Skrifture
Leer en Verbonde 1


Die
Leer en Verbonde

Afdeling 1

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, op 1 November 1831, tydens ’n spesiale konferensie van ouderlinge van die Kerk, gehou te Hiram, Ohio. Talle openbarings was voor hierdie tyd van die Here ontvang, en die samestelling daarvan vir publikasie in boekvorm was een van die hoofonderwerpe wat goedgekeur is op die konferensie. Hierdie afdeling vorm die Here se voorwoord tot die leerstellings, verbonde, en gebooie wat gegee is in hierdie tydvak.

1–7, Die waarskuwende stem is tot alle mense; 8–16, Afvalligheid en boosheid gaan die Tweede Koms vooraf; 17–23, Joseph Smith word geroep om die Here se waarhede en magte op die aarde te herstel; 24–33, Die Boek van Mormon word voortgebring en die ware kerk word gevestig; 34–36, Vrede sal van die aarde geneem word; 37–39, Ondersoek hierdie gebooie.

1 Slaan ag, o julle volk van my akerk, sê die stem van Hom wat omhoog woon, en wie se b op alle mense is; ja, voorwaar Ek sê: cSlaan ag julle volke van ver; en julle wat op die eilande van die see is, luister tesame.

2 Want voorwaar, die astem van die Here is tot alle mense, en daar is bniemand wat sal ontvlug nie; en daar is geen oog wat nie sal sien nie, nóg oor wat nie sal hoor, nóg chart wat nie deurdring sal word.

3 En die arebelses sal deurboor word met veel droefheid; want hulle ongeregtighede sal van die huise se dakke bgeuiter word, en hul geheime dade sal geopenbaar word.

4 En die astem van waarskuwing sal tot alle mense wees, by monde van my dissipels wat Ek gekies het in hierdie blaaste dae.

5 En hulle sal uitgaan en niemand sal hulle keer nie, want Ek die Here het hulle gebied.

6 Kyk, dit is my agesag, en die gesag van my diensknegte, en my voorwoord tot die boek van my gebooie, wat Ek hulle gegee het om vir julle te bpubliseer, o inwoners van die aarde.

7 Daarom, avrees en bewe, o julle volke, want wat Ek die Here beveel het in hulle sal bvervul word.

8 En voorwaar Ek sê vir julle, dat hulle wat uitgaan, wat hierdie tydings neem na die inwoners van die aarde, aan hulle word mag gegee om beide op die aarde en in die hemel te averseël, die ongelowiges en die brebelses;

9 Ja, voorwaar, om hulle te verseël vir die dag wanneer die atoorn van God uitgestort sal word op die bbose sonder maat—

10 Vir die adag wanneer die Here sal kom om elke mens te bvergeld na sy cwerke, en om elke mens te dmeet volgens die maat waarmee hy aan sy medemens gemeet het.

11 En nou, die stem van die Here is tot die eindes van die aarde, sodat almal wat wil hoor, mag hoor:

12 Berei julle voor, berei julle voor vir dit wat sal kom, want die Here is naby;

13 En die atoorn van die Here is ontvlam, en sy bswaard is gebaai in die hemel, en dit sal op die inwoners van die aarde val.

14 En die aarm van die Here sal geopenbaar word; en die dag kom dat hulle wat nie die stem van die Here wil bhoor nie, nóg die stem van sy diensknegte, nóg cag slaan op die woorde van die profete en apostels, sal dafgesny word vanuit die midde van die volk;

15 Want hulle het aafgedwaal van my bordinansies, en het my cewigdurende verbond dverbreek;

16 Hulle asoek nie die Here om sy regverdigheid te vestig nie, maar elke mens wandel op sy beie cweg, en na die dbeeld van sy eie god, wie se beeld is na die gelykenis van die wêreld, en wie se aard dit is van ’n afgod, wat eoud word en sal vergaan in fBabilon, en wel Babilon die grote, wat sal val.

17 En nou, Ek die Here, wetende die rampspoed wat sou kom oor die ainwoners van die aarde, het Ek my dienskneg Joseph Smith, Jr. geroep, en met hom vanuit die hemel gespreek, en hom gebooie gegee;

18 En ook gebooie gegee aan andere, dat hulle hierdie dinge moet verkondig aan die wêreld; en dit alles sodat dit vervul mag word, wat geskryf is deur die profete—

19 Die aswak dinge van die wêreld sal na vore kom en die magtiges en sterkes afbreek, sodat die mens nie sy medemens moet raadgee nie, nóg bvertrou op die arm van vlees—

20 Maar dat elke mens in die Naam van God die Here mag aspreek, naamlik die Saligmaker van die wêreld;

21 Sodat geloof ook mag toeneem op die aarde;

22 Sodat my ewigdurende averbond gevestig mag word;

23 Sodat die volheid van my aevangelie bverkondig mag word deur die cswakkes en eenvoudiges tot aan die eindes van die wêreld, en voor konings en heersers.

24 Kyk, Ek is God en het dit gespreek; hierdie agebooie is van My, en is gegee aan my diensknegte in hul swakheid, na die wyse van hulle btaal, sodat hulle tot cbegrip mag kom.

25 En in soverre hulle gedwaal het, mag dit bekendgemaak word;

26 En in soverre hulle awysheid gesoek het, mag hulle onderrig word;

27 En in soverre hulle gesondig het, mag hulle agetugtig word, sodat hulle mag bbekeer;

28 En in soverre hulle anederig was, mag hulle sterk gemaak word, en geseënd van omhoog, en bkennis ontvang van tyd tot tyd.

29 En nadat hy die kroniek van die Nefiete ontvang het, ja, naamlik my dienskneg Joseph Smith, Jr., sal hy mag hê om deur die barmhartigheid van God, deur die krag van God, Die aBoek van Mormon te vertaal.

30 En ook diegene aan wie hierdie gebooie gegee is, amag sal hê om die fondament van hierdie bkerk te lê, en om dit uit duisternis en uit cdonkerte te bring, die enigste ware en lewende dkerk op die aangesig van die hele aarde, waarin Ek, die Here, ’n ewelbehae het, sprekende tot die kerk as geheel en nie individueel nie—

31 Want Ek die Here kan nie asonde aanskou met die geringste mate van aanvaarding nie;

32 Nietemin, hy wat bekeer en die gebooie van die Here onderhou sal avergewe word;

33 En hy wat nie abekeer nie, van hom sal bgeneem word selfs die lig wat hy ontvang het; want my cGees sal nie altyd op die mens dinwerk nie, sê die Here van die Leërskare.

34 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, o inwoners van die aarde: Ek die Here is gewillig om hierdie dinge bekend te maak aan aalle vlees;

35 Want Ek is geen aaannemer van persone nie, en wil dat alle mense moet weet dat die bdag spoedig kom; die uur is nog nie, maar is op hande, wanneer cvrede van die aarde geneem sal word, en die dduiwel sal mag hê oor sy eie ryk.

36 En ook, die Here sal mag hê oor sy aheiliges, en sal bheers in hul cmidde, en sal neerkom met doordeel op eIduméa, of die wêreld.

37 Ondersoek hierdie agebooie, want hulle is waar en betroubaar, en die profesieë en bbeloftes wat in hulle is, sal alles vervul word.

38 Wat Ek die Here gespreek het, het Ek gespreek, en Ek verontskuldig Myself nie; en al gaan die hemele en die aarde verby, my awoord sal nie verbygaan nie, maar alles sal bvervul word, hetsy deur my eie cstem of deur die stem van my ddiensknegte, dit is edieselfde.

39 Want kyk, en sien, die Here is God, en die aGees lewer getuienis, en die getuienis is waar, en die bwaarheid bly vir ewig en ewig. Amen.