Skrifture
Mosia 9


Die Kroniek van Zenif—’n Kroniek van sy volk, vanaf die tyd dat hulle die land Zarahemla verlaat het tot die tyd toe hulle verlos is uit die hande van die Lamaniete.

Dit behels hoofstukke 9 tot 22.

Hoofstuk 9

Zenif lei ’n groep vanaf Zarahemla om die land Lehi-Nefi in besit te neem—Die Lamanitiese koning laat hulle toe om die land te beërwe—Daar is oorlog tussen die Lamaniete en Zenif se volk. Ongeveer 200–187 v.C.

1 Ek, Zenif, wat onderrig is in die volledige taal van die Nefiete, en wat ’n kennis besit het van die aland Nefi, of van die land van ons vaders se eerste erfenis, en wat gestuur is as ’n verkenner onder die Lamaniete sodat ek hulle magte mag verken, sodat ons leër op hulle mag kom en hulle vernietig—maar toe ek dit gesien het wat goed was onder hulle, was ek begerig dat hulle nie vernietig moes word nie.

2 Daarom, ek het gestry met my broers in die wildernis, want ek wou hê dat ons leier ’n verdrag met hulle moes aangaan; maar omdat hy ’n streng en ’n bloeddorstige man was, het hy beveel dat ek doodgemaak moes word; maar ek is gered deur baie bloedvergieting; want vader het teen vader geveg, en broer teen broer, totdat die grootste gedeelte van ons leër vernietig is in die wildernis; en ons het teruggekeer, diegene van ons wat gespaar is, na die land Zarahemla, om daardie verhaal te vertel aan hulle vroue en hul kinders.

3 En tog, omdat ek oorywerig was om die land van ons vaders te beërwe, het ek soveel bymekaargemaak as wat begerig was om op te gaan om die land in besit te neem, en het weer begin op ons reis die wildernis in, om op te gaan na die land; maar ons is getref deur hongersnood en sware verdrukkinge; want ons was traag om die Here ons God te onthou.

4 Nogtans, na baie dae se ronddwaal in die wildernis, het ons ons tente opgeslaan op die plek waar ons broers doodgemaak is, wat naby die land van ons vaders was.

5 En dit het gebeur dat ek weer met vier van my manne die stad binnegegaan het, in na die koning toe, sodat ek mag weet van die gesindheid van die koning, en sodat ek mag weet of ek mag ingaan met my volk en die land in vrede in besit mag neem.

6 En ek het na die koning ingegaan, en hy het met my ’n verbond gesluit dat ek die land Lehi-Nefi mag besit, en die land Silom.

7 En hy het ook beveel dat sy volk moes vertrek uit die land, en ek en my volk het die land binnegegaan dat ons dit mag besit.

8 En ons het begin om geboue te bou, en om die mure van die stad te herstel, ja, naamlik die mure van die stad Lehi-Nefi, en die stad Silom.

9 En ons het begin om die grond te bewerk, ja, waarlik met allerhande soorte sade, met sade van mielies, en van koring, en van gars, en met neas, en met sjeum, en met sade van allerhande soorte vrugte; en ons het begin om te vermenigvuldig en voorspoedig te wees in die land.

10 Nou, dit was die sluheid en listigheid van koning Laman, om my volk in slawerny te abring, dat hy die land oorgegee het, dat ons dit mag besit.

11 Daarom het dit gebeur dat nadat ons in die land gewoon het vir ’n tydperk van twaalf jaar, dat koning Laman onrustig begin word het, uit vrees dat my volk op een of ander wyse sterk sou word in die land, en dat hulle hul nie kon oorweldig en hulle in slawerny bring nie.

12 Nou, hulle was ’n lui en ’n aafgodsvolk; daarom was hulle begerig om ons in slawerny te bring, sodat hulle hulself mag te buite gaan met die arbeid van ons hande; ja, sodat hulle mag feesvier op die kuddes van ons weivelde.

13 Daarom het dit gebeur dat koning Laman sy volk begin opstook het, sodat hulle met my volk moes veg; daarom het daar oorloë en twiste begin plaasvind in die land.

14 Want, in die dertiende jaar van my heerskappy in die land Nefi, weg na die suide van die land Silom, toe my volk besig was om hulle kuddes water te gee en te laat wei, en hulle lande te bewerk, het ’n talryke leërskare van Lamaniete op hulle afgekom en begin om hulle dood te maak, en om hulle kuddes af te neem, en die mielies van hulle lande.

15 Ja, en dit het gebeur dat hulle gevlug het, almal wat nie ingehaal is nie, en wel tot in die stad Nefi, en het tot my geroep om beskerming.

16 En dit het gebeur dat ek hulle bewapen het met boë, en met pyle, met swaarde, en met sabels, en met knuppels, en met slingers, en met allerhande soorte wapens wat ons kon bedink, en ek en my volk het uitgegaan teen die Lamaniete om te veg.

17 Ja, in die krag van die Here het ons uitgetrek om te veg teen die Lamaniete; want ek en my volk het kragtig tot die Here geroep dat Hy ons sou verlos uit die hande van ons vyande, want ons is verwek tot ’n herinnering aan verlossing van ons vaders.

18 En God het ons geroep agehoor en het ons gebede beantwoord; en ons het uitgegaan in sy krag; ja, ons het uitgegaan teen die Lamaniete, en in een dag en ’n nag het ons drieduisend drie en veertig doodgemaak; ons het hulle doodgemaak en wel totdat ons hulle uit ons land verdryf het.

19 En ek het met my eie hande gehelp om hulle dooies te begrawe. En kyk, tot ons groot verdriet en berou, is tweehonderd nege en sewentig van ons broers gedood.