Skrifture
Mosia 3


Hoofstuk 3

Koning Benjamin sit sy toespraak voort—Die Here Alvermoënd sal onder die mense dien in ’n tabernakel van klei—Bloed sal kom uit elke porie soos Hy versoening doen vir die sondes van die wêreld—Sy Naam is die enigste waardeur heil kom—Mense kan die natuurlike mens aflê en Heiliges word deur die Versoening—Die pyniging van die bose sal wees soos ’n poel van vuur en swael. Ongeveer 124 v.C.

1 En verder, my broers, wil ek julle aandag vra, want ek het nog ietwat meer om met julle te spreek; want kyk, ek het dinge om vir julle te vertel aangaande dit wat sal kom.

2 En die dinge wat ek aan julle sal vertel, word aan my bekend gemaak deur ’n aengel van God. En hy het aan my gesê: Ontwaak; en ek het ontwaak, en kyk, hy het voor my gestaan.

3 En hy het aan my gesê: Ontwaak, en hoor die woorde wat ek aan jou sal sê, want kyk, ek het gekom om aan jou die ablye tydings van groot blydskap te verklaar.

4 Want die Here het jou gebede gehoor, en het geoordeel oor jou regverdigheid, en het my gestuur om aan jou mee te deel dat jy jou mag verbly; en dat jy aan jou volk mag verklaar, sodat hulle ook vervul mag wees met blydskap.

5 Want kyk, die tyd kom, en is nie meer lank nie, dat die aHere Alvermoënd wat heers, wat was, en is, vanaf alle ewigheid tot alle ewigheid met krag sal neerkom van die hemel onder die kinders van mense, en sal woon in ’n btabernakel van klei, en sal uitgaan onder mense, en groot cwonderwerke doen, soos die genesing van die krankes, die opwekking van die dooies, die verlamdes te laat loop, die blindes hul sig te laat ontvang en die dowes te laat hoor; en die genesing van allerhande soorte kwale.

6 En Hy sal aduiwels uitwerp, of die bose geeste wat woon in die harte van die kinders van mense.

7 En kyk, Hy sal aversoeking ondergaan, en pyn van die liggaam, bhonger, dors, en moegheid, selfs meer as wat ’n mens kan cly, tensy dit tot die dood toe is; want kyk, dbloed kom uit elke porie, so groot sal sy esielesmart wees oor die boosheid en die gruwels van sy volk.

8 En hy sal aJesus Christus genoem word, die bSeun van God, die cVader van hemel en aarde, die Skepper van alle dinge vanaf die begin; en sy dmoeder sal eMaria genoem word.

9 En kyk, Hy kom na sy eie, sodat aheil tot die kinders van mense mag kom en wel deur bgeloof in sy Naam; en selfs na al hierdie dinge sal hulle Hom beskou as ’n man, en sê dat Hy ’n cduiwel het, en sal Hom dgésel, en sal Hom ekruisig.

10 En Hy sal aopstaan op die bderde dag uit die dode; en kyk, Hy staan om die wêreld te coordeel; en kyk, al hierdie dinge word gedoen sodat ’n regverdige oordeel mag kom oor die kinders van mense.

11 Want kyk, en ook sy abloed doen bversoening vir die sondes van diegene wat cgeval het deur Adam se oortreding, wat gesterwe het sonder om die wil van God te ken aangaande hulle, of wat gesondig het in donkunde.

12 Maar wee, wee hom wat weet dat hy arebelleer teen God! Want heil kom nie na so een behalwe as dit is deur bekering en geloof in die bHere Jesus Christus nie.

13 En die Here God het sy heilige profete gestuur onder al die kinders van mense, om hierdie dinge te verkondig aan elke stam, nasie, en taal, sodat wie ook al daardeur sal glo dat Christus moet kom, avergifnis mag ontvang van hulle sonde en jubel met uitermate blydskap, basof Hy alreeds onder hulle gekom het.

14 Nogtans het die Here God gesien dat sy volk ’n hardnekkige volk was, en Hy het aan hulle ’n wet gestel, en awel die wet van Moses.

15 En baie tekens, en wonders en aversinnebeelde, en voorafskaduwings het Hy aan hulle getoon aangaande sy koms; en ook het heilige profete met hulle gespreek aangaande sy koms; en tog het hulle hul harte verhard, en nie verstaan dat die bwet van Moses niks baat behalwe as dit was deur die versoening van sy bloed nie.

16 En selfs as dit moontlik was dat klein akindertjies kon sondig, sou hulle nie gered kon word nie; maar ek sê vir julle dat hulle bsalig is; want kyk, soos in Adam, of van nature, val hulle, net so doen die bloed van Christus versoening vir hul sondes.

17 En bowendien, ek sê vir julle dat daar ageen ander naam gegee sal word nóg enige ander weg nóg wyse waardeur bheil kan kom tot die kinders van mense, slegs in en deur die Naam van cChristus, die Here Alvermoënd.

18 Want kyk, Hy oordeel, en sy oordeel is regverdig; en die suigling is nie verlore wat sterwe in sy kinderjare nie; maar mense drink verdoemenis tot hulle eie siele tensy hulle hul verootmoedig en aword soos klein kindertjies, en glo dat heil was, en is, en sal wees, in en deur die bversoenende bloed van Christus, die Here Alvermoënd.

19 Want die anatuurlike mens is ’n vyand van God, en was dit vanaf die bval van Adam, en sal dit wees vir ewig en ewig, tensy hy ctoegee aan die verlokkinge van die dHeilige Gees, en die natuurlike mens aflê en ’n eheilige word deur die versoening van Christus die Here, en soos ’n fkind word, onderdanig, sagmoedig, nederig, geduldig, vol liefde, gewillig om hom te onderwerp aan alle dinge wat die Here behaag om op hom te lê, net soos ’n kind hom onderwerp aan sy vader.

20 En bowendien, ek sê vir julle, dat die tyd sal kom wanneer die akennis van ’n Saligmaker dwarsdeur belke nasie, stam, taal, en volk sal versprei.

21 En kyk, wanneer daardie tyd kom, sal niemand askuldeloos bevind word voor God nie, behalwe as dit kindertjies is, slegs deur bekering en geloof in die naam van die Here God Almagtig.

22 En wel in hierdie tyd, wanneer jy jou volk die dinge sou geleer het wat die Here jou God jou gebied het, selfs dan word hulle nie meer onskuldig bevind in die oë van God nie, behalwe volgens die woorde wat ek met jou gespreek het.

23 En nou het ek die woorde gespreek wat die Here God my gebied het.

24 En so sê die Here: Hulle sal staan as ’n duidelike getuienis teen hierdie volk op die oordeelsdag; waarvolgens hulle geoordeel sal word, elke mens volgens sy werke, of hulle goed, en of hulle boos is.

25 En as hulle boos is, word hulle oorgelewer tot ’n vreeslike agesig van hulle eie skuld en gruweldade, wat hulle laat terugdeins van die teenwoordigheid van die Here na ’n toestand van bsmart en eindelose pyniging, waaruit hulle nie meer kan terugkeer nie; daarom het hulle verdoemenis gedrink tot hulle eie siele.

26 Daarom, hulle het gedrink uit die beker van die toorn van God, welke geregtigheid net so min van hulle weerhou word as wat dit kan weerhou word dat aAdam sou val, vanweë sy neem van die verbode bvrug; daarom, cbarmhartigheid kan vir ewig geen aanspraak op hulle meer hê nie.

27 En hulle apyniging is soos ’n bpoel van vuur en swael, waarvan die vlamme onblusbaar is, en waarvan die rook opstyg vir ewig en ewig. So het die Here my gebied. Amen.