bvernietig.

28 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, wee hom wat lieg om te abedrieg, want hy veronderstel dat ’n ander lieg om te bedrieg, want diesulkes is nie vrygestel van die bgeregtigheid van God nie.

29 Nou, kyk, hulle het hierdie woorde verander, want Satan sê vir hulle: Hy het julle bedrieg—en so vlei hy hulle weg om ongeregtigheid te pleeg, om jou te akry om die Here jou God te versoek.

30 Kyk, Ek sê vir jou, dat jy nie weer daardie woorde sal vertaal wat uit jou hande gegaan het nie;

31 Want, kyk, hulle sal nie hulle bose voorneme bereik deur te lieg teen daardie woorde nie. Want, kyk, indien jy dieselfde woorde sou voortbring, sal hulle sê dat jy gelieg het en dat jy voorgegee het om te vertaal, maar dat jy jouself weerspreek het.

32 En, kyk, hulle sal dit bekendmaak, en Satan sal die harte verhard van die mense om hulle harte aan te hits tot toorn teen jou, sodat hulle nie my woorde sal glo nie.

33 So dink aSatan om jou getuienis te oorweldig in hierdie geslag, sodat die werk nie te voorskyn mag kom in hierdie geslag nie.

34 Maar kyk, hier is wysheid, en omdat Ek aan jou awysheid toon, en jou gebooie gee aangaande hierdie dinge wat jy moet doen, toon dit nie aan die wêreld totdat jy die werk van vertaling voltooi het nie.

35 Verwonder jou nie dat Ek vir jou gesê het: Hier is wysheid, toon dit nie aan die wêreld nie—want Ek het gesê, toon dit nie aan die wêreld nie, sodat jy behoue mag bly.

36 Kyk, Ek sê nie dat jy dit nie sal toon aan die regverdiges nie;

37 Nietemin, omdat jy nie altyd die aregverdiges kan oordeel nie, of omdat jy nie altyd die bose kan onderskei van die regverdiges nie, daarom sê Ek vir jou, bswyg tot Ek goeddink om alle dinge bekend te maak aan die wêreld aangaande die saak.

38 En nou, voorwaar, Ek sê vir jou dat ’n verslag van daardie adinge wat jy geskryf het, wat uit jou hande gegaan het, is gegraveer op die bplate van Nefi;

39 Ja, en jy onthou dat dit gesê is in daardie geskrifte dat ’n meer besondere verslag gegee is van hierdie dinge op die plate van Nefi.

40 En nou, omdat die verslag wat gegraveer is op die plate van Nefi meer besonderhede bevat aangaande die dinge wat, in my wysheid, Ek tot die kennis van die mense in hierdie kroniek wil bring—

41 En nou, jy sal die graverings vertaal wat op die aplate van Nefi is, verder tot jy kom by die heerskappy van koning Benjamin, of tot jy kom by dit wat jy vertaal het, wat jy behou het;

42 En kyk, jy sal dit publiseer as die kroniek van Nefi; en so sal Ek diegene verneder wat my woorde verander het.

43 Ek sal nie toelaat dat hulle my werk sal vernietig nie; ja; Ek sal aan hulle toon dat my wysheid groter is as die geslepenheid van die duiwel.

44 Kyk, hulle het slegs ’n gedeelte, of ’n verkorting van die kroniek van Nefi.

45 Kyk, daar is vele dinge gegraveer op die plate van Nefi wat groter lig werp op my evangelie; daarom, dit is wysheid in My dat jy hierdie eerste gedeelte van die graverings van Nefi sal vertaal, en uitstuur in hierdie werk.

46 En, kyk, die res van hierdie awerk bevat al daardie gedeeltes van my bevangelie wat my heilige profete, ja en ook my dissipels, cbegeer het in hul gebede, na hierdie volk moet kom.

47 En Ek het vir hulle gesê, dat dit agegee sal word aan hulle volgens hulle bgeloof in hul gebede;

48 Ja, en dit was hulle geloof—dat my evangelie, wat Ek aan hulle gegee het sodat hulle in hulle dae mag preek, tot hulle broers die aLamaniete mag kom, en ook almal wat Lamaniete geword het vanweë hulle twiste.

49 Nou, dit is nie al nie—hulle geloof in hul gebede was dat hierdie evangelie ook bekendgemaak sou word, indien dit moontlik sou wees dat ander nasies hierdie land sou besit;

50 En dus het hulle ’n seëning gelaat oor hierdie land in hul gebede, sodat wie ook al sou glo in hierdie evangelie in hierdie land die ewige lewe mag hê.

51 Ja, dat dit vry mag wees vir almal van watter nasies, stamme, tale en volke, of mense hulle mag wees.

52 En nou, kyk, volgens hulle geloof in hulle gebede sal Ek hierdie deel van my evangelie bring tot die kennis van my volk. Kyk, Ek bring dit nie om dit te vernietig wat hulle ontvang het nie, maar om dit op te bou.

53 En om hierdie rede het Ek gesê: As hierdie geslag nie hulle harte verhard nie, sal Ek my kerk vestig onder hulle.

54 Nou, Ek sê dit nie om my kerk te vernietig nie, maar Ek sê dit om my kerk op te bou;

55 Daarom, wie ook al behoort aan my kerk hoef nie te avrees nie, want diesulkes sal die bkoninkryk van die hemel cbeërwe.

56 Maar dit is hulle wat My nie avrees nie, nóg my gebooie onderhou, maar bkerke opbou vir hulleself om cgewin te kry, ja, en al diegene wat boos optree en die koninkryk van die duiwel opbou—ja, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, dat dit hulle is wat Ek sal verontrus, en laat bewe en skud tot die binneste.

57 Kyk, Ek is Jesus Christus, die aSeun van God. Ek het na my eie gekom, en my eie het My nie ontvang nie.

58 Ek is die alig wat skyn in die duisternis, en die duisternis begryp dit nie.

59 Ek is Hy wat gesê het—aAnder bskape het Ek wat nie van hierdie kudde is nie—aan my dissipels, en vele was daar wat My nie cverstaan het nie.

60 En Ek sal aan hierdie volk toon dat Ek ander skape het, en dat hulle ’n tak is van die ahuis van Jakob.

61 En Ek sal aan die lig bring hulle wonderbaarlike werke, wat hulle gedoen het in my Naam.

62 Ja, en Ek sal ook aan die lig bring my evangelie wat aan hulle bedien is, en, kyk, hulle sal nie ontken dit wat jy ontvang het nie, maar hulle sal dit opbou, en sal aan die lig bring die ware punte van my aleer, ja en die enigste leer wat in My is.

63 En dit doen Ek sodat Ek my evangelie mag vestig, sodat daar nie soveel twis mag wees nie; ja, aSatan spoor die harte aan van die mense tot btwis aangaande die punte van my leer; en in hierdie dinge dwaal hulle, want hulle cverdraai die skrifture en verstaan hulle nie.

64 Daarom, Ek sal vir hulle hierdie groot verborgenheid ontvou.

65 Want, kyk, Ek sal hulle abymekaarmaak soos ’n hen haar kuikens bymekaarmaak onder haar vlerke, as hulle nie hulle harte sal verhard nie.

66 Ja, as hulle wil kom, mag hulle, en vryelik drink van die awaters van die lewe.

67 Kyk, dit is my leer—wie ook al bekeer en na My akom, diesulkes is my bkerk.

68 Wie ook al meer of minder as dit averkondig, diesulkes is nie van My nie, maar is bteen My; daarom is hy nie van my kerk nie.

69 En nou, kyk, wie ook al van my kerk is, en volhard in my kerk tot die einde, hom sal Ek vestig op my arots, en die bpoorte van die hel sal nie seëvier oor hulle nie.

70 En nou, onthou die woorde van Hom wat die lewe en die alig van die wêreld is, jou Verlosser, jou bHere en jou God. Amen.